• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Sannieshof-leerling verower eerste plek by Jeugskou met wedvlugduif

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

18 Oct 2023
in Nuus
Sannieshof-leerling verower eerste plek by Jeugskou met wedvlugduif

Emjee Greeff met die duif, Boeboe, in Clanwilliam nadat hy die eerste plek by die Jeugskou ingepalm het.

Share on Facebook

‘nGr. 9-leerling van Hoërskool Sannieshof het met 87% die eerste prys in die wedvlugduif-afdeling by die afgelope Jeugskou opgeraap. Die skou is van 1 tot 4 Oktober 2023 in Clanwilliam in die Wes-Kaap aangebied.

Emjee Greeff (15) het vanjaar vir die eerste keer in die seniorkategorie van die Jeugskou meegeding en toe sommer met die louere in sy afdeling weggestap. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduif-organisasie het in reaksie hierop ‘n spesiale prestasiesertifikaat aan hom oorhandig.

Henk, Emjee se pa, is winkelbestuurder van NWK Retail Sannieshof en ‘n bekende in Dorperkringe. Tweelingboet Hendrik het ook aan die Jeugskou deelgeneem en in die vleisskaap-afdeling ‘n agtste plek verwerf.

Emjee se ma, Jaené, vertel dat Emjee van kleins af deur voëls gefassineer is. “Toe hy nog net kon begin prentjies kyk, moes ons al begin voëlboeke koop wat hy nagevors het. Hy het nog altyd ‘n passie vir vere gehad.”

As die gogga jou eers byt

Dié jong man neem al sedert graad 4 aan die Jeugskou deel. Hy het met wolskape begin, maar besef dat dit nie regtig sy passie is nie. Hy het hierna hoenders op die proef gestel, maar ook hulle het hom nie behoorlik geprikkel nie.

Hy het wedvlugduiwe by ‘n oorlede oom geërf en, soos wat Emjee die duiwe hanteer en versorg het, het hy ‘n groot liefde vir hulle ontwikkel.

Die naaste wedvlugduif-afrigter was op Stella, maar het tydens die Covid-19-pandemie gesterf. Die Jeug- en ander skoue het in elk geval nie tydens die inperking voortgegaan nie.

Willie Steenkamp, ‘n bekend wedvlugduifteler en -afrigter, het intussen na Sannieshof verhuis en Jaené en Henk het hom gevra of hy Emjee touwys sou maak. Hy het dadelik ingestem en Willie se eie dogter, Wiané, het verlede jaar as junior-junior deelgeneem, terwyl Emjee as junior meegeding het.

“As die Jeugskougogga jou eers gebyt het, het hy gebyt,” lag Emjee. “Ons het omtrent ‘n wildtuin hier agter – van hoenders en kalkoene tot duiwe, skape, alles.”

‘n Duur stokperdjie

Emjee se eie duiwe vlieg nie tans nie omdat hulle broei, maar hy wil eersdaags met dié proses begin. Inbreek of homing behels dat die duif fiks gemaak word om te vlieg. Sodra die kleintjies gespeen is, word hulle uit die hok gelaat en gejaag om fiks te word. “Jy laat die duif soggens uitkom en fluit of skud die kosbak sodat hulle kan weet om terug te kom. Dit is ‘n roetine waaraan hulle gewoond moet raak.”

Die duiwe word ‘n gebalanseerde mengsel met ‘n hoë proteïeninhoud gevoer. Emjee glo aan skulpgruis wat belangrike minerale, soos kalsium, vir die vorming van eiers en bene bevat. Hy maak ook eierdoppe fyn wat hy met mielies en sonneblom meng.

Duiwe is vatbaar vir peste soos wurms en moet daarom behandel word soos nodig. Die ideale wedvlugduif is fyn gebou, met groot vlerke. Emjee moet waak teen roofdiere soos katte, slange, rotte en meerkatte wat graag van die kleintjies of eiers eet.

Skoudag

Deelnemers moet self hulle diere by die skouterrein aanbring, versorg, voer en die hokke skoonmaak.

Duiwe word lank vooraf aan ‘n bepaalde hanteerder gewoond gemaak. Hulle het ‘n skerp reuksintuig en eien hiermee hulle hanteerders, wat dus liefs nie op die dag van die skou nuwe geure seep of reukweerders moet beproef nie.

Emjee het maande voor die tyd met ‘n duif van Willie, wat hy Boeboe gedoop het, geoefen. Hy verkies wyfies omdat hulle kleiner is en dus makliker hanteer.

Hy het ‘n teoretiese eksamen afgelê waarna hy Boeboe moes hanteer terwyl hy haar kop, bors, vere en vlerke aan beoordelaars beskryf het. Dit is belangrik dat die duif deurentyd gemaklik moet wees en tjoepstil in die hanteerder se hand sit. Deelnemers se kennis van wedvlugduiwe word deeglik getoets. Die duiwe mag selfs geringe foute hê, solank die deelnemer dit kan uitwys.

Emjee herhaal hoe hy tipies die duif sal beskryf: “Die bek is mooi swart, wat dui op goeie gesondheid, en moet reguit wees. Dit is belangrik dat sy ‘n goeie oog het. ‘n Tranerige oog dui op ornitose. Die vere kan as dek-, stert-, primêre of sekondêre vere geklassifiseer word. “‘n Duiwehok moet noord front vir genoeg sonlig, maar teen wind en roofdiere beskerm.”

Hy sou uiteindelik drie ander mededingers die loef afsteek.

Bewusmaking is nodig

Volgens Emjee is daar nog min belangstelling in dié sport onder maats van sy ouderdom is omdat dit duur is om wedvlugduiwe te versorg.

Jaené meen dat die Covid-19-pandemie en skoue wat gevolglik afgelas is, ook ‘n rol speel in die beperkte deelname. Emjee en Willie wil egter graag ‘n klub op die dorp vestig en praatjies met die wedvlugduiwe by laerskole gaan hou om kinders se belangstelling te prikkel.

Wanneer Emjee nie met sy duiwe besig is nie, speel hy krieket of rugby.

Hy sal graag as opperste kampioen by die Jeugskou aangewys word, wat sal beteken dat hy ander statiese diere soos konyne en hoenders ook troef.

Tags: Sept/Okt 2023
Previous Post

October 2023: Agricultural economic report

Next Post

Noordwes-produsente se slaglammers onder die land se bestes


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In