• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Bly een stappie voor met tegnologie

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

24 Oct 2023
in Nuus
Bly een stappie voor met tegnologie

Dr Louis Ehlers van Omnia was die gasspreker tydens Koster se boeredag.

Share on Facebook

Produsente gaan moet bybly met tegnologiese ontwikkelinge as hulle wil voorbly. Dr Louis Ehlers, bestuurder van Nutriology® Solutions by Omnia, het dit aan produsente benadruk wat die afgelope Donderdag ‘n boeredag by Koster se boeresaal bygewoon het. Dit is deur Omnia aangebied met die tema: “Kunsmis, baie meer as net NPK”.

“Dis nie net tegnologie wat belangrik is nie, maar ook konnektiwiteit, oftewel verbinding,” het Louis begin. Toestelle kommunikeer deurlopend met mekaar en versamel geweldig baie data.

Sedert 2010 tot vandag word daar sowat 100 zetabytes versamel en teen 2025, kan dit soveel as 175 zetabytes wees. “Een zetabyte is gelykstaande aan 1 biljoen gigabytes. Sou jy die hele globale datasfeer op DVD’s kon stoor, sou hierdie hoop DVD’s 222 keer om die aarde kon gaan!”

Ook landbou omarm tegnologie

Van osse, na die eerste trekkers tot selfaangedrewe masjinerie – ook landbou ondergaan ‘n revolusie. “Ons bedryf is vandag by die sogenaamde Agriculture 5.0, wat grootliks op hernubare, of groen energie gefokus is.” Louis het verwys na ‘n produsent in die Laeveld van Mpumalanga wat reeds aarbeie onder sonpanele produseer.

“Robotika word ook toenemend ingespan omdat arbeid al hoe duurder raak. Julle gaan dit moet aangryp, julle het nie ‘n keuse nie.”

In 2014 is daar 190 000 datapunte per plaas per dag gegenereer en in 2050 sal daar na verwagting 4,1 miljoen datapunte per dag per plaas gegenereer word.

Okkie Vermeulen, landboutegnikus en Roneldi van der Westhuizen, landboubesigheidsontwikkelaar by AgTech@NWK, by NWK se hommeltuig.

Hoe vinniger die aanpassing, hoe beter

“Hoe gaan ons dit regkry om voor te bly? Dis ‘n maklike vraag, maar met ‘n moeilike antwoord.”

Louis het verwys na Charles Darwin se evolusionêre teorie waarvolgens die sterkstes oorleef. “Vandag gaan dit oor die persoon wat die vinnigste aanpas by verandering.”

Hy meen dat produsente tegnologiese ontwikkelinge die beste in hulle boerderybedrywe kan inspan met presisieboerdery. “As ons deesdae na boerdery verwys, is dit eintlik in elk geval presisieboerdery, waarvolgens ons meer produseer deur beskikbare hulpbronne doeltreffend te gebruik en dit te bewaar.”

“Ja, aanvanklik vereis dit ‘n groot kapitaaluitgawe,” het Louis erken maar ook gewaarsku: “Pasop dat jy nie op ‘n punt kom waar jy jouself arm spaar nie.”

Die geheim lê daarin om meer doeltreffend te boer deur:

  1. Variasie in grond te identifiseer en te bestuur met behulp van grondkaarte wat gronddieptes, waterhouvermoë en grondchemie uiteensit en bemesting daarvolgens aan te pas.
  2. Insette op grond hiervan te varieer.

Hierdie variasie kan bestuur word deur:

  1. Kaartgebaseerde veranderlike toediening, waarvolgens ‘n fosfaat- of stikstofkaart opgestel word en die boer hiervolgens kunsmis toedien.
  2. Sensors op toerusting wat intyds hierdie besluit neem.

Volgens Louis word laasgenoemde veral met giftoediening ingespan. Die tipe onkruid en onkruiddruk word geïdentifiseer en spuitvolumes word daarvolgens aangepas.

Omnia se verskeie moniteringstoestelle

Louis het kortliks na tegnologie verwys wat Omnia se klante kan inspan om hul boerderybedrywe na nuwe hoogtes te neem. Daar is onder andere veranderlike tegnologie vir besproeiing, soos Omnia se OMNIPIVOT(TM) besproeiingsmoniteringsproduk.

“Hiermee kan jy werklike watergebruik, per 3 x 3 meter pixel bepaal. Tesame met opbrengsvoorspellings of stroperdata, kan ons hiermee waterverbruiksdoeltreffendheid bereken en bestuur.”

Satelliete en hommeltuie word ingespan vir afstandswaarneming van veranderlikes soos topografie , kompaksie, gewasopkoms en spesies, stikstofbestuur, siektemonitering, onkruid-identifikasie en -klassifikasie, opbrengsvoorspelling en graankwaliteitassessering.

Omnia bied ook die SUPER-5TM satellietmoniteringproduk aan waarmee onder andere die chlorofil-inhoud van plante gemeet kan word.

“Ons weet daar is ‘n direkte verband tussen die chlorofil- en stikstofinhoud in blare. As jy ‘n kontrolegroep met genoeg stikstof het, kan jy ‘n relatiewe afwyking vir die res van die land bepaal. Die boer kry dan ‘n stikstofbehoeftekaart waarmee veranderlike stikstoftoedienings in-tyd gedoen kan word.”

Louis meen dat, hoewel Suid-Afrikaanse produsente en landboudienste dit baie goed regkry om te meet, hulle nog nie 10% van die waarde uit hierdie data ontgin het nie. “Data het geen waarde nie tensy dit omgeskakel word na intelligensie om sodoende te kan voorspel ‘wat gaan’ gebeur.”

Sy raad aan produsente is om die komende seisoen nie emosionele besluite te neem nie en eerder te bly by die “basiese” beginsels van beste praktyke. “Moenie nou vreemde goed probeer nie. Ons was vroeër in ‘n oorlêsisteem en nou wink daar ‘n droogte. Dit is dalk tyd om terug te gaan na ‘n oorlêsisteem.

“Gaan na ‘n betroubare verskaffer met al jou datastelle en neem ‘n ingeligte besluit.”

‘n Uitstalling deur NWK Meganisasie by die boeredag.
Previous Post

Noordwes-produsente se slaglammers onder die land se bestes

Next Post

Leef elke dag voluit


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In