• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Omarm tegnologiese vooruitgang met AgTech@NWK

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

16 Nov 2023
in Dinamiese vennoot
Omarm tegnologiese vooruitgang met AgTech@NWK

Kom loer gerus in by AgTech@NWK se kantore.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

AgTech@NWK, voorheen bekend as Landboubestuurs­dienste, spog met ’n splinternuwe baadjie wat getuig van ’n meer tegnologies gefokusde benadering om produsen­te se insette optimaal te bestuur.

Dié afdeling is geherstruktureer en bestaan nou uit ’n presisie- en hommeltuig-afdeling. Laasgenoemde is besig om boerdery-ondernemings na nuwe hoogtes te neem – letterlik en figuurlik!

Met stygende insetkoste en die druk om doeltreffender en meer produktief te produseer, het NWK gekyk hoe hulle die bestaande diverse heelgoedere- en produksie­reeks wat aangebied word selfs meer uniek kan maak.

Hommeltuie (drones) stel produsente in staat om toedie­nings met meer akkuraatheid uit te voer en hulle kan enige terrein – van ’n nat land waarin ’n trekker vasval tot ruwe Bosveld – hiermee bereik.

NWK is ’n geregistreerde DJI-subhandelaar in Noordwes en die Wes-Vrystaat. Daar is drie geregistreerde hommeltuigoperateurs by NWK wat produsente kan adviseer oor die hommeltuie wat die beste in hulle behoeftes sal voorsien.

Klante kan die nodige onderdele by NWK bekom en ook hul hommeltuie hier laat diens.

Presisie-afdeling

Die presisie-afdeling bestaan uit sewe agronome en grondkundiges wat die volgende dienste lewer:

CHEMIESE PRESISIEBOERDERY

Grond se chemiese eienskappe wissel baie oor ’n bewerkte land. Dit bring mee dat die gewas op sekere plekke ondervoed is, terwyl bemestingstowwe op ander plekke onnodig toegedien word.

Die ideaal is dus dat die regte hoeveelheid bemes­ting­stowwe op die regte plekke toegedien word, sodat die gewas oral op die land optimaal en volgens die grondpotensiaal kan produseer. Grondmonsters word met behulp van GPS-tegnologie volgens ’n ruitpatroon oor die land geneem. Elke individuele grondmonster word volledig vir die pH en makro-elemente ontleed en aan die GPS-punt gekoppel.

Dié data word met behulp van gespesialiseerde rekenaarsagteware tot ’n stel chemiese kaarte verwerk. Hierdie kaarte dui die geografiese verspreiding van die plantvoe­dingselemente aan. Differensiële regstellings word dan vir die toepaslike bemestingstowwe uitgeskryf, sodat die swak plekke reggestel kan word en die plekke wat optimaal is net so gelaat word.

Chemiese presisie word op verskeie ruitpatrone aangebied, wat bepaal word deur aard van variasie in die land.

AgTech@NWK het kort voor die Oktober-skoolvakansie ’n bietjie by Hoërskool Ferdinand Postma in Potchefstroom gaan draai om hulle rugbyveld se gras ’n hupstoot te gee.
Grondmonsters is geneem en voe­dings­tekorte geïdentifiseer waarvoor die regte kunsmis aanbeveel en geskenk is. ’n Breëblaaronkruiddoder is ook met die hommeltuig toegedien.

GRONDKARTERING EN POTENSIAALBEPALINGS

Grond se vermoë om gewasse te onderhou, word deur ’n groot aantal grondfisiese eienskappe bepaal. Hierdie eienskappe wissel gewoonlik baie oor die plaas en derhalwe wissel die opbrengspotensiaal en die produksierisiko ook geografies.

Waarnemings word op ’n ruitpatroon met behulp van ’n meganiese boor tot op ’n diepte van 2,5 meter of dieper gemaak. Die grootte van die ruitpatroon word deur die hoeveelheid variasie wat op die land voorkom, bepaal. Die grondtipes word geïdentifiseer en op ’n GPS en ’n lugfoto aangeteken.

Grondliggame wat homogeen is, word omlyn en dan word ’n grondkaart saamgestel. ’n Omvattende verslag, vergesel deur ’n GIS-gegenereerde grondkaart van die plaas, is die finale produk.

Die grondfisiese data, wat op die ruitpatroon ingesamel is, word verder verwerk deur dit op ’n Excel-blad in te lees. Gewaspotensiaalkaarte word dan bereken op grond van die grondkenmerke, grondvog, langtermyn reënval en kultivar wat geplant gaan word.

GRONDVERDIGTINGSONDERSOEKE

Grondkompaksie is en bly een van die grootste oorsake van verlaagde opbrengste. Die akkurate meet van grondverdigting en die gepaardgaande doeltreffende opbreek daarvan is noodsaaklik vir optimale gewasproduksie.

In hierdie diens word toetspersele met behulp van ’n pene­tro­meter getoets om die diepte van verdigte sones akkuraat te bepaal en grafies in ’n verslag aan te dui. Aanbevelings ten opsigte van gepaste bewerkingspraktyke word volgens die resultate vir elke land gemaak.

Die boerdery se grondbewerkingstelsels word ook onder die vergrootglas geplaas en waar nodig, aangepas.

MEGANIESE PRESISIEBOERDERY

Om presisieboerdery tot op landvlak te neem, word landbouwerktuie ook met GPS-tegnologie toegerus. Selfaangedrewe stropers word met opbrengsmonitors toegerus, wat die opbrengs elke voorafbepaalde aantal sekondes meet en geografies op ’n kaart van die land vaslê.

Kalkstrooiers word toegerus om kalk en bemestingstowwe wisselend volgens die chemiese kaarte van die land uit te strooi. Trekkers word met outomatiese stuurstelsels toegerus sodat dit totaal deur ’n GPS-stelsel bestuur word.

Beheerde spoorverkeerstelsels kan nou akkuraat, jaar-op-jaar, op dieselfde spore uitgevoer word. Al die inligting moet op ’n manier bruikbaar vir die boer wees, en dus word NWK Online gebruik om al die verwerkte data vas te vang en met behulp van ’n landboukundige ingeligte besluite te neem.

AQUACHECK-STELSEL

Dit bestaan uit drie komponente:

  • Probe
  • Telemetrie
  • AquaCheckWeb-sagteware

Grondvog word elke halfuur met die probe gemeet, waarna dit met die telemetrie se simkaart na die wolk (cloud) gestuur word. AquaCheckWeb se gebruikersvriendelike aanlyn sagteware word dan gebruik om die data te verwerk en ’n besproeiingsaanbeveling te maak. Die Aquacheck mobiele toepassing is ook vir Android en IOS beskikbaar.

Deur die spesifieke kultivar wat aangeplant is te spesifiseer, kan die skeduleringsprogram aangepas word om vir noodsaaklike groeistadiums voorsiening te maak. Tot twaalf verskillende groeistadiums kan gespesifiseer word, elk met sy eie “URefill”- en “LRefill”-waardes.

’n Bykomende reënmeter kan by die stelsel gevoeg word om sodoende elke 0,2 mm water op te vang en by die grondvoggrafieke te vertoon. Handmatig aangetekende neerslagdata (reënval en/of besproeiing) kan ook vir rekorddoeleindes by die sagteware ingevoer word.

Landbou-ontwikkelingsinisiatiewe

AgTech@NWK spog ook met twee landbou-ontwikkelingsinisia­tiewe, wat op ontwikkelende landbou en jongboere fokus.

Die Beginnerboerprojek (waarvan daar meer vertel word op bladsy 5) asook die Ontwikkelende Boerprojek steun voorheen benadeelde boere om kommersiële landbou te kan betree deur ’n program wat toegang bied tot produksiefinansiering, tegniese bystand en graanmarkte.

Besoek AgTech@NWK se nuwe kantore by Daniëlstraat 27 in Lichtenburg.
Navrae: Carin Maree by 018 633 1143 of agtech@nwk.co.za.

Tags: Nov/Des 2023
Previous Post

Leef elke dag voluit

Next Post

Boer vooruit met dié handige toepassing


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In