• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Topouteurs beloon vir hul skryfwerk

12 Mar 2024
in Dinamiese vennoot
Topouteurs beloon vir hul skryfwerk

Voor sit Johan Smit (bestuurder van Infoworks, uitgewer van Arena), Johan Bezuidenhout, Arno van Vuuren en Leonard Thaphathi. Agter staan Rinus de Bruin, Jaq-Louis van der Merwe, Martiens du Plessis, Rachel du Preez, Michael van Rooyen, Theo Rabe (groephoof- uitvoerende beampte van NWK), Gerdus Jansen van Vuuren, Fouché Langenhoven (algemene bestuurder: Sake-eenheid, Omnia Nutriology) en Pieter le Roux.
* Afwesig: Petrus van Staden en Lizandri Horn.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die jaarlikse prysuitdeling vir almal wat tot die sukses van Arena bydra, het op Vrydag 8 Maart by NWK se hoofkantoor op Lichtenburg plaasgevind. Prysgeld van R17 350 is aan die onderskeie wenners oorhandig. Infoworks (uitgewer van Arena), Bastion Lime en NWK Insetverskaffing het die prysgeld geborg.

Arno van Vuuren, tegniese redakteur van Arena, het tydens die geleentheid vir die skrywers gesê dat alhoewel dit nie altyd maklik is om artikels te skryf nie, dit bydra tot die ontwikkeling van die outeurs as landboukundiges. “Die skryf van ’n artikel leer jou om die landbouwetenskap te bestudeer, te leer daaruit, die feite op die tafel te plaas sodat ’n gevolgtrekking moontlik is en, ten laaste, om die inligting aan jou gehoor oor te dra op ’n wyse wat sin maak en verstaanbaar is.”

Buiten die erkenning vir die harde werk wat outeurs verrig om artikels van ’n goeie gehalte die lig te laat sien, dien die kompetisie ook as aansporing vir outeurs om gereelde bydraes tot die tydskrif te lewer en deurlopend ’n goeie standaard van artikels te handhaaf.

Drie lede van die redaksionele komitee – Arno van Vuuren, Nicolene Smalman-Kotze (redakteur van Arena) en Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie – was die beoordelaars. Die puntetoekenning is soos volg:

  • Aanvanklike indruk (10%)
  • Inleiding (10%)
  • Inhoud van die artikel (40%)
  • Slot (10%)
  • Impak of gebruikswaarde van inligting (20%)
  • Oorspronklikheid of nuutheid (10%)

Pryswenners

BESTE INDIVIDUELE ARTIKEL

  1. Michael van Rooyen (bestuurder: Adviesdienste): “Klop die kosteknyptang so” (Mei/Junie 2023).
  2. Pieter le Roux (hoofdiere- en weidingwetenskaplike): “Fosforaanvulling steeds die moeite werd” (September/Oktober 2023).
  3. Petrus van Staden (landboukundige by NWK Insetverskaffing): “Monitor gewasgroei met presisie boerdery” (Julie/Augustus 2023).

Ander pryswenners in dié kategorie was Martiens du Plessis (vierde), wat aan die einde van Junie 2023 afgetree het, vir sy artikel, “’n Gesonde wortelstelsel dra by tot ’n goeie oes” (Januarie/Februarie 2023), in die vyfde plek Rachel du Preez (grondkundige) met “Vul jou oes aan met topbemesting” (Maart/April 2023), en sesde Leonard Thaphathi (bestuurder: Ontwikkelende landbou) vir die artikel “It’s crucial to maintain farm equipment” (November/Desember 2023).

Nicolene Smalman-Kotze, NWK se kommunikasiebeampte en redakteur van die tydskrif, se uilfoto het ’n prys gewen vir die beste voorbladfoto.

NUWE TOETREDER EN REEKS

In hierdie kategorie, wat slegs is vir outeurs wat vir die eerste keer ’n vollengte artikel in Arena plaas, het Gerdus Jansen van Vuuren (grondkundige) die eerste prys ontvang vir sy artikel, “Boer volhoubaar met die regte bewerkingsmetode” (Deel 2), in die Mei/Junie 2023-uitgawe. Hy het ook weggestap met die eerste prys vir sy reeks artikels oor hoe om volhoubaar te boer met die regte bewerkingsmetodes.

Jaq-Louis van der Merwe (grondkundige) het die tweede prys verwerf vir “Insekte op plante laat gevaarligte flikker” (Mei/Junie 2023). In die derde plek was Rinus de Bruin (agronoom) met sy artikel, “Verhoed dat onkruid ’n vasstrapplek kry”, wat in die Maart/April 2023-uitgawe verskyn het.

BESTE BEDRYFSARTIKEL

Alle vollengte artikels wat deur ’n werknemer van NWK geskryf is, met die doel om ’n betrokke bedryf of diens van NWK bekend te stel, kwalifiseer vir hierdie kategorie.

Hier is die pryswenners:

  1. Michael van Rooyen: “Klop die kosteknyptang so” (Mei/Junie 2023).
  2. Petrus van Staden: “Monitor gewasgroei met presisieboerdery” (Julie/Augustus 2023).
  3. Lizandri Horn (graanhandelaar): “Gebruik tegniese analise vir evaluasie” (Januarie/Februarie 2023).
Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

NWK sponsors Women’s Insight Deliberation Competition

Next Post

Probeer dinge reg doen


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In