• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK behaal goeie resultate ten spyte van uitdagende handelsklimaat

NWK mediaverklaring

26 Jul 2024
in Dinamiese vennoot
NWK behaal goeie resultate ten spyte van uitdagende handelsklimaat

Epko, NWK se sonneblomoliepers, kon weens beurtkrag en ander probleme met munisipale infrastruktuur, verskeie weke lank nie produseer nie.
Monica Jansen van Rensburg

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die NWK Beherend-groep se totale inkomste het in 2023/2024 met ‘n indrukwekkende 20,25% gestyg en veral sy Graansegment het puik presteer danksy goeie graanopbrengste in 2023. Die groep kon egter nie sy rekordwins van 2023 herhaal nie weens ‘n ongunstige handelsklimaat wat tot ‘n daling van 13% gelei het.

NWK Beherend Beperk se finansiële resultate is gister bekendgemaak. Die totale inkomste het met R986 miljoen gestyg (R5 856 miljoen in 2024 vergeleke met R4 870 miljoen in 2023). Die bedryfswins voor finansieringskoste is R607 miljoen teenoor R557 miljoen in 2023.

Die Graansegment spog met ‘n verbeterde wins van R58 miljoen of 32% (R241 miljoen in 2024) meer as dié van die vorige finansiële jaar (R183 miljoen in 2023). Tog het die groep se wins van R283 miljoen ná belasting in 2023 gedaal na R246 miljoen, hoofsaaklik weens die daling in pryse van sekere voorraaditems en ‘n El Niño-klimaatverskynsel wat produsente genoop het om die rieme styf te trek.

“Ons was reeds met die vorige verslag bewus dat ‘n moontlike El Niño-effek wat droër weersomstandighede teweeg bring, gedurende die 2023/2024-plantseisoen sou heers. Die weerstoestande het gerealiseer en veral die groep se westelike gebiede is swaar getref,” het Heinrich Krüger, voorsitter van die direksie, gesê.

“Produsente was goed ingelig oor die risiko’s en ons het ervaar dat die Handelsegment wesenlik laer presteer het as die vorige jaar. Dit is die resultaat van ‘n konserwatiewe benadering deur die produsente wat gelei het tot ‘n wesenlike afname in produsente se kooppatrone.”

Insetkoste vir die produsent het gestabiliseer na die vorige jare se hoëpersentasiestygings en in baie gevalle is groot kostedalings aan produsente deurgegee. As gevolg van strategiese aankope in die vorige finansiële jaar en pryse van chemikalieë wat gedaal het, was daar hoë vlakke van voorraad wat gedurende die jaar en op jaareinde na netto realiseerbare waarde afgeskryf moes word.

NWK Meganisasie het rekord eenheidverkope van heelgoedere aangeteken, maar algehele verkope het drasties in die tweede helfte van 2024 afgeneem soos wat die effek van El Niño duideliker geword het. Daar was gevolglik te veel nuwe en tweedehandse items in voorraad en kospryse is afwaarts aangepas ná ‘n herwaardasie van tweedehandse items.

Weens die drastiese dalings in veral glifosaatpryse wêreldwyd, moes daar by Midchem prysaanpassings na netto realiseerbare waardes gedoen word. Hierdie afdeling het gevolglik vir die eerste keer sedert sy inlywing by die groep met ‘n verlies afgesluit. Alle probleemprodukte is egter nou uitbestuur en dit sal nie ‘n invloed op die 2024/2025 finansiële jaar hê nie.

Weens beurtkrag- en ander probleme met munisipale infrakstruktuur, kon die Epko-sonneblomoliepers, wat sedert 30 April 2023 ten volle in NWK se besit is, egter vir so lank as agt weke nie produseer nie. Die helfte van die verlore produksietyd was in tydperke waar goeie marges op sonneblomruolie gerealiseer kon word. Epko het gevolglik slegs R9 miljoen gegenereer teenoor die vorige jaar se R41 miljoen.

Die direkte verkryging van elektrisiteit vanaf Eskom is egter intussen deur Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit goedgekeur en ‘n direkte lyn is in Junie na Epko en omliggende ondernemings aangelê.

Daar is voorts op 1 Mei 2023 ‘n bykomende belang van 26% in NWK4Sure Brokers Proprietary Limited teen ‘n koopprys van R7 miljoen verkry. NWK4Sure Brokers is nou ‘n filiaal van die groep, met ‘n belang van 76%.

‘n Tussentydse dividend van 35 sent per aandeel is reeds uitbetaal en ‘n finale dividend van 26 sent per aandeel is goedgekeur.

Die uitwerking van die huidige El Niño-klimaatverskynsel sal eers in die 2024/2025 finansiële resultate van die Graansegment weerspieël word en behoort ‘n wesenlike invloed hier uit te oefen.

“Aangesien klimaat een van ons grootste risiko’s is, sal ‘n konserwatiewer besigheidsbenadering gevolg word en kontantvloeibestuur sal meer aandag geniet. Geleenthede vir groei sal benut word soos wat betekenisvolle geleenthede vir die groep realiseer,” het Heinrich afgesluit.

Die finansiële resultate is beskikbaar op NWK se webwerf by www.nwk.co.za.

Tags: Jul/Aug 2024
Previous Post

Landbou vandag

Next Post

Thrive through closer relationships


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In