• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Minder lammers presteer steeds goed by NWK Retail se Slaglamskou

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

14 Oct 2024
in Nuus
Minder lammers presteer steeds goed by NWK Retail se Slaglamskou

Gert van der Linde by die karkasse van sy kampioenlammers in die aan hak groep beoordeling.

Share on Facebook

Beoordelaars is steeds beïndruk met die kwaliteit van diere wat in vanjaar se NWK Retail Slaglamskou meegeding het, al was daar heelwat minder inskrywings weens die afgelope droogte en hoë pryse van veevoer.

Hierdie jaar het die Ile de France-ras koning gekraai by die skou en Gert van der Linde van die Mareetsane-omgewing is tydens die aan hak beoordeling as beide die enkel- en groepkampioen gekroon.

Waar daar verlede jaar ‘n rekordgetal inskrywings (178) was, het deelnemende produsente vanjaar slegs 92 lammers ingeskryf.

“Hoewel daar minder lammers ingeskryf is, was daar nie een A1-gradering waar die dier op grond van ‘n té hoë of té lae gewig uitgeval het nie,” het Hennie Gerber, ‘n beoordelaar van South African Meat Industry Company (Samic), by die prysuitdeling gesê.

Hy het, in samewerking met Albertus du Toit van Samic, die aan hak beoordeling by Stella Vleis Abattoir behartig.

Hennie Gerber, Albertus du Toit van Samic, by Boytjie Crispin en Theo Rabe, groephoof-
uitvoerende beampte van NWK.

“Die gemiddeld was A2 en A3. Die vetgehalte deur die bank was besonders goed hierdie jaar. Die uitskot was minder, so die gemiddeld van die skou is goed. Die abattoir behoort hierdie groep lammers baie maklik te kan bemark,” het Hennie bygevoeg.

Waar die toplam verlede jaar met ‘n ongelooflike punt van 99,49% gespog het, het die eerste plek vanjaar ‘n punt van 92,13% behaal. “Die punt is nie vanjaar so hoog nie, hoofsaaklik weens die bouvorm. Diegene met ‘n vol bouvorm was almal te swaar,” aldus Hennie.

Die bekende veearts, dok Faffa Malan, het bywoners van NWK Retail se Slaglamskou toegespreek oor biosekuriteit.

Gert het 16 lammers ingeskryf en is die kampioen en reserwekampioen in beide die enkel en groep aan hak beoordelings. Hy is in 2021 as SA Stamboek se kleinvee-streekwenner in Noordwes aangewys en het dubbele goue status verwerf.

“Dis altyd lekker om jou karkasse met dié van ander deelnemers te kan vergelyk en te sien waarvoor beoordelaars kyk. Die vleiseienskappe wat hulle verkies, bepaal tog jou teeldoelwitte en die rigting wat jy moet inslaan. Dit bied ook die geleentheid om leemtes te identifiseer en te verbeter,” het Gert gesê.

“Die gemeenskaplikheid wat ‘n skou soos dié van NWK Retail bied om skaapboere met ‘n passie bymekaar te bring, is altyd lekker. Jou prestasie by ‘n slaglamskou soos hierdie bied ook goeie bemarkingswaarde en ons sê dankie vir NWK wat hierdie platform bied.”

Gert het bygevoeg dat, omdat ‘n Ile de France-lam só vinnig groei en daar ‘n beperking op die maksimum gewig is wat ‘n deelnemende lam mag uitslag, dit nogal uitdagend is om die dier skougereed te kry.

“Gewoonlik bemark ons die lammers eers op 28 kg tot 30 kg, maar dan word hulle reeds in die kompetisie gepenaliseer. Jou poel waaruit jy kan kies wat aan die maatstawwe voldoen sonder om gepenaliseer te word, is dus kleiner.”

Sy lammers ontvang van kleins af kruipvoeding en word op twee maande gespeen wanneer hulle ongeveer 25 kg weeg. Hierna gaan hulle na die voerkraal waar hulle lusern, mieliemeel en ‘n konsentraat ontvang.

Die op hoef beoordeling is Dinsdag by Ottosdal se Skougronde gehou en deur Paul Maree, ‘n onafhanklike beoordelaar, hanteer. Die prysuitdeling is Donderdag by Stella Doringkraal gehou.

Die onafhanklike beoordelaar, Paul Maree, verduidelik hoe die ideale slaglam lyk.

Uitslae

ENKEL AAN HAK

  1. Gert van der Linde
  2. Gert van der Linde
  3. Boytjie Crispin
  4. Gert van der Linde
  5. Boytjie Crispin

GROEP AAN HAK

  1. Gert van der Linde
  2. Gert van der Linde
  3. Willem Vosloo
  4. Wikus Bouwer
  5. Jannes Schickerling

ENKEL OP HOEF

  • Boytjie Crispin
  • Boytjie Crispin
  • Boytjie Crispin
  • Boytjie Crispin
  • Boytjie Crispin
Boytjie Crispin van die Delareyville-omgewing het skoonskip gemaak by die op hoef beoordeling van
NWK Retail se Slaglamskou.

GROEP OP HOEF

  • Boytjie Crispin
  • Boytjie Crispin
  • Boytjie Crispin
  • Gert van der Linde
  • Boytjie Crispin

Daar is ook erkenning gegee aan superlammers wat ingeskryf is. GJ du Plessis van Wilgestroom Boerdery naby Potchefstroom is as die kampioen gekroon en is ook derde. Gert is die reserwekampioen.

Theo Rabe, GJ du Plessis, Henk Greeff (winkelbestuurder van NWK Retail Sannieshof) en Bertus Jacobs senior bestuurder van NWK Handel.
Tags: Sep/Okt 2024
Previous Post

Landbou is ‘n nasionale bate

Next Post

Maak rekordhouding maklik met NWK Online


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In