• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

NWK positief dat skool se loopbaandag talentvolle arbeid sal lok

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

21 Oct 2024
in Nuus
NWK positief dat skool se loopbaandag talentvolle arbeid sal lok

Leerlinge van Laerskool Coligny kyk hoe ‘n skaalmodel van ‘n silokompleks werk.

Share on Facebook

Hoërskool Lichtenburg het sy eerste Loopbaandag, in samewerking met NWK, aangebied om aan leerlinge te wys #localislekker en dat hulle nie hulself noodwendig in stede hoef te vestig om ‘n suksesvolle loopbaan te volg nie.

Die skool se eie leerlinge, asook besoekende leerders van ander hoër- en laerskole, het verskeie uitstallers soos NWK, PwC, Cerealis, Microbika, Bayer, Henwil, Westvaal – Volkswagen, Sephaku, Afrisam, Golden Eye, Neokor, Noordwes-Universiteit, Universiteit van Pretoria, Eduvos en HNM Oesland Tegnologie, besoek.

Personeel van NWK Retail, NWK Meganisasie, NWK Graan, AgTech@NWK, Omnia, Midchem, Mensekapitaal, IT, Silodienste, Risiko- en Besigheidsintelligensie asook die filiale Epko en NWK4Sure, het leerlinge vertel wat hulle werk behels en watter vaardighede vereis word om dié rolle te kan vervul.

Ian Pretorius, waarnemende hoof van die skool, het gesê dat hul verhouding met NWK reeds oor baie jare strek en dat die skool se hoofbestuur en beheerliggaam besluit het om met die landboumaatskappy hande te vat ten einde die loopbaandag aan te bied.

Leerlinge by Hoërskool Lichtenburg se Loopbaandag, wat in samewerking met NWK aangebied is.

“Ons gedagte hiermee was eerstens om hoop te skep te midde van ‘n droë tydperk. Ons wou ook verhoudinge bou oor gemeenskapsgrense. Voorts is Lichtenburg die sentrale bymekaarkompunt in Noordwes. Die leerlinge se ouers en ander gemeenskappe moet besef dat dié dorp alles bied wat jy mag benodig en dat dit nie nodig is om verby te ry na ‘n volgende plek nie,” het hy gesê.

NWK sukkel om talentvolle arbeid te lok, omdat daar ‘n wanopvatting is dat geleenthede binne ‘n landboumaatskappy soos NWK beperk is. Die leerders kon egter nou sien dat NWK uiteenlopende loopbaangeleenthede bied om van te kies. Die maatskappy het rekenmeesters, psigometriste, ingenieurs, regskenners, grondkundiges, agronome, IT-deskundiges, kommunikasiekundiges, bemarkingspesialiste en vele meer in sy diens.

“NWK se besluit om betrokke te raak by die skool se loopbaandag was strategies en belyn met ons verbintenis tot gemeenskapsbetrokkenheid en talentontwikkeling. Deur hieraan deel te neem, het ons direk bygedra tot die onderrig en ontwikkeling van toekomstige talent in die gebied. Hopelik sal dit beide NWK en die breër landbousektor in die toekoms tot voordeel strek,” het Dennis Coetzee, groep- uitvoerende beampte van Mensekapitaal by NWK, verduidelik.

Hy het bygevoeg dat interaksie met leerlinge op ‘n jong ouderdom die maatskappy toelaat om die geleenthede binne NWK en die breër landboukundige sektor, ten toon te stel. “Dit help ons ook om moontlike toekomstige talent te identifiseer en hulle insig te gee in loopbaangeleenthede wat hulle dalk nie voorheen oorweeg het nie.”

‘n Leerling speel ‘n speletjie by NWK Meganisasie se stalletjie.

Dennis sê dat NWK Mensekapitaal die geleentheid baie positief ervaar het. “Ons het met ‘n groot groep entoesiastiese leerlinge interaksie gehad wat belangstelling in ‘n verskeidenheid loopbaangeleenthede getoon het.

“Ons teenwoordigheid het bewusmaking oor NWK as ‘n werkgewer van keuse geskep en ons toegelaat om met ‘n diverse groep leerlinge van verskeie akademiese agtergronde te gesels. Die span by NWK het verskeie navrae oor internskappe en werksgeleenthede ontvang, wat tekenend is van ‘n opregte belangstelling in NWK.”

Dennis het afgesluit deur te sê dat die verbintenisse wat gevorm is met leerlinge en onderwysers, die fondasie gelê het vir toekomstige samewerking- en uitreikingsinisiatiewe wat NWK se reputasie as ‘n vooruitdenkende en gemeenskapsgefokusde werkgewer versterk.

Mario Kleynhans en Wian Basson is gr. 11-leerlinge aan Hoërskool Lichtenburg. Wian beoog om meganiese ingenieurswese te studeer omdat hy “mal is oor somme”. Oor die loopbaandag het hy gesê: “Ek hou baie hiervan. Al NWK se uitstallings beeld baie mooi uit wat hulle alles bied.”

Okkie Vermeulen, DJI-operatuer by NWK, wys vir leerlinge wat hy met die hommeltuig se kamera sien.

Mario wil hom graag in die landbou bekwaam en sê die loopbaandag het vir hom meer duidelikheid hieroor gebring. “Dit was baie lekker om meer van interessante goed soos drones te leer.”

Duduzile Vilakazi is ook in gr. 11 en het uiteenlopende belangstellings. Sy oorweeg ‘n loopbaan as entrepreneur, in die toeristebedryf of as sjef. “Hierdie loopbaandag gee ons ‘n beter idee van die beskikbare opsies.”

Tags: Sep/Okt 2024
Previous Post

Maak rekordhouding maklik met NWK Online

Next Post

How to ensure that your farming legacy continues


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In