• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Jóú greep op presisieboerdery

Rachel du Preez, Grondkundige

19 Nov 2024
in Dinamiese vennoot
Jóú greep op presisieboerdery

Figuur 1: ’n Skermgreep van die “Plaasbestuur, detail begroting”-paneelbord.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

AgTech@NWK en NWK Online Plaasbestuur verskaf land-boukundige dienste aan produsente, asook handige gereed­skap wat hulle met waardevolle besluitnemings-inligting toerus. Dit lei tot ’n verlaging van boerderyrisiko’s en ’n verhoging van die boerdery se materiële welvaart.

Die nuwe bygewerkte NWK Online is amptelik op 21 Junie 2023 bekendgestel en spog met opwindende nuwe funksionaliteite waarsonder die moderne produsent eenvoudig nie kan klaarkom nie. Alhoewel hierdie toepassing reeds vir produsente beskikbaar is, word verbeterings deurlopend aangebring. Op hierdie wyse word die toepassing oor tyd uitgebrei, verbeter en opgedateer.

NWK Online Plaasbestuur

NWK Online spog met ’n unieke platform – spesiaal vir die produsent geskep – waar alle landbouverwante data wat deur NWK behartig word, met een kliek tot die produsent se beskikking is. Die produsent loop dus nou met alle historiese en intydse presisiedata van sy/haar boerdery in die hand.

Kitsinligting oor al jou landboukundige verwante data op jou vingerpunte sluit in:

  • Gedetailleerde begroting.
  • Reënvaldata.
  • Kuddebestuur.
  • Fisiese grondkarteringskaarte.
  • Grond- en gewaspotensiaalkaarte.
  • Chemiese presisiekaarte.
  • NDVI-beelde.
  • Stroperkaarte.
  • Alle landboukundige verslae.

Gewasbeplanning – gedetailleerde begroting

Boerderybegrotings gee produsente ’n idee oor die winsgewendheid van ’n boerdery se produksie in die jaar wat kom. Die resultate van die begro­ting kan dan gebruik word om bestuursbesluite te neem en om doelwitte vir die komende jaar te stel. ’n Begroting is ’n vooruitbeplanning en dus sal ’n produsent dit op grond van aannames, vorige jare se prysvlakke, prysstygings, vooruitskattings en persoonlike ervaring moet opstel.

Met die nuwe toevoeging tot NWK Online kan ’n produsent sy begroting en beplanning vir die komende groeiseisoen vooraf op die platform inlees en stoor, asook veranderings maak soos nodig om ’n akkurate saamgestelde verslag aan die einde van die seisoen te bekom.

Die opsommingsverslag (ook in Excel-formaat beskikbaar) gee aan die produsent ’n goeie berekende beraming van die totale produksiekoste (R/ha), verwagte inkomste, wins/verlies (R/ha), asook gelykbreekprys en -opbrengs volgens sy begroting vir die seisoen wat voorlê. In dié geval word die gedetailleerde begroting ook gebruik om die produsent se produksielening-aansoek by NWK Finansiering te vergemaklik en te bespoedig.

Alle lande is reeds aan die produsent se lidnommer gekoppel, met elkeen se unieke landnommer. Die produsent het die opsie om elke individuele land aan ’n spesifieke gewas, beplande opbrengs, sakprys en plantdatum te koppel.

Die gedetailleerde begroting (onder Plaasbestuur, gewasbeplanning) maak voorsiening vir saad, bemes­ting, bewerking, onkruid en plaagbeheer, arbeid, asook diverse, tesame met die jongste kostenorme wat jaarliks deur NWK se landbou-ekonome opgedateer word.

Indien jou lande nie aan jou lidnommer op die NWK Online-toep gekoppel is nie, kontak gerus vir Unita Breytenbach by 018 633 1151.

Reënvaldata

Dit is vir NWK uiters belangrik dat noukeurige rekords van reënval in NWK se bedieningsgebied gehou word om produsente te help om deurslaggewende besluite te neem. Daarom het NWK dit goedgedink om aan elke klant die geleentheid te bied om sy eie reënvalrekords op NWK Online te stoor. Die reënval kan deur die produsent volgens sy lande/plase ingelees en gestoor word om só langtermynreënvaldata van sy boerdery op te bou.

NWK hou ook gedurende die jaar rekord van die reënval by alle NWK-silo’s. ’n Kumulatiewe reënvalkaart (Figuur 2), volgens dié data vir ’n spesifieke tydperk, kan dus deur die klant op NWK Online (Plaasbestuur, land- en reënvalinligting) verkry word.

Dit gee aan die produsent die geleentheid om die reënval in sy streek met dié van ander NWK-gebiede te vergelyk. Uiteindelik kan daar nie veel aan die reënval gedoen word nie, behalwe dat dit so goed moontlik bestuur word, gegrond op betroubare langtermynrekords.

Figuur 2: Die kumulatiewe reënvaldata in die NWK-gebied vanaf 1 Oktober 2023 tot 1 April 2024.

Kuddebestuur

’n Toenemende aantal NWK-produsente diversifiseer hulle saaibedryf met ’n veevertakking om sodoende hulle risiko in die boerdery te versprei. Kuddebestuur (Figuur 3) op NWK Online se funksionaliteite sluit die volgende in:

  • ’n Databasis vir al die vee (beeste, skape, varke en bokke) op die plaas.
  • Rekordhouding van bestuursinligting soos gewig en dieregesondheid.
  • Toeken van diere aan troppe wat in groepsverband hanteer kan word.
  • Rekordhouding van alle behandelings soos inentings en dragtigheidsondersoeke.
  • Rekordhouding van alle wegings en monitering van elke dier se groei.
  • Rekordhouding van vrektes of verkoop van diere kan teen datum, asook oorsaak van vrektes (siekte, diefstal, slagtings), aangeteken word.
  • Rekordhouding van troppe en hoeveelheid diere wat per kamp loop oor tyd vergemaklik dus kampbestuur.

Data kan aflyn ingelees word in die veld, waarna dit sal sinchroniseer met die hoofdatabasis sodra dit binne ’n internetverbinding gebring word. Daarom is dit belangrik dat gebruikers die NWK Livestock-toep aflaai. Dit is gratis op beide die “Android”- en “Apple”-platforms beskikbaar.

Figuur 3: ’n Skermgreep van die ‘‘My kudde”-paneelbord.

Landinligting

Gronddetailopnames wat deur Agtech@NWK se grondkundiges uitgevoer is, word elektronies op NWK se nuwe toep in die veld aangeteken. Die data word vasgevang en is onmiddellik outomaties op NWK Online beskikbaar (Figuur 4). Die grondlyne word met behulp van ’n ArcView-sagtewarepakket op ’n GPS-kaart van die plaas gedigiteer.

Figuur 4: ’n Skermgreep van grondkarteringsdata onder “Plaasbestuur, land- en reënvalinligting”.

’n Omvattende verslag, vergesel deur ’n GIS-gegenereerde grondkaart en gewaspotensiaalkaarte (Figuur 5) van die plaas, is die finale produk. Die grond word eenmalig gekarteer en word gebruik om ’n wisselende plantestand, bemestingskaarte ensovoorts te genereer en só hande te vat met die produsent se presisieboerderypraktyke.

Figuur 5: ‘n Gewaspotensiaalkaart.

Chemiese presisie-ontledingsdata word ingevoer deur NWK se nuut gegenereerde GIS-rekenaarprogram en word binne sekondes verwerk om chemiese kaarte van die land vir elkeen van die ontledingsparameters (pH en makro-elemente) te genereer en dit aanlyn vir die produsent beskikbaar te stel. Differensiële regstellings word dan vir die toepaslike bemestingstowwe voorgestel deur die produsent se NWK-landboukundige.

Historiese chemiese data van die produsent se lande kan met die huidige grondstatus ná regstel­lings vergelyk word (Figuur 6). Dit vergemaklik die produsent se vertroue in sy NWK-landboukundige se aanbevelings en is ook net een kliek ver van alle data rakende jou presisieboerdery.

Figuur 6: ’n Skermgreep van chemiese presisiedata met regstellings vergelykbaar in jare onder “Plaasbestuur, land- en reënvalinligting”.

NDVI-beelde, op vyf dae intervalle, is ook op die NWK Online-toep beskikbaar (Figuur 7). Dié beelde kan regdeur die groeiseisoen deur die produsent se landboukundige en die boer self gekontroleer word. Dit vergemaklik die proses om probleemgebiede (as gevolg van bewerkingspraktyke, opkomsprobleme, swak grond of panne in die land en spuitskade) vroeg­tydig te identifiseer en aan te spreek.

Figuur 7: ’n Skermgreep van NDVI-beelde onder “Plaasbestuur, land- en reënvalinligting”.

Stroperdata is die nuutste toevoeging tot die NWK Online-toep waarmee NWK deesdae spog. Stroper­data kan ook nou deur die produsent self op die toep gelaai word, waar stroperkaarte (Figuur 8) outomaties gegenereer en aanlyn beskikbaar gestel word. Alle historiese stroperdata word op dié manier op die produsent se NWK Online-profiel gestoor en sodoende kan die produsent rekord hou van sy opbrengste deur die jare.

Figuur 8: ’n Skermgreep van stroperdata onder “Plaasbestuur, land- en reënvalinligting”.

Samevatting

Die gratis NWK Online-platform is ’n eenvoudige, handige stuk gereedskap wat alle data oor jou presisieboer­dery­praktyke op een plek kan saamvat en só kommersiële produsente se lewens vergemaklik.

Vir verdere navrae, kontak die outeur by 072 324 2253 of rachel@nwk.co.za.

Tags: Nov/Des 2024
Previous Post

Agter elke man staan ’n knap boervrou…

Next Post

Bewaringsnuus uit ons kontrei


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In