• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Aug 5, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Mieliekuilvoer is ’n waardevolle ruvoerbron

Pieter le Roux, Hoof-diere-en-weidingwetenskaplike

28 Jul 2025
in Tegniek
Mieliekuilvoer is ’n waardevolle ruvoerbron
Share on Facebook

Daar is bepaalde koste verbonde aan die produksie van mieliekuilvoer. Soms wonder produsente of dit nie beter of meer ekonomies is om die graan eerder te verkoop en alternatiewe ruvoer aan te skaf nie. Dit word baie vinnig ’n ingewikkelde som, in ag genome dat dit voer met ’n hoë voginhoud is waarby duur prosesse soms betrokke is.

Kontrakteurs bereken hul koste om te kerf en in te kuil op verskillende ma­nier­e. Daar is ook duidelike verskille tussen droëland- en besproeiingsmielies se verbouingskoste, sowel as die opbrengs daarvan.

Verbouing

Die koste verbonde aan die verbouing van mieliekuilvoer is redelik bekend. Dit is waarskynlik baie na aan of presies dieselfde as die totale veranderlike koste voor oes vir mielies wat gewoon vir graanproduksie verbou word.

Volgens die NWK Opsommende Begrotings van Bedryfsvertakkings vir die 2024/2025 Produksieseisoen, beloop dit R10 874/ha vir die verbouing van droëlandmielies (vir 6,5 t graan/ha) en dié vir besproeide mielies is R30 015/ha (vir 12 t graan/ha).

Die ekwivalente droëmateriaal (DM)-opbrengs van kuilvoer is sowat dubbel die graanopbrengs vir droëlandmielies en 1,66-voudig die graanopbrengs vir besproeide mielies. Onder besproeiing lewer mielies met ’n opbrengs van 10 t graan/ha dus sowat 16,6 t/ha DM se kuilvoer (47,6 t nat materiaal/ha teen 35% DM). Vir droëlandmielies met ’n graanopbrengs van 6,5 t/ha is die kuilvoeropbrengs sowat 13 t DM/ha (37,1 t nat materiaal/ha teen 35% DM).

Snykoste

Die kerf van kuilvoermielies word normaalweg met die produsent se eie toerusting gedoen. Daar is deesdae ook kontrakteurs beskikbaar wat hierdie diens lewer. Albei opsies het egter uitdagings. Die koste is laer met die gebruik van ’n mens se eie toerusting en daar is die bykomende gerief van jou eie tydsberekening. Kontrakteurs is weer vinnig, maar daar ontstaan soms probleme wanneer hulle agter raak. Groot oppervlaktes kan egter in relatiewe kort tydperke gekerf en ingekuil word.

Die plantdatum het ook ’n invloed. Nie alle kultivars groei ewe vinnig nie en die verspreiding van die plantdatums kan die tempo van rypwording versnel of vertraag. Hier is deeglike beplanning nodig, aangesien dit dus met planttyd reeds bekend moet wees of daar van kontrakteurs gebruik gemaak gaan word of nie.

’n Trekkeraangedrewe een-ry kerwer kan byvoorbeeld sowat 5 ha/dag sny. Dieselfde tempo moet tydens planttyd gevolg word, sodat die kuilvoer deurgaans op min of meer dieselfde ouderdom (en voginhoud) ingekuil word.

Toerusting met voldoende kraglewering word benodig sodat die kerwer, wat heelwat krag verg, nie die trekker verniel nie. Onderhoud is hoog en brekasies kan die proses soveel vertraag dat die mielies te droog word en die ideaal van 35% DM-inhoud verbysteek. In hierdie geval sal die kuilvoer nie goed kompakteer nie. Dan kom daar verdere gehalteverliese voor wanneer voldoende fermentasie nie kan plaasvind nie en die kuilvoer nie behoorlik preserveer nie.

Hierdie “verskuilde” koste verbonde aan die risiko van jou eie kuilvoer kerf, kan die ewewig oorswaai na die gebruik van ’n kontrakteur, waar die verkorte tydsduur van inkuiling moontlik is.

Kontrakteurs met selfaangedrewe toerusting kan 30 ha/dag tot 60 ha/dag sny. ’n Meer gekompakteerde proses maak beter gehalte kuilvoer moontlik. Die plantproses kan dus ook vinniger plaasvind. Daarom is die kontrakteurskoste vir die kerf van kuilvoer ongeveer 15% duurder as wanneer ’n mens se eie toerusting gebruik word.

Kontrakteurs hef ’n fooi per hektaar vir die sny van die voer. Hierdie fooi word deur ’n aantal faktore bepaal. Onder andere word na die volgende gekyk:

  • Afstand van die land na die stoorplek.
  • Voginhoud van die kuilvoer – ligter kuilvoer verg meer diesel per ton voer.
  • Grondtipe, byvoorbeeld waar sandgrond of nat grond swaarder bewerk word en dus meer diesel verg.

As riglyn word die kontrakteursprys saamgestel uit die koste vir die kerf (70%), kompaksie (15%) en vervoer (15%).

Kontrakteurskoste

Hierdie koste kan baie wissel, maar dit beloop gewoonlik sowat R2 750/ha vir droëlandopbrengste van onder 15 t/ha nat kuilvoer. Die koste vir opbrengste tussen 15 t/ha en 30 t/ha nat kuilvoer beloop ongeveer R3 550/ha. Hierdie pryse sluit die diesel uit.

Besproeide kuilvoer kan teen 30 t/ha tot 45 t/ha nat sowat R4 200/ha kos en bo 45 t/ha nat kan dit R7 100/ha beloop. Die dieselkoste beloop ongeveer 2 ℓ/t nat materiaal vir die sny en aanry oor ’n afstand van minder as 4 km. Vir meer as 4 km word sowat 3 ℓ/t benodig.

INKUILING

Voorts is daar verskeie metodes van inkuiling. Die algemeenste gebruik is om ’n kuilvoerhoop bo-op die grond teen ’n helling te maak om dreinering te bevorder. Kuilvoerbunkers van beton verseker goeie kompaksie, maar dit kan ook in kuilvoersilosakke geplaas word.

Betonbunkers is geweldig duur en word deesdae selde opgerig. Kuilvoer word ook met spesiale baaltoerusting in ronde bale saamgepers, gebaal en dan in plastiek toegedraai of ge-wrap. Al hierdie opsies het hul eiesoortige voor- en nadele, wat nie in hierdie artikel bespreek word nie (Botha, 2017).

Daar word vir die doel van die kosteberaming gefokus op die klassieke metode van inkuiling, naamlik in ’n hoop op die grond, gekompakteer, onder seile toegemaak en met buitebande gepak.

Onder konvensionele produksiepraktyke wissel die koste dus met sowat R490/t DM, beide onder droëland en besproeiing, en afhangend van die opbrengs per hektaar. Aangesien die oorhoofse koste stabiel bly, verlaag die prys per ton DM namate die opbrengs verhoog.

Geleentheidskoste van kuilvoer

Is dit nog die koste (en moeite) werd om kuilvoer te produseer? Hierdie vraag ontstaan dikwels en daar is verskeie maniere om hierna te kyk. Die logiese vraag is of dit nie meer lonend is om eerder die graan te verkoop en die voer met alternatiewe voer te vervang nie? Die vraag handel dus oor die geleentheids­koste van kuilvoer.

In Tabel 1 word die netto beskikbare fondse ná die verkoop van die graan aangedui. Hiermee moet daar dus ’n ekwivalente voer in die plek van kuilvoer aangekoop word indien die opsie oorweeg word om eerder te stroop as te kuil.

Uit Tabel 2 is dit duidelik dat mieliekuilvoer ’n hoë-vog ru­voer is. Die ruproteïeninhoud is relatief laag (6,8%), maar die metaboliseerbare energie (ME)-waarde is 11 MJ ME/kg DM in vergelyking met mieliegraan teen ongeveer 13,6 MJ ME/kg DM en Smutsvingergras-hooi teen 6,4 MJ ME/kg DM.

Hierdie syfer is baie gunstig en dit maak mieliekuilvoer as ruvoer grootliks uniek. Ruvoer is oor die algemeen laag in energie, wat dit moeilik maak om een enkele alternatiewe ruvoerbron vir mieliekuilvoer te vind.

Dit sou moontlik wees om ’n voer met alternatiewe bronne, gekombineer met bykomende energiebronne soos mielie­graan, te formuleer om ’n soortgelyke voedingswaarde as met mieliekuilvoer te “skep”. Só ’n mengsel kan byvoorbeeld naastenby met ’n mengsel van 45% Smutsvinger-hooi en 55% mieliemeel verkry word. Hierdie mengsel se koste kan beraam word op ongeveer R3 140/t, waar mielies teen R4 100/t en die hooi teen R1 600/t ingereken is. Die ME-inhoud van die mengsel is dan 11,08 MJ/kg DM en die RP-inhoud daarvan word op 8% beraam (Tropical Forages).

Per ton is hierdie alternatief egter sowat 2,5 tot 3,4 keer duurder as kuilvoer. Byvoorbeeld, die netto graaninkomste per hektaar in scenario 4 (Tabel 1) kan 10,2 t van die hooi- en graanmengsel hierbo (teen R3 140/t) aankoop, terwyl die kuilvoeropbrengs 25 t DM gelewer het (2,5 keer meer).

Daar word vir die doel van die kosteberaming gefokus op die klassieke metode van inkuiling, naamlik in ’n hoop op die grond, gekompakteer, onder seile toegemaak en met buitebande gepak.

Samevatting

Dit is duidelik dat dit steeds die koste (en moeite) werd is om mieliekuilvoer te produseer en by hoëgehalte diere se rantsoene in te sluit. Neem egter in aanmerking dat dit duur is om kuilvoer sonder meer as “gewone” ruvoerbron aan te wend. Dit sal tipies in voerkraal- of melkbeesrantsoene ingesluit word.

Kuilvoer word wel soms as “gewone” ruvoer aangebied, byvoorbeeld as aanvulling vir diere wat nie genoeg winterweiding het nie. Dié praktyk word egter nie algemeen aanbeveel nie, tensy dit vir ’n spesifieke doel is, soos om kondisie te behou of om te voorkom dat koeie of ooie in swak kondisie kalf of lam (Coetzee, 2012).

Bronnelys

  • Botha P, 2017. Mieliekuilvoer as alternatiewe manier van mieliebemarking. SA Graan/Grain, Junie 2017. https://www.grainsa.co.za/mieliekuilvoer-as-alternatiewe-manier-van-mieliebemarking
  • Coetzee J, 2012. Kuilvoer as voeding vir ooie. Landbou.com. Februarie 2012.
    https://www.landbou.com/kundiges/dierevoeding/kuilvoer-as-voeding-vir-ooie-20180411
  • Landman G, 2018. Maak van mieliekuilvoer. Landbou.com. April 2018.
    https://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/maak-van-mieliekuilvoer-
    20180426
  • https://tropicalforages.info/text/entities/digitaria_eriantha.htm#:~:text=
    Nutritive%20value,and%20IVDMD%2045%E2%80%9270%25
Tags: Jul/Aug 2025
Previous Post

Plantvenster vir mielies steeds in die kol, toon weerdata

Next Post

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In