• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

Rinus de Bruin, Agronoom

15 Sep 2025
in Tegniek
Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery
Share on Facebook

Deel 1

Het jy ’n passie vir boerdery, maar jy weet nie waar om te begin nie? Of dalk is daar ’n struikelblok wat keer dat jou droom ’n werklikheid word? Die pad na suksesvolle boerdery kan uitdagend wees.

Met die regte benadering en beplanning, is ’n suksesvolle boerdery binne bereik. Hierdie artikel bevat ’n paar praktiese riglyne om jou eerste tree as produsent met vertroue te neem.

Posisioneer jouself as ’n sterk kandidaat vir finansiering

Voordat jy kan begin boer, moet jy verstaan hoe finansieringsinstansies werk. Hulle het vasgestelde kriteria en vereistes, en jy moet daarby inpas. Stel vir jouself ’n realis­tiese tydlyn – byvoorbeeld om binne twee jaar te begin – en werk dan terugwaarts om te bepaal watter sekuriteit jy benodig.

Sekuriteit kan enigiets wees – ’n spaarrekening, motor, eiendom of enige ander bate op jou naam (Land Bank, 2020). Besoek finansieringsinstansies vroegtydig om te bepaal watter randwaarde se sekuriteit jy nodig het vir die hoeveelheid hektaar wat jy beplan om te plant.

Dit is belangrik om ’n kontakpersoon by die instansie te kry en ’n professionele verhouding met dié persoon te begin opbou. Dit gee finansierders ’n beter beeld van jou kredietwaardigheid (Agri SA, 2021). ’n Goeie verhouding met jou finansierder kan ’n deurslaggewende rol speel in jou sukses.

Praktiese wenk: Begin ’n maandelikse langtermynbelegging wat outomaties gedebiteer word – dit is ’n eenvoudige manier om jou doel te bereik en jouself van versoekings te weerhou.

Kies jou grond verstandig

Die meeste nuwe produsente het nie hul eie grond nie en sal dus moet huur. Nie alle grond is egter geskik vir kommersiële boerdery nie. Jy moet verseker dat die grond se potensiaal voldoende is om jou insetkoste te dek, selfs in ’n minder gunstige seisoen. Dié besluite vorm deel van jou risikobestuur.

As jy kontrakteurs gaan gebruik om die grond te bewerk, verhoog dit jou koste aansienlik. Dit is dus van kardinale belang dat jy ’n land kies met medium-hoë tot hoë potensiaal, in ’n betroubare reënvalgebied.

Laat ’n landboukundige die grond evalueer. Kyk na die chemie (Figuur 1), struktuur en potensiaal voor die huurkontrak gesluit word (Fertasa, 2021). Onthou, die grond is die fondament van jou boerdery.

Figuur 1: ’n Voorbeeld van die evaluering van grondchemie, wat deur ’n landboukundige gedoen is.

Vermy logistieke en praktiese slaggate

Voor jy enige huurkontrak onderteken, moet jy alle moontlike risiko’s identifiseer:<ul)

  • Is die heinings voldoende om vee uit te hou?
  • Is daar ’n risiko vir diefstal?
  • Hoe ver is die grond van silo’s?
  • Hoe maklik (en duur) is vervoer?

Logistiek is ’n belangrike element van risikobe­stuur en moenie onderskat word nie (DALRRD, 2019).

NWK bied ’n plaaslaai-opsie wat help om logi­stieke uitdagings op die plaas te vereenvoudig en vervoerprobleme te verminder.

Kies ’n land wat nie net agronomies sin maak nie, maar ook prakties en logisties werk.

Kies jou gewas met die klimaat in gedagte

Gewaskeuse is van kardinale belang vir jou boer­dery se sukses – en dit is nou verbind met die komende seisoen se klimaatstoestande, veral as dit ’n El Niño- of La Niña-klimaatsverskynsel is.

In Noordwes is mielies en sojabone beter opsies in ’n natter seisoen, terwyl sonneblom en grondboontjies meer geskik is vir droë jare (ARC, 2023).

Sonneblom in nat seisoene: Wees versigtig – siektes soos Alternaria en Sclerotinia kan opduik, bestuifbaarheid daal en swakker pitvulling kom algemeen voor as sonlig beperk is (ARC, 2023). As dit lyk of ’n La Niña-seisoen op pad is, is dit veiliger om op mielies en sojabone te fokus.

’n Goeie praktyk is om die vorige seisoen se reënval en die huidige grondvogstatus as riglyne te gebruik. As daar nie genoeg vog teen die begin van die seisoen is nie – en dit voorspel ’n droë seisoen – oorweeg dit ernstig om nie te plant nie, veral as jy beperkte sekuriteit of kapitaal het. Om met ’n groot risiko te begin, kan jou droom onnodig kelder.

Beplan vooruit

Boerdery werk volgens streng tydsberekening. Jy moet jou beplanning betyds afrond – van huurkontrakte tot insetbestellings en kontrakteurs se beskikbaarheid. Begin dus vroeg met jou dokumentasie en reëlings, sodat jy nie tyd verloor wanneer dit planttyd is nie.

Stel ’n realistiese begroting op

Terwyl jy jou finansiering en grond reël, begin intussen met jou begroting. Dit is noodsaaklik vir jou finansieringsaansoek. Gebruik werklike syfers – kry kwotasies van saad- en kunsmismaatskappye, chemiese verskaffers en kontrakteurs.

Moenie kleiner kostes vergeet nie:

  • Stoor- en hanteringskoste.
  • Aftrekkings vir graanbemarking.
  • Rente op jou lening.

Jou begroting moet jou help om die gelykbreek-opbrengs te bepaal – die minimum opbrengs wat jy moet haal om nie ’n verlies te ly nie.

Gebruik die NWK Online-toep, wat reeds geïntegreerde funksies vir plaasbestuur bevat – insluitend begrotingsbeplanning – om jou boerdery slimmer en doeltreffender te bestuur. Figuur 2 wys ’n skermgreep van die gedetailleerde begrotingsfunksie op die NWK Online-toep.

Figuur 2: ’n Skermgreep van die gedetailleerde begrotingsfunksie op die NWK Online-toep.

Hou altyd goeie rekords

  • Die natuur is onvoorspelbaar. Dinge sal nie altyd verloop soos jy beplan het nie. Daarom is goeie rekordhouding ononderhandelbaar.
  • Dokumenteer álles: Finansies, praktyke, opbrengste en veranderlikes – dit help jou om te leer, aan te pas en te groei.
  • NWK Online kan ook gebruik word om rekordhouding te vergemaklik.

Algemene wenke vir beginnerboere

  • Boerdery is nie eenvoudig nie – dit verg kennis, ervaring en aanpasbaarheid.
  • Die verhouding tussen die grond en gewas is kompleks en wetenskaplik – moenie raai nie, gebruik kundiges.
  • Jy het altyd ’n plan B nodig – en soms ook ’n plan C. Dinge verloop selde presies soos beplan.

Maak gebruik van kundigheid – landboukundiges, finansiële raadgewers en selfs ander produsente. Twee koppe is beter as een.

’n Praktiese voorbeeld van hoe die grondpotensiaal bepaal word.

Samevatting

Hier is ’n aksieplan wat beginnerboere kan volg:

  1. Gesels met ’n finansieringsinstansie oor jou behoeftes en begin vroegtydig om sekuriteit op te bou.
  2. Identifiseer ’n medium- tot hoë potensiaal-land in ’n betroubare reënvalgebied – gebruik ’n landboukundige om die grondpotensiaal te bepaal.
  3. Stel ’n huurkontrak op wat jou in staat stel om die land vir minstens drie seisoene te gebruik.
  4. Kies jou gewasse slim – hou rekening met El Niño/La Niña, grondvog en klimaatsvoorspellings. Gebruik mielies en sojabone in natter jare, en sonneblom en grondbone in droër seisoene.
  5. Kry werklike kwotasies vir insette soos saad, kunsmis, chemikalieë en kontrakteurskoste. Stel dan ’n realistiese begroting op.
  6. Bespreek praktyke met landboukundiges en vestig jou beplande boerderymetodes.
  7. Voer die plan uit indien die grondpotensiaal redelik bo jou gelykbreek-opbrengs is – moenie plant as jou risiko te groot is nie.
  8. Hou deeglike rekords van alle finansiële en praktyk­ver­wante aktiwiteite – dit help jou om aan te pas en te groei.

Bronnelys

  • Agri SA, 2021. Practical guide for new farmers. Pretoria: Agri SA
  • Agricultural Research Council (ARC), 2023. Crop disease management in sunflower and soybeans. Potchefstroom: ARC-Grain Crops
  • Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development (DALRRD), 2019. Guidelines for agricultural risk management. Pretoria: DALRRD
  • Fertasa, 2021. Fertiliser Handbook. 8th ed. Pretoria: Fertilizer Association of Southern Africa
  • Land Bank, 2020. Guide to agricultural finance for emerging farmers. Centurion: Land Bank
Tags: Sep/Okt 2025
Previous Post

Agterlosigheid kan jou duur te staan kom

Next Post

Wees ’n goeie rentmeester van jou plaas

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

15 Sep 2025
’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

15 Sep 2025
Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

15 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

15 Sep 2025
’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

15 Sep 2025
Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

15 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In