• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Sep 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Wees ’n goeie rentmeester van jou plaas

Dawid van Heerden, Veekundige

15 Sep 2025
in Tegniek
Wees ’n goeie rentmeester van jou plaas

Gras wat onder takke en kraalmis uit groei.

Share on Facebook

Elke produsent is ’n rentmeester van sy plaas en het daarom die verantwoordelikheid om sy natuurlike weiding te benut, te onderhou en, waar nodig, te verbeter. Veldverbetering verwys na die proses om mettertyd die toe-stand en produktiwiteit van natuurlike weiding te verbeter.

Veldverbetering sluit in die hervestiging van gewenste weidingspesies in gebiede waar grasse verdwyn het en vervang is deur oop grondkolle (dikwels weens verdigte grond of panne wat vorm weens water wat opdam of lê), of waar digte bosse en bome die grasplantegroei verdring het (bosindringing). Dit kan ook insluit om die spesiesamestelling van die veld te verander sodat dit produktiewer of smaakliker is vir vee.

Daar is gedurende die jaar dikwels min tyd vir veldverbeterings, aangesien ander take die produsent se aandag vereis. Die droë winter- en lentemaande, net voor die eerste somerreëns, bied egter ’n geleentheid om waardevolle veldherstelwerk te doen. Hieronder is ’n paar praktiese aksies wat nou reeds geneem kan word om beter weiding in die somer te verseker.

Bedekte bloubuffelgrassaad wat kort ná die eerste reën ontkiem.
Bloubuffelgras wat onder kraalmis en takke uitgroei.

Breek harde grondkorse

In oop kolle waar die grond kaal en die oppervlak erg verdig is, kan die harde kors met ’n graaf, spitvurk of pik opgebreek word. Op groter stukke grond kan ’n trekker en skeurploeg gebruik word. Wanneer die grond oopgebreek word, verbeter die waterinfiltrasie en opvang van reënwater, wat ’n gunstiger omge­wing skep vir gras om weer te vestig.

Bloubuffelgrassaailinge wat groei van waar dit in ’n miskoek geplaas is.
Grassaad wat in kraalmis en ’n strooi-saadbed ontkiem.

Bedek oop grond

  • Gebruik takke, strooi, kompos, kraalmis of selfs tuinrommel om kaal kolle te bedek. Hierdie deklaag help om vog te behou, verhoed erosie en be­skerm jong grassaailinge.
  • Indien bale gevoer word, plaas dit in probleemgebiede. Nadat die diere dit benut het, bly daar ’n mengsel van mis, saad en strooi oor, wat uitste­kende toestande skep vir nuwe plantegroei.

Beheer watervloei met kontoere

Wanneer water ongehinderd afvloei, spoel dit waardevolle bogrond weg en kan dit bestaande plante verspoel of verdrink. Dit spoel ook die slik- en kleikomponent, asook enige organiese inhoud van die bogrond, weg sodat net die relatief onvrugbare sandgedeelte oorbly.

Die konstruksie van kontoere help om afloop te vertraag en die bogrond vas te hou. Agter die kontoer waar water en grond opdam, ontstaan ’n mikroklimaat met hoër vog en voedingstowwe, wat die ideale toestand vir die vestiging van waardevolle grasse bied.

’n Kontoer gemaak van stompe wat verkry is vanaf meganisasie ontbossing, loodreg geplaas teen die rigting van afloopwater.
’n Saadbed gemaak van kraalmis en strooi bo-op ’n kaal kol, besig om met takke wat verkry is van ontbossing, toegepak te word.

Bosbeheer en ontbossing

Indringerbosse en digte bome verdring gras en verminder beskikbare weiding.

Wanneer chemiese metodes buite die toepaslike tyd is en onkruiddoders nie deur die wortels opgeneem kan word om die plantegroei dood te maak nie, kan meganiese metodes soos kap, uittrek of snoei gebruik word.

Meganiese ontbossing met groot masjinerie soos stootskrapers, trekkers of voorlaaiers, en handgereedskap soos kettingsae, byle of bosmaaiers kan gebruik word, afhangend van die skaal waarop daar ontbos word.

Saai weidingsaad

Waar gunstige spesies verlore gegaan het, is dit nodig om gewens­te weidingsgrasse weer in te bring. Die gebruik van kommersiële weidingsaad help om veldherstel te versnel. Daar is egter risiko’s verbonde aan die saai van saad in die droë seisoen, wat die suksesvolle vestiging van weidings kan verhoed:

  • Uitdroog van saad of saailinge kort ná ontkieming.
  • Voël- of insekskade.
  • Swaminfeksies.

Die gebruik van behandelde en bedekte saad kan hierdie risiko’s beperk en voorkom. Behandelde saad het ’n onnatuurlike kleur wat dit vir voëls minder soos kos laat lyk. Dit beskerm hierdie saad ook teen knaag­diere wat dit moontlik wil vreet.

Tipiese behandeling word gewoonlik ook gedoen met swamdoders wat keer dat swamme (of muf) die saad vernietig.

’n Saadbed wat met takke gepak is.
Weiding-hervestiging van een gedeelte van ’n groot kaal kol.

VOORBEELD VAN HIERDIE TIPE SAAD IN DIE MARK

As voorbeeld van hierdie tipe saad wat in die mark beskikbaar is, bemark die saadmaatskappy Barenbrug saad met ’n Yellow Jacket® Enhanced Seed Coating. Dit bevat voedingstowwe wat vestiging bevorder en bied beskerming teen vogverlies.

Die bedekking help ook om voortydige ontkieming te voorkom, wat die saad in staat stel om langer te lê en wag vir voldoende vog voor dit ontkiem. Die voeding­stowwe bevorder vestiging, wat op sy beurt sterker plante kort ná ontkieming meebring. Dit bied meer weerstand teen die uitdroog van saailinge.

Die bedekkingslaag van Barenbrug is met die grond se mikrobioom in gedagte geformuleer en bevat nie skadelike swamdoders wat voordelige grondbiotika kan beskadig nie, maar dit bied steeds beskerming teen swamme en fungi.

Voordele van die vroeë saaityd is tydsbestuur en groter volumes. Aangesien die saad voor die optimale plant­datum gesaai kan word, met ’n kleiner verlies in ont­kieming, word die moontlike saaityd verleng.

Die saad wat wel voor die eerste reëns gesaai is, reageer vinnig en vestig sterker, meer weerstandige saailinge, wat dus ook ’n langer groeiperiode ervaar en groter hoeveelhede weiding tot gevolg het.

Alhoewel breedwerpige insaai moontlik is, word dit nie aanbeveel nie omdat die saad in ’n ongunstige omgewing geplaas word. Kompetisie met bestaande plantegroei en die nie-optimale grondkontak kan minder ontkieming en swakker vestiging tot gevolg hê.

’n Beproefde metode is om vir die veewagters sakke saad te gee en hulle te versoek om dit direk in vars miskoeke te plaas. Die mis bied bedekking en voeding, wat tot beter vestiging kan lei.

Weidingsaad wat uit kraalmis en ’n strooi-saadbed ontkiem.

Kombineer metodes vir beste resultate

Die beste resultate word gewoonlik verkry deur verskeie metodes te kombineer. Hier is ’n doeltreffende volgorde vir veldhervestiging van brakkolle in die veld:

  1. Breek die grondkors met ’n spitvurk of geskikte implement.
  2. Strooi die weidingsaad oor die losgemaakte grond.
  3. Bedek die gebied met kraalmis of kompos.
  4. Beskerm dit met die takke wat verkry is vanaf die bosse wat verwyder word.

Op ’n groter skaal kan gronde met ’n skeurploeg oopgetrek word. Bedekte saad kan daarna in die skeure geplaas en liggies vasgetrap word. Wanneer loodreg oor die natuurlike afloop van water gesny word, help dit die gevestigde grasse en skeure om as biologiese kontoere te funksioneer, wat erosie beperk en van die gunstige mikro­klimaat gebruik maak.

Samevatting

  • Deur proaktief op te tree tydens die droë seisoen, kan uitgetrapte grond voorberei word vir ’n somer met sterker, digter en meer voedsame weiding.
  • Veldverbetering verg beplanning en arbeid. Die langtermynvoordele vir produksie, grondgesondheid en biodiversiteit maak dit egter die moeite werd.
Tags: Sep/Okt 2025
Previous Post

Praktiese riglyne vir die 1ste tree in boerdery

Next Post

Good reasons to use black oats in crop rotation

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

15 Sep 2025
’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

15 Sep 2025
Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

15 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

15 Sep 2025
’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

’n Toekomsblik op aalwurmdoders in Suid-Afrika

15 Sep 2025
Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

Goedkoop glifosaat kan jou duur lesse leer

15 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In