• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Oct 21, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Vroue moet meer erns met hierdie pienk paartie hê

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

21 Oct 2025
in Dinamiese vennoot
Vroue moet meer erns met hierdie pienk paartie hê

Foto: Potchefstroom Herald

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Dis Oktober. Vroue sê opgewonde vir die naeltegnikus oorkant hulle dat hulle hul naels skelpienk wil hê. Dis mos borskankermaand.

E-posse word by die werk gesirkuleer waarin gevra word dat vrouepersoneel die volgende dag pienk moet aantrek. Buite gooi ons pienk poeier in die lug en dit maak die mooiste foto’s vir Facebook! Dis mos borskankermaand.

By Woolworths in die stad bestel ons ʼn cappuccino of latte en sê “cute!” as ons sien die houer waarin dit kom is pienk. Dis mos borskankermaand.

Maar hoeveel van ons begryp wérklik die boodskap wat bewusmakingsveldtogte tydens hierdie maand by ons wil tuisbring? Dat maandelikse selfondersoeke en jaarlikse mammogramme asook sonars die verskil tussen lewe en dood kan beteken.

My ma is in 2018 op 72-jarige ouderdom met fase-1 borskanker gediagnoseer nadat ʼn knop in haar linkerbors danksy ʼn sonar ontdek is. ʼn Biopsie het beaam dis kanker. Die knop is verwyder en ses weke van bestraling het gevolg. Dit was nie ʼn maklike reis nie, maar sy was kort hierna in remissie.

Sy was vandag (21 Oktober) weer vir haar jaarlikse ondersoek en op 80-jarige ouderdom is sy steeds kankervry.

My risiko vir borskanker is hoog – nie net omdat ʼn direkte familielid dit gehad het nie – maar ook omdat ek 40 jaar oud is en nog nooit swanger was of geborsvoed het nie. Die verwysingsbrief wat die dokter al in Januarie vir my geskryf het om te gaan vir ʼn mammogram en sonar, lê nog netso in my lessenaar se laai. En ek kan nie onthou wanneer laas ek my borste self ondersoek het nie.

Ek is een van die 65% van vroue wat aan ʼn mediese fonds behoort, aldus ʼn artikel op Netwerk24, wat die afgelope vyf jaar nié ʼn mammogram ondergaan het nie. Die meeste mediese fondse betaal een mammogram vir vroue 40 jaar en ouer per jaar omdat dit as voorkomend beskou word.

Soveel as 57% van Suid-Afrikaanse vroue word met gevorderde fases (3 en 4) van borskanker gediagnoseer, wat die belangrikheid van gereelde borsondersoeke en mammogramme beklemtoon.

Ons is besig, skerm ons. Ons moet ten minste ʼn halwe dag se siekverlof neem om na Potchefstroom of Klerksdorp te reis om ʼn mammogram te ondergaan. Wie het nou tyd vir dit?

Totdat die groot K jou pad kruis. Nie dié van ander mense nie, maar joune. Dan kon daardie paar uur uit jou besige skedule jou moontlik weke of selfs maande se trane en uitmergelende behandeling in die vorm van bestraling of chemoterapie gespaar het.

NWK beplan ʼn groot aksie vir volgende week om borskankermaand af te sluit, waarvan die besonderhede binnekort op ons sosialemediaplatforms sal verskyn.

Koop gerus daardie pienk koekie en dra die pienk tutu straataf tydens die pretloop. Dis góéd om bewusmaking hieroor te skep en góéd om daaroor te praat. Dit gaan egter op niks góéd uitloop as dit ons nie aanspoor tot aksie nie!

Tags: Sep/Okt 2025
Previous Post

Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

Recommended

Vroue moet meer erns met hierdie pienk paartie hê

Vroue moet meer erns met hierdie pienk paartie hê

21 Oct 2025
Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

8 Oct 2025
Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

30 Sep 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Vroue moet meer erns met hierdie pienk paartie hê

Vroue moet meer erns met hierdie pienk paartie hê

21 Oct 2025
Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

Nuwe DJI T100 vlieg van AgTech@NWK se rakke

8 Oct 2025
Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

Kry só ’n grasgroen, onkruidvrye grasperk

30 Sep 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In