• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Mar 24, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Bek-en-klouseer skep ’n regsrisiko

Harm Bronkhorst

24 Mar 2026
in Nuus
Bek-en-klouseer skep ’n regsrisiko
Share on Facebook

Bek-en-klouseer (BKS) is ’n ernstige aansteeklike dieresiekte wat Suid-Afrika se veebedryf bedreig. BKS hou nie net biologiese en ekonomiese risiko’s in nie, maar het ook ingrypende regsimplikasies vir produsente.

Wanneer ’n bek-en-klouseer-uitbreking plaasvind, is die vraag nie net wie geraak word nie, maar ook wie die regsplig dra, en wat die gevolge is indien dit nie nagekom word nie.

Die regsraamwerk

Die bekamping en beheer van BKS word hoofsaaklik gereguleer deur die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984, oftewel die 1984-Wet), asook die regulasies wat ingevolge die 1984-Wet uit­gevaardig is. Die 1984-Wet skep ’n verpligte en afdwingbare stelsel van siektebeheer, waarin beide die staat én die produsent ’n rol speel.

Die Wet op Dieregesondheid (Wet 7 van 2002, oftewel die 2002-Wet) is in 2002 gepromulgeer, maar het nog nie in werking getree nie. Sodra dit in werking tree, sal dit die 1984-Wet herroep. Sommige publikasies verwys na die 2002-Wet asof dit reeds geld, en dit kan produsente verkeerd inlig oor hulle verpligtinge. Die 1984-Wet is tans die geldende regsraamwerk vir die beheer van BKS in Suid-Afrika.

Volgens die 1984-Wet is dit duidelik dat BKS ’n beheer­de siekte is, wat beteken dat spesiale maatreëls geld sodra daar ’n vermoede of be­vestiging van ’n uitbreking is.

Wie is waarvoor verantwoordelik?

DIE STAAT

Die staat, verteenwoordig deur nasionale en provinsiale dienste vir dieregesondheid, is verantwoordelik vir:

  • Die afkondiging van beheer- of kwarantyn­gebiede.
  • Die uitreiking van ’n bewegingsverbod- of permitstelsels.
  • Toesig, inspeksies en monitering.
  • In sekere gevalle, bevele vir die uitskot van diere.

Dit beteken egter nie dat die staat alleen aan­spreek­lik is vir die beheer van BKS nie.

DIE PRODUSENT

Die 1984-Wet plaas ’n swaar en direkte verantwoordelikheid op die produsent self. ’n Produsent is onder meer verplig om:

  • Onmiddellik ’n vermoede van BKS by die naaste staatsveearts aan te meld (Artikel 11(1)(b)(ii) van die 1984-Wet).
  • Alle redelike biosekuriteitsmaatreëls op plaasvlak toe te pas (Artikel 11(1)(a) van die 1984-Wet).
  • Nie diere, karkasse, produkte, voer of toerusting te verskuif in stryd met regulasies of permitvereistes nie (Artikel 12(4) van die 1984-Wet).
  • Inspekteurs toegang tot die plaas te verleen (Artikel 16 van die 1984-Wet).
  • Streng te voldoen aan enige opdragte wat ingevolge die Wet uitgereik word (Artikel 15 van die 1984-Wet).

Dit is belangrik om te besef dat onkunde of verkeerde oordeel oor simptome nie ’n geldige verskoning bied nie.

Biosekuriteit: ’n Regsplig, nie ’n keuse nie

Biosekuriteit is nie bloot ’n aanbeveling of beste praktyk nie – dit is ’n regsplig. Voorbeelde van verwagte maatreëls sluit in:

  • Beheer van toegang tot die plaas.
  • Ontsmetting van voertuie, toerusting en skoene.
  • Kwarantyn van nuwe of terugkerende diere, of diere wat simptome van die siekte toon.
  • Rekordhouding van diere se bewegings.

’n Produsent wat nalaat om redelike biosekuri­teitsmaatreëls toe te pas, kan regsgevolge in die gesig staar, selfs al was daar geen kwaadwilligheid nie.

Gevolge van nie-nakoming

Nie-nakoming van die 1984-Wet kan ernstige gevolge hê, waaronder:

  • Strafregtelike vervolging, wat boetes of gevangenisstraf kan insluit.
  • Siviele aanspreeklikheid indien ’n ander persoon skade ly weens nalatigheid.
  • Verlies van marktoegang en kontraktuele gevolge.
  • Moontlike versekeringseise wat afgekeur word weens regulatoriese oortredings.

Daarbenewens kan die reputasieskade aan ’n produsent of streek langdurig wees.

Samevatting

  • BKS is nie net ’n veeartsenykundige krisis nie – dit is ook ’n regsrisiko.
  • Die 1984-Wet vereis van produsente om pro­aktief, waaksaam en samewerkend op te tree.
  • In ’n omgewing waar die verspreiding van siektes ’n hele bedryf kan ontwrig, is nako­ming van die regsraamwerk nie onderhandelbaar nie.
  • Vir produsente beteken dit eenvoudig dat goeie biosekuriteit en tydige rapportering nie net goeie boerderypraktyke is nie – dit is die wet.
Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Vroueboer mik nou vir platinum-toekenning om pa se nalatenskap te eer

Next Post

Why we jump to conclusions (and how to stop)

Recommended

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

24 Mar 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

24 Mar 2026
Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

24 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

24 Mar 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

24 Mar 2026
Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

24 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In