• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Mar 24, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

IDENTIFISEER die oorsaak van pers verkleuring

Rachel du Preez, Bestuurder: Presisieboerdery, AgTech@NWK

24 Mar 2026
in Tegniek
IDENTIFISEER die oorsaak van pers verkleuring
Share on Facebook

Optimale daaglikse groeitoestande lei normaalweg tot die produksie van hoë konsentrasies suiker-fotosintate in die blare.

Tipies word hierdie suikers oornag gemetaboliseer en na ander dele soos die ontwikkelende wortels en stingels getranslokeer. Koel nagtem- perature of ander stresfaktore wat wortelontwikkeling beperk, kan ’n opeenhoping van sui­kers in die blare en daardeur pers verkleuring veroorsaak.

Rooipers verkleuring van mielieblare ontstaan deur die ophoping van antosianienpigmente. Dit gebeur wanneer suikers in die blare en stingels vinniger ophoop as wat die plant dit kan benut.

Kultivar-spesifieke reaksie

Die meeste mieliekultivars dra gene wat antosianienproduksie stimuleer, wat tot die pers verkleuring kan lei.

Kultivars wat verskeie koue-sensitiewe antosianiengene bevat, is meer geneig tot die pers verkleuring van blare wanneer grond- en lugtemperature laag is tydens die vroeë vegetatiewe stadiums. Kultivars wat veelvuldige gene bevat wat pers verkleuring veroorsaak, kan ook meer opvallend wees as ander kultivars wat onder dieselfde veldtoestande groei.

Namate geaffekteerde mielieplante se klein wortelstelsels in groter en vinnig groeiende nodale wortelstelsels ontwikkel, is plante beter in staat om suikers vanuit die blaarweefsel na die wortels te herverdeel en begin mielieplante weer groen word. Geneties veroorsaakte pers verkleuring kom gewoonlik eenvormig voor by spesifieke kultivars, wat dit maklik van ander oorsake onderskei.

Invloed van wortelstremming en fosforbeskikbaarheid

Alhoewel sommige kultivars meer geneig is tot pers verkleuring, kan dit by enige kultivar voorkom as plante nie voldoende fosfor kan opneem nie. Pers verkleurings kan selfs voorkom wanneer grondfosforvlakke normaal is, maar wortelontwikkeling deur omgewings-, bestuurs- of plaagfaktore vertraag word.

Die toediening van bykomende fosfor aan pers mielies wanneer grondontledings voldoende waardes toon, sal waarskynlik nie tot ’n opbrengsverhoging lei nie.

Foto 1: Die pers verkleuring van mielies in die R4-groeistadium, Excelcior-gebied, 2025.

Invloed van pers verkleuring op opbrengspotensiaal

Opbrengsverliese as gevolg van die pers verkleuring van blare hang grootliks af van die onderliggende oorsaak van die simptome.

  • Tydelike stres, soos koel temperature of nat grondtoestande, kan wortelontwikkeling vertraag. Namate toestande verbeter, herstel die plante dikwels sonder ’n noemenswaardige opbrengsverlies.
  • Aanhoudende stres, soos grondverdigting of onkruiddoderskade, kan langer in die groeiseisoen voortduur en moontlik ’n groter impak op die opbrengspotensiaal hê, afhangende van die oorspronklike oorsaak.
  • ’n Fosfortekort kan beduidende opbrengsverliese veroorsaak en behoort in toekomstige voedingsbestuur ingesluit
    te word.
  • Kultivars wat geneties meer geneig is tot pers verkleuring, herstel gewoonlik vinnig namate die temperatuur styg en nodale wortels ontwikkel, met min tot geen invloed op die opbrengspotensiaal nie.
Foto 2: Die pers verkleuring van mielies in die vroeë vegetatiewe groeistadium, Koster-gebied, 2025.
Foto 3: Hier is die pers verkleuring van mielies in die R4-groeistadium duidelik sigbaar.

Onderskeiding tussen genetiese pers verkleuring en fosfortekort

Produsente kan onderskei deur die volgende (sien Figuur 2):

  • Kleurverspreiding

o   Eenvormige pers verkleuring oor die hele land dui waarskynlik op ’n genetiese oorsaak.

o   Onreëlmatige, kol-kol verkleuring dui moontlik op fosforbeperking.

  • Groeistadium
    Indien pers verkleuring ná die saailingstadium (meer as ses tot agt blare) voortduur, dui dit waarskynlik op ’n fosfortekort.

Oorsake van vertraagde wortelontwikkeling wat pers verkleuring van blare kan veroorsaak:

  • Grond-pH se invloed op P-beskikbaarheid
  • Koel grond- en lugtemperature
  • Grondverdigting
  • Planter-sywandverdigting
  • Vlak plantdiepte
  • Kunsmisbrand (te veel soute met plant)
  • Nat versadigde gronde
  • Saailingsiektes
  • Insekbeskadiging van plantwortels
  • Oormatige toediening van onkruiddoder

Bron: Syngenta VSA, 2024

Figuur 1: Dwarssnee van mielieblaarweefsel wat die ophoping van antosianienpigmente toon. Let op dat die pers pigmentasie in die boonste sellaag gevorm word en nie die chlorofilinhoud van die plant beïnvloed nie.
Bron: Jeschke M, 2026
Figuur 2: Onderskeiding tussen genetiese pers verkleuring en ’n fosfortekort.

Samevatting

  • Dit is noodsaaklik dat produsente die onderliggende oorsaak van pers verkleuring korrek identifiseer voordat bestuursbesluite geneem word.
  • Deur grond- en plantontledings, asook veldwaarnemings doeltreffend te gebruik, kan onnodige insetkoste vermy word en voedings- en bestuurspraktyke doelgerig aangepas word.
  • ’n Goeie begrip van pers verkleuring dra by tot beter besluit­neming en die beskerming van die mielie-opbrengspotensiaal.

Bronnelys

Jeschke M, 2026. Purple corn syndrome. Pioneer® Seeds. Beskikbaar by:
https://www.pioneer.com/us/agronomy/purple-corn-syndrome.html [Toegang 6 Februarie 2026]

Madson A, 2025. Why do corn leaves and stalks turn purple under drought conditions, and can it be resolved? Crop Science US. Beskikbaar by: https://www.cropscience.bayer.us/articles/channel/why-do-corn-leaves-and-stalks-turn-purple-under-drought-conditions [Toegang 6 Februarie 2026]

Syngenta US, 2024. Causes of early-season purple corn. NK Seeds Blog. Beskikbaar by: https://www.syngenta-us.com/seeds/nk/blog/causes-of–early-season-purple-corn [Toegang 6 Februarie 2026]

Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Why we jump to conclusions (and how to stop)

Next Post

Die rol van KUK en grondkolloïede in landbou

Recommended

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

24 Mar 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

24 Mar 2026
Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

24 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

24 Mar 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

24 Mar 2026
Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

24 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In