• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Mar 24, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

24 Mar 2026
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Beheer winteronkruid betyds

Onkruide kompeteer sterk met kontantgewasse, terwyl dit ook sterk in wisselende omgewingstoestande kan gedy. “Meer as twee derdes van alle onkruidspesies is breëblaarspesies (dikotiele), waarvan probleem-winteronkruide dan ook meestal breëblaar is,” verduidelik Eric Louw, bestuurder: Presisieboerdery by AgTech@NWK.

Die enigste grasse wat in die winter probleemonkruide kan wees, is meerjarige grasse, soos kweekgras (Cynodaon dactyon) en beesgras (Urochloa mosambicensis). Die algemeenste winteron­kruide in veral Noordwes en die Vrystaat is radiatorbossie (Senecio consaquineus), vaalskraalhanse (Conyza spp.) en bloudissel (Argemone ochroleuca).

Sommige onkruidspesies kan wel ook laat in die somer begin ontkiem en deur die winter saad stort. Dit sluit in kakiebos (Tagetes minuta), kleinkakiebos (Schkuhria pinnata), knapsekêrels (Bidens spp.) en Kaapse dubbeltjie (Emex australis). Hierdie onkruide moet net soos winteronkruide ook doeltreffend beheer word, meganies en/of chemies.

Winteronkruid kom tipies in April en Mei op. Volgens Eric is laat April en begin Mei ’n goeie tyd om hierdie onkruide by wyse van oorhoofse bespuitings in mielies met glifosaat in Roundup Ready-kultivars te beheer. In wye rye (2,3 m) kan dit meganies by wyse van vlak skoffelbewerkings gedoen word.

Onkruidbeheer in hierdie stadium help om die lande in die winter skoon te kry. Hierdie praktyk word sterk aanbeveel omdat dit daartoe bydra om meer grondvog na die volgende seisoen oor te dra, en dit help ook betekenisvol om lande ná stroop te kan bewerk.

Omdat winteronkruide sterk kompeteerders is, moet dit beheer word om welige groei en saadstorting in die winter te bekamp.

  • Eerstens sal winteronkruide grondvog verbruik en die grondvog dus aansienlik verlaag.
  • Tweedens word die winteronkruidsaadbank in die grond elke jaar aangevul, wat die probleem mettertyd net sal vererger.
  • Winteronkruide ryp ook nie dood soos someronkruide nie.
  • Swamsiektes kan ook op onkruide as gasheerplante, oorwinter.

Onthou dat onkruide in die wintermaande nie as “dekgewasse” gesien kan word nie omdat die kompeterende uitwerking vir grondvog van die aktief groeiende onkruide te sterk is. Bewerking tydens die wintermaande word nie aanbeveel nie, aangesien die verlies aan grondvog dan te groot is.

“Met die huidige swak La Niña wat na neutraal neig, met die waarskynlike oorgang na ’n sterk El Niño in die volgende seisoen, is grondvogbestuur uiters belangrik, en daarmee saam ook uitnemende onkruidbeheer,” noem Eric.

Veeprodusente, neem kennis

Bek-en-klouseer (BKS) is beslis ’n onderwerp wat nou baie aandag geniet. Pieter le Roux, hoof- vee-en-weidingkundige by NWK, deel enkele notas oor dié siekte wat veeprodusente tans treiter.

BKS is ’n hoogs aansteeklike virale siekte, wat veroorsaak word deur ’n RNA-virus uit die Picornaviridae-familie, genus Aphthovirus. Daar is tans geen volledig nagevorsde en bewese middels vir die behandeling van diere met BKS nie. Die behandeling van siek diere fokus dus op die opbou van immuniteit in die dier om hom in staat te stel om die infeksie te beveg.

Besmette diere toon simptome soos depressie, die kop en ore hang, hulle lê meer, raak geïsoleer van die trop en hul voerinname verlaag. Die opvallendste simptome van BKS is pynlike blase en sere op die tong, mond en hoewe, wat vreet en beweiding ernstig bemoeilik.

Die behandeling van reeds geïnfekteerde diere fokus dus op die diere se gemak, vermindering van stres en pynverligtingsmiddels. Voorkomende maatreëls fokus op ’n gesonde dier met die hoogste immuniteitsvlak. Dit word verkry deur die korrekte en voldoende beheer van alle ander uitdagings, soos inwendige en uitwendige parasiete, korrekte vlakke van mine­raal- en vita­mien­aanvullings, asook die korrekte voedingsvlakke.

Die oormatige gebruik van antibiotika kan die mikrobe-popu­lasie in die rumen negatief beïnvloed en moet met versigtigheid hanteer word. Dit geld veral vir kalwers wat geïnfekteer raak. Dit is moontlik om die totale mikrobe-populasie in die jong dier se rumen só uit te wis, wat beteken dat die dier se rumen “gaan staan” en hy van honger vrek.

Gesonde diere moet op ’n kondisiepunt van minstens 3/5 wees. Maak seker dat daar genoegsame ruvoer beskikbaar is en dat hulle die nodige aanvullings ontvang om hierdie kondisie te behou. Onderhou diere met ’n somer- of fosfaatlek in die somer om genoeg fosfaat te voorsien, asook ’n hoë ureum-winterlek om genoeg degradeerbare proteïen en fosfaat te voorsien. Diere wat produseer (laktasie of groei), moet veral in die winter bykomende energie ontvang, wat in die vorm van ’n energielek voorsien word.

INENTING

Met die skryf van hierdie inligting was die staat besig om entstowwe na Suid-Afrika in te voer, met die doel om mettertyd die nasionale kudde in geheel teen BKS in te ent. Dit gaan ’n enorme taak wees en alhoewel inligting stadig deurkom oor hoe die proses uitgerol gaan word, is daar nie twyfel daaroor dat dit die enigste manier is om die siekte oor die lang termyn die hoof te bied nie.

Dit is logies dat diere identifiseerbaar moet wees (en ook geografies gekoppel kan word aan ’n spesifieke ligging) om rekord te kan hou van watter diere waar en wanneer geënt is, veral waar diere herhaaldelik geënt moet word. Die uitrol van hierdie proses is nog nie duidelik nie en daar bestaan baie vrae, byvoorbeeld hoe dit in die kommunale sektor gaan werk.

Nietemin word samewerking met die owerhede sterk aanbeveel om soveel moontlik inligting vas te lê om beter beheer te kan verkry. Dit is veral belangrik om die siekte se voorkoms aan te meld, aangesien hierdie inligting onder andere gebruik word om die toekenning van entstowwe te prioritiseer.

Volg dus die voorgeskrewe reëls rondom permitte vir die beweging van diere, versterk die biosekuriteit op die plaas, bewaar diere se ID- en bewegingsrekords en rapporteer simptome dadelik aan staatsveeartse.

Diefstal in Noordwes in die kollig

Die huidige situasie rakende veediefstal is tydens Noordwes se provinsiale veediefstal-voorkomingsvergadering in Februarie bespreek. Tekortko­mings in vonnisoplegging en vervolging is tydens die vergadering uitgelig. Die doeltreffendheid van veediefstal-inligtingsentrums is ook geëvalueer en aanbevelings is gedoen om voorkomings- en reaksiepogings te versterk. Kolonel Cecilia Moumakwa, Noordwes se provinsiale bevelvoerder, het die lig geskyn op veediefstalstatistieke tussen Oktober en Desember 2025.

Tags: MRT/APR 2026
Previous Post

Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

Next Post

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Recommended

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

24 Mar 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

24 Mar 2026
Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

24 Mar 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

Die nuwe generasie jong boere is ’n riem onder die hart

24 Mar 2026
Landbou vandag

Landbou vandag

24 Mar 2026
Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

Die kern van presisieboerdery: Grondpotensiaal, gewaspotensiaal en chemiese status

24 Mar 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In