• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Nov 17, 2026
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technical
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

KI se waarde: Korter dekseisoen, beter resultate

Dawid van Heerden, Veekundige

17 Nov 2026
in Tegniek
KI se waarde: Korter dekseisoen, beter resultate

Met behulp van KI, kan meer kalwers op dieselfde tyd gebore word.

Share on Facebook

‘n Kompakte dekseisoen dien as die hoeksteen van suksesvolle veeboerdery. Dit stel die produsent in staat om vee se voedingsbehoeftes op verskeie produksietye met veldvoorsiening te belyn. Kunsmatige inseminasie (KI) kan as hulpmiddel gebruik word om die implementering van ‘n dekseisoen te bewerkstellig.

VEEPRODUKSIE op natuurlike veldweidings is afhanklik van die veld se gehalte voedingswaarde (Tabel 1). Aangesien die gehalte van veldweiding gedurende die droë seisoen aansienlik swakker is as dié van die nat seisoen, behoort ‘n seisoenale dek- en kalfseisoen gevolg te word wat by die veld se produksiesiklus aangepas is.

Tabel 1: Voedingswaardes van soet- en suurveld gedurende verskillende tye van die jaar.

Die koeie se voedingsbehoeftes kan beter met die veld se produksiepotensiaal belyn word deur die kudde se reproduk­siesiklus doelbewus met die weiding se seisoenale beskikbaarheid en voedingswaarde te sinkroniseer – Tabel 2. Dit verlaag die behoefte aan aanvullende voeding gedurende belangrike produksiestadiums en bevorder beide reproduksie- en produksieprestasie.

Tabel 2: Die voedingsbehoeftes van koeie gedurende verskillende produksiestadiums.

Bykomende voordele van ‘n kompakte dek- en kalfseisoen sluit die volgende in:

  • Vergemaklik bestu (Spesifieke bestuursaksies kan op voorafbepaalde tye plaasvind.)
  • Verbeter seleksie van diere.
  • Verbeter diereprestasie en produksie.
  • Kalweroes is eenvormiger.
  • Kalwers word dieselfde tyd markgereed.

Die gebruik van kunsmatige inseminasie (KI) word sterk aanbeveel om ‘n kompakte dekseisoen te handhaaf, aangesien die vroulike diere kort voor die aanvang van die dekseisoen hormonaal gesinchroniseer word. Dit verseker dat al die vroulike diere vir die eerste keer gedurende die dekseisoen op ongeveer dieselfde tyd bronstig word en gedek word.

Normaalweg sal ongeveer 55% van die koeie met die eerste dekking of KI dragtig word, wat daartoe lei dat ongeveer die helfte van die kudde binne die eerste week van die kalfseisoen sal kalf. ‘n Opvolgbul kan vervolgens gebruik word om die koeie wat nie met die aanvanklike kunsmatige inseminasie dragtig geraak het nie, sowel as koeie wat weens vroeë embrionale resorpsie (verlies van die dragtigheid binne ongeveer 14 dae ná bevrugting) nie dragtig gebly het nie, binne ‘n kort opvolgtydperk weer te dek.

Die opvolgbul kry minstens twee geleenthede oor ‘n tyd­perk van ongeveer 47 dae om slegs ongeveer 45% van die kudde te dek. Gevolglik kan ‘n kleiner bul-tot-koei-verhouding gehandhaaf word.

Tydens navorsing deur die Western Beef Development Centre, is twee groepe van 40 Angus-koeie tussen die ouder­domme van drie tot vyf jaar in die twee verskillende stelsels vergelyk. In vergelyking met natuurlike dekking, het KI met ‘n opvolgbul beter resultate gelewer in terme van die dragtigheids-, kalf- en speenpersentasie – Tabel 3. Alhoe­wel die kalfverspreiding soortgelyk was in beide groepe, is meer kalwers in die eerste 21 dae by die KI-groep gebore as by die natuurlike dekkingsgroep (30 teenoor 27).

Tabel 3: Vergelyking van kunsmatige inseminasie met behulp van ‘n opvolgbul teenoor natuurlike dekking.
Aangepas vanuit Beef Cattle Research Council, Kanada.

Die studie se fokus was om die twee stelsels se doeltreffendheid ten opsigte van bestuur en finansiële uitkomste met mekaar te vergelyk. Alhoewel KI ‘n betekenisvolle uitgawe was, het die addisionele inkomste weens meer speenkalwers die KI-stelsel meer winsgewend as natuurlike dekking gemaak.

Koeie wat in die eerste gedeelte van die kalfseisoen gekalf het, het ‘n beter kans om weer dragtig te raak in die volgende dekseisoen omdat hulle langer tyd het om te herstel, in vergelyking met koeie wat aan die einde van die seisoen kalf. Kalwers wat aan die begin van die kalfseisoen gebore word, is ook weens hul ouderdomsvoordeel swaarder by speen as die gemiddeld.

Hier word kunsmatige inseminasie (KI) toegepas in Tal-Tec se veeklamp (vet clamp).

Samevatting

‘n Kompakte kalf- en dekseisoen is ‘n steunpilaar vir doeltreffende veeboerdery. Kunsmatige inseminasie werk as ‘n doeltreffende hulpmiddel om so ‘n kompakte dekseisoen te bestuur.

Deur KI binne ‘n goed beplande teelprogram te gebruik, kan die produsent meer koeie vroeg in die dekseisoen diens en sodoende die kalfseisoen meer kompak hou. Die verbeterde kalfversprei­ding wat hieruit kan volg, is ‘n verdere voordeel van KI.

Bronnelys

  • https://www.beeca/fact-sheets/comparison-­of-fixed-time-artificial-insemination-vs-natural-service-in-beef-cows-reproductive-efficiency-and-system-cost/
  • Niel Tainton, Veld management in South Africa (2013). University of KZN Press
Tags: Nov/Des 2026
Previous Post

´n Bul se waarde lê nie in sy prys nie


Recommended

KI se waarde: Korter dekseisoen, beter resultate

KI se waarde: Korter dekseisoen, beter resultate

17 Nov 2026
´n Bul se waarde lê nie in sy prys nie

´n Bul se waarde lê nie in sy prys nie

17 Nov 2026
Healthy soil enhances soybean production

Healthy soil enhances soybean production

17 Nov 2026

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

KI se waarde: Korter dekseisoen, beter resultate

KI se waarde: Korter dekseisoen, beter resultate

17 Nov 2026
´n Bul se waarde lê nie in sy prys nie

´n Bul se waarde lê nie in sy prys nie

17 Nov 2026
Healthy soil enhances soybean production

Healthy soil enhances soybean production

17 Nov 2026

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In