• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Vetverspreiding dié kampioen se sleutel tot die kroon

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

21 Nov 2023
in Nuus
Vetverspreiding dié kampioen se sleutel tot die kroon

Damian Smith (middel) van Bulskop Boerdery is die wenner van Hoërskool Lichtenburg se Vetveeskou. Links staan Michael Bondesio (sporthoof van die skool) en regs is die reserwekampioen, Peet Nieuwoudt van SH Niemand & Seun.

Share on Facebook

Die wenner van Hoërskool Lichtenburg se Vetveeskou beskou sy toekenning as ‘n “dubbele waarborg dat hy op die regte pad is”, omdat sy werk as voerkraalbestuurder vir hom ‘n passie is.

Damian Smith, voerkraalbestuurder van Bulskop Boerdery tussen Potchefstroom en Ventersdorp, is Donderdag as die enkel- en groepkampioen van dié skou aangewys nadat hy met punte van 95,96 (enkel) en 93,90 (groep) tydens die aan hak beoordeling kon spog.

Hy het in reaksie op sy oorwinning gesê dat hierdie titel goeie blootstelling is omdat hulle hul eie vleis bemark. “Dit dien as bewys dat ons die mark van goeie kwaliteit vleis voorsien en nie sommer net ‘n klomp diere bymekaar sit en hoop vir die beste nie,” het hy bygevoeg.

NWK Retail asook NWK Online was trotse hoofborge van dié skou wat sedert 2018 aangebied word. Dit is verlede jaar nie gehou nie weens die uitbreking van bek-en-klouseer.

Vet tel meer as spiere

Bulskop Boerdery se Damian Smith by sy wenkarkasse.

Damian sê dat hy, met die oog op ‘n skou, diere selekteer met eienskappe wat hy weet beoordelaars soek. “Vetverspreiding tel meer as bespiering. Dit maak dit aansienlik moeiliker, aangesien dit maklik is om ‘n bespierde kalf raak te sien. Om vet onder die vel raak te sien, is nie so maklik nie,” verduidelik hy.

Sy raad aan ander produsente wat hul hand aan hierdie skoue wil wag, is om goeie kwaliteit kalwers maande voor ‘n kompetisie uit te soek. “Dit help nie jy begin met ‘n swak kalf nie. Gaan deur hulle almal en identifiseer die diere wat jy dink potensiaal het om goed te vaar in ‘n kompetisie.”

Hy raai produsente aan om maand ná maand deur hierdie diere te loop en diegene met meer potensiaal te identifiseer. Damian benadruk: “Moenie net na bespiering kyk nie, maar kyk hoe lyk sy vetneerlegging. Jy moet ‘n goeie balans vind.”

Dit is waar ‘n goeie rantsoen onontbeerlik is. “As jy ‘n swak rantsoen voer, gaan jy sukkel om die regte tipe karkas te lewer. Jy moet uit die staanspoor ‘n gebalanseerde rantsoen voer waarmee jy eers raam bou en dan vet aansit.”

Bulkskop Boerdery maak gebruik van voedingkundiges wat rantsoene spesifiek volgens hulle teikens formuleer. “Ons begin met ‘n rantsoen met ‘n hoë proteïeninhoud en skuif dan later ons fokus na een met meer energie. Ruvoer bly deurlopend hoog om die diere se rumengesondheid te verseker.”

Damian klas potensiële deelnemende diere deurlopend. Sowat twee weke voor die kompetisie selekteer hy streng deur die diere se bouvorm van voor tot agter na te gaan: Boude, blaaie, lendes en oogspiere. “Ek kyk na die sprong van die rib, hoe breed die dier is, sy lengte en natuurlik die vetverspreiding. Jy kies dan jou bestes en hopelik het jy jou wenkalf.”

‘n Goed georganiseerde skou

Albertus du Toit, ‘n beoordelaar van SAMIC, het die organiseerders geloof vir ‘n goed georganiseerde skou.

Hy het Damian se raad beaam deur deelnemers aan te raai om te werk aan hul vetverspreiding. “Die lende en voorkwarte van deelnemende diere het begin plat raak. Ons soek diere met ‘n hoër vetpersentasie,” het hy verduidelik.

Uitslae

Peet Nieuwoudt van SH Niemand & Seun was die enkel op hoef wenner van die Vetveeskou.

Op hoef – enkelkampioen

  1. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)
  2. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)
  3. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)

Op hoef – groepkampioen

  1. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)
  2. Bulskop Boerdery (Damian Smith)
  3. Bulskop Boerdery (Damian Smith)

Op hoef – enkel super-os

  1. PC Ondernemings (Petrus Boshoff)
  2. PC Ondernemings (Petrus Boshoff)
  3. Bulskop Boerdery (Damian Smith)

Op hoef – groep super-os

  1. SH Niemand & Seuns (Peet Nieuwoudt)
  2. Bulskop Boerdery (Damian Smith)
  3. JT Voerkraal (Tony Teixeira)

Aan hak – enkelkampioen

  1. Bulskop Boerdery (Damian Smith)
  2. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)
  3. SH Niemand & Seun (Peet Niewoudt)

Aan hak – groepkampioen

  1. Bulskop Boerdery (Damian Smith)
  2. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)
  3. SH Niemand & Seun ( Peet Nieuwoudt)

Aan hak – enkel super-os

  1. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)
  2. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)
  3. SH Niemand & Seun (Peet Nieuwoudt)
Die Vetveeskou se reserwekampioen – SH Niemand & Seun se Peet Nieuwoudt.
Tags: Nov/Des 2023
Previous Post

Nuwe tegnologie verlig knelpunte in landbou

Next Post

Optimale besproeiing gee ’n groter opbrengs


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In