• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

14 Mar 2024
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Berghaan (bateleur)

Share on Facebook

Kom haal ’n kat vir die plaasmuise

Katte is uiters doeltreffend om knaagdierplae op plase onder bedwang te bring. Lichtenburg Dierewelsyn het te veel katte om in hulle hokke te huisves. Wilde katte pas in elk geval nie goed aan in geslote ruimtes nie en daarom poog dié welsynsorganisasie om hulle sover moontlik op plase in die omgewing te vestig.

Die katte word vooraf gesteriliseer en produsente moet bloot gewillig wees om hulle van skuiling, kos en die nodige versorging te voorsien. “Ons het al baie suksesvolle plasings in die verlede gehad en wil boere graag aanmoedig om van hierdie katte na hul plase te neem,” sê Nicole van Gessellen, ’n vrywilliger by die organisasie.


Cassie Buys, ’n produsent in die Gerdau-omgewing, is een só ’n gelukkige klant. Lichtenburg Dierewelsyn het rondloperkatte wat by Lichtenburg se landboumuseum geskuil het aan Cassie oorhandig, wat hy op sy plaas gevestig het. Hy sê die teenwoordigheid van die katte by sy stoor hou rotte en selfs slange weg.

Carien en Philip van den Berg boer in die Ottosdal-omgewing en het ook katte ingeneem wat op verskeie persele gevind is. “Hulle kry elke dag kos en melk en het intussen redelik mak geword. Ons rotprobleem is iets van die verlede. Ons kinders geniet dit ook om die katte op die kameras dop te hou,” het hulle vertel.

As jy ’n kat wil inneem, kontak asseblief Lichtenburg Dierewelsyn by 071 313 9248 of 082 856 1451.

2024 se voël van die jaar

Die berghaan (Terathopius ecaudatus), wat ook as ’n bateleur bekend staan, is 2024 se voël van die jaar. Die Latynse woord, ecaudatus, beteken stertloos en dié mediumgrootte arend het ’n baie kort stert, wat veral tydens vlug gesien kan word.

Vrylating breek ’n rekord

Die eerste fase van ’n reuseprojek om die toekoms van die wilde aasvoëlbevolkings in Suider-Afrika te verseker, het op Sondag, 25 Februarie, met groot sukses plaasgevind. Altesaam 163 krans- en witrugaasvoëls is na hul nuwe tuiste by Shamwari Privaat Wildreservaat verplaas.

Die projek, wat danksy samewerking tussen Shamwari, VulPro (die nie-winsgewende aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing), die logistieke maatskappy DHL en WeWild Africa van stapel gestuur is, is een van die grootste verskuiwings van aasvoëls wat nog ooit in die wêreld onderneem is.

Dit het noukeurige beplanning geverg om 50 vrywilligers te kry om hierdie uiters bedreigde voëlspesie binne ’n rekordtyd van 2,5 ure gelaai te kry vir die 1 042 km-reis, wat meer as 18 ure geduur het. Twee plaaslike veeartsenykundiges het die span gelei en die voëls se welsyn deur die hele proses verseker. Klik op die skakel om ’n video van die vrylating te sien.
https://www.facebook.com/watch/?v=916282850022681

Oliebad vervang met skuimbad

Owl Rescue Centre in die Hartbeespoortomgewing se span het dié nonnetjie-uil (barn owl) uit ’n oliedrom gered. Ná ’n paar maande en sowat 20 skuimbaddens is sy weer haar ou self. Maak dus seker dat oliedromme wat op die plaas rondstaan, se deksels stewig toe is.

Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

Lichtenburg grain farmer wins prestigious award

Next Post

Keer die impak van klimaatsverandering met dekgewasse


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In