• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Sun, Jun 8, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Plant sonneblom betyds en geniet die voordeel van ‘n hoër premie

9 Sep 2024
in Dinamiese vennoot
Plant sonneblom betyds en geniet die voordeel van ‘n hoër premie
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Epko moedig produsente aan om in die nuwe plantseisoen nie te wag tot “50 Desember” voordat hulle sonneblom plant nie en só ‘n hoër premie vir hierdie gewas te ontvang. Dié sonneblomoliepersaanleg sal ‘n premie van R60 per ton vir elke persentasiepunt bo ‘n 40% olie-inhoud, betaal.

Tans vat talle van Noordwes se sonneblomprodusente hul opbrengste na aanlegte in Gauteng en Epko is vol vertroue dat hierdie premie beide die aanleg én produsente tot voordeel sal strek. Dit is mits hulle dié gewas tydens sy optimale plantseisoen plant ten einde ‘n hoër olie-inhoud te verkry.
“Produsente beskou sonneblom ongelukkig dikwels as ‘n laaste uitweg as hulle nie betyds in die lande kan kom om mielies en sojabone te plant nie,” verduidelik Schalk Brits, algemene bestuurder van Epko.

Olie-inhoud

In Suid-Afrika is die gemiddelde olie-inhoud van sonneblom 38% en baie afhanklik van die weer. Hoe vroeër produsente egter sonneblom plant, hoe beter is die olie-inhoud. Die ideale plantseisoen vir sonneblom is vanaf middel Oktober tot einde Desember.

Die olie-inhoud van sonneblom kan nou bykans oombliklik by die silo’s by Lottiehalte en Hibernia bepaal word en Epko sal die premies reeds teen einde Oktober betaal.

NWK Graan het bykans R3 miljoen spandeer op die toestelle wat by Lottiehalte en Hibernia se silo’s aangebring is om die olie-inhoud binne minute te kan bepaal.

Hoewel hierdie uitslae baie akkuraat is, kan produsente ‘n dispuut verklaar waarna Epko die sonneblom na ‘n onafhanklike laboratorium vir verdere ontleding sal stuur. Sou die resultate egter ooreenstem met dié van Epko, sal die produsent vir die ontleding moet betaal.

“As ‘n produsent dink hy het ‘n hoër olie-inhoud, kan hy reeds ‘n monster na Lottiehalte bring om te toets. Hy kan dan op grond van die uitslae self besluit of hy van die hoër premie gebruik gaan maak of dit eerder elders wil neem,” het Schalk bygevoeg.

Nie net sal sonneblom ‘n meer winsgewende gewas vir saaiprodusente wees om te verbou nie, maar Epko sal uiteraard meer olie ontvang.

Die aanleg is ook nie voorskriftelik oor die variëteit sonneblom wat aangeplant moet word nie.

Sonneblommeel beskikbaar

Produsente kan voorts sonneblommeel in losmaat by Epko aankoop om in hul voermengsels te gebruik. Dit kan op hul leningsrekeninge aangekoop word. Met ‘n proteïeninhoud van 35% en 20% vesel, is dit ‘n ideale, voedsame komponent van hierdie mengsels.

Dit is ook in kleinmaat – in sakke van 50 kg beskikbaar.

Vir navrae, skakel Epko by 018 632 1614.

Tags: Sep/Okt 2024
Previous Post

July/August 2024: Agricultural economic report

Next Post

Staptog ten bate van Liam ‘n kleurvolle sukses


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In