• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

Opbrengste maak produsente opgewonde oor sonneblom

Die artikel is geskryf deur Joubert Swanepoel, bestuurder van Agricol se sonneblomafdeling.

2 Nov 2020
in Promosie
Opbrengste maak produsente opgewonde oor sonneblom
Share on Facebook

Baie produsente was in hul skik met die afgelope seisoen se sonneblomaanplanting, met puik sonneblom-opbrengste wat nasionaal gerealiseer is. Ten spyte van bogemiddelde reënval in sekere gebiede en minder hitte, is die sonneblomaanplanting gekenmerk deur baie goeie graan- en olie-opbrengste.

Produsente wat die afgelope seisoen die AGSUN-sonneblomreeks geplant het, het weer eens die genot van dié reeks se opbrengsstabiliteit eerstehands ervaar. Hier volg etlike suksesverhale:

Ottosdal

Louwrens du Plessis van die plaas Rietkuil in die Ottosdal-omgewing het Agricol se vlagskip, die konvensionele kultivar AGSUN 8251, geplant. Soos altyd het dié kultivar se opbrengsstabiliteit weer bewys waarom dit steeds die beste konvensionele kultivar op die mark is, met ‘n gemiddelde opbrengs van 2,6 t/ha.

Louwrens glo daarin om ‘n sonneblomplantestand van 45 000 tot 50 000 plante per hektaar te plant, en om sy plantdatums te versprei om siekterisiko’s te beperk. Hy sê: “AGSUN 8251 het nog altyd vir my ‘n goeie oes gelewer. Ek realiseer ‘n goeie stand met dié kultivar se goeie opkoms en dit val nie deur die loop van die seisoen om nie, wat die stroopproses ook makliker maak. Sclerotinia is ook die afgelope seisoen aansienlik minder op AGSUN 8251 opgemerk as op ander kultivars.”

Reitz

Francois Steyn van die plaas Flores in die Reitz-omgewing plant al vir ‘n geruime tyd die Agsun-sonneblomreeks. Volgens hom is die kultivars in hierdie reeks van die beste wat op die mark beskikbaar is. Dit kan oor die lang termyn ‘n gemiddelde oes van 2 t/ha lewer. Die reeks se voordele is dat dit baie goed bestuif, ‘n goeie pitgewig het en goed aard in verskillende grondsoorte.

Hy het die afgelope seisoen AGSUN 5109CLP geplant en ‘n gemiddelde opbrengs van 2,6 t/ha daarop gerealiseer. Hy deel graag die volgende wenk met ander produsente: “Moenie kanse vat met lae bemesting op sonneblom nie. Sonneblom moenie geplant word met die idee van ‘n ‘vang-oes’ nie. Dit is ‘n belangrike wisselbougewas wat ‘n groot rol speel in konvensionele en minimumbewerkingstoestande vir die daaropvolgende gewasse wat geplant word.”

Wolmaransstad

Jannes Holtzhausen van die plaas Strydpoort in die Wolmaransstad-omgewing het die afgelope seisoen drie van Agricol se hoë-opbrengs Clearfield®Plus-sonneblombasters geplant, naamlik AGSUN 5103CLP, AGSUN 5106CLP en AGSUN 5109CLP.

Volgens hom kom die Agsun-sonneblomreeks baie sterk op, wat ‘n groot pluspunt is. Die kultivars se skepelmassas is ook beter as dié van opposisie-basters. Jannes het die afgelope seisoen ‘n opbrengs van 2,5 t/ha gerealiseer met sy vroeë aanplanting op hierdie kultivars en sê sonneblom kan met sulke opbrengste absoluut gesien word as ‘n primêre gewas. Die laer insetkoste en vroeë kontantvloei is ook ‘n groot bonus vir enige boerdery.

Bothaville

RJ Joubert van die plaas Skoonspruit in die Bothaville-omgewing het die afgelope seisoen AGSUN 5106CLP geplant. Volgens hom het die middel-Januarie-aanplanting van AGSUN 5106CLP ‘n opbrengs van 2,41 t/ha gerealiseer, terwyl hy ook ‘n gedeelte in Februarie geplant het wat ‘n opbrengs van 1,9 t/ha gerealiseer het. Volgens hom is Agricol se produkte van ‘n hoë gehalte en billik geprys.

Ventersdorp

Kobus van den Berg van die plaas Palmietfontein in die Ventersdorp-omgewing sê: “Sonneblom moet definitief nie meer gesien word as die afskeepgewas, wat laat in die seisoen geplant word wanneer die planttyd uitloop, nie. Hierdie gewas kan alreeds vroeg in die stroopseisoen gestroop word tot jou finansiële voordeel. Dit is ook baie meer gehard as ander gewasse en verseker ‘n goeie inkomste.”

Hy het die afgelope seisoen uitstaande opbrengste gestroop met Agricol se konvensionele en Clearfield Plus®-kultivars. Hy het aan die begin van Desember AGSUN 5270 en AGSUN 5106CLP geplant, waarmee hy onderskeidelik 3,1 t/ha en 3,2 t/ha behaal het. Hy het ook middel Januarie AGSUN 5106CLP geplant, waarmee hy ‘n opbrengs van 2,5 t/ha gerealiseer het.

Kobus se wenk aan ander sonneblomprodusente is om sonneblom vroeg in die seisoen te plant – sodra toestande dit toelaat. Hy kry die beste sonneblomopbrengste wanneer dit in November geplant word, aangesien genoeg hitte dan beskikbaar is vir volledige benutting deur die sonneblom.

Die Agsun-sonneblomreeks en opbrengsstabiliteit is sinoniem met mekaar. Hierdie sonneblomreeks se goeie siekteweerstand en staanvermoë is ‘n móét vir enige sonneblompakket vir die komende plantseisoen.

Skakel gerus jou naaste Agricol-agent vir ‘n pakketaanbeveling in jou gebied.

Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

Produsente die eintlike helde tydens pandemie

Next Post

NWK-Omnia bied ‘n helpende hand in uitdagende tye

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In