• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Promosie

NWK-Omnia bied ‘n helpende hand in uitdagende tye

2 Nov 2020
in Promosie
NWK-Omnia bied ‘n helpende hand in uitdagende tye
Share on Facebook

Nie net het die afgelope droë landboujare sy tol op Noordwes se graanprodusente geëis nie, maar hulle moet ook nou boonop die uitdagings van die COVID-19-pandemie en die gevolglike inperking trotseer. Dit het die bestuurspan van NWK-Omnia genoop om aan innoverende maniere te dink om ons klante te ondersteun en ‘n bydrae te lewer om hul herstel en langtermynoorlewing te verseker.

Aangesien boerdery ‘n langtermynbelegging en lewenswyse vir ons en ons klante is, sal kosmetiese foefies oor die kort termyn nie ons doelwit van bystand aanspreek nie. Ons fokus is eerder daarop gemik om die produsent te help in sy poging om die doeltreffendheid van sy boerdery te verhoog, sy uitset/opbrengs per hektaar te verbeter, die risiko van natuurlike teenspoed te verlaag en só die opbrengs op sy boerderybelegging te verhoog.

Vir meer inligting, skakel ons by NWK se hoofkantoor op 018 633 1000 óf skakel die landboukundige of verteenwoordiger in jou gebied.

Ondersteuningsplan vir NWK-Omnia se kunsmisklante

Met hierdie riglyne in gedagte, gaan die NWK-Omnia Kunsmisbemarkingspan weer, soos in die afgelope seisoen, die volgende ondersteuningspakket vir die 2020/2021 finansiële jaar bied:

Klante sal weer kwalifiseer vir ‘n diskresionêre terugbetalingsbonus, wat op die netto randwaarde van al hul Omnia chemiese- en NWK Vloeibare Kunsmisbesigheid bereken is, asook die randwaarde van al die presisieboerdery-besigheid wat hulle met NWK Omnia Kunsmisbemarking en NWK Landboubestuursdienste gedurende die 2020/2021 finansiële jaar gedoen het (uitgesluit kalktransaksies, vervoer en BTW).

Hierdie bonusterugbetaling speel geen rol by die onderhandeling of bepaling van ‘n kunsmistransaksie nie. Dit gaan suiwer oor die terugploeg in ons lojale klante, en ter aanmoediging van wetenskaplike boerderybenaderings deur die ondersteuning van NWK en Omnia se presisieboerdery.

Op dié wyse het ons reeds die afgelope twee seisoene meer as R2 miljoen aan ons klante teruggegee.

NWK-Omnia Kunsmisbemarking

Landboukundiges

Stephan Erasmus (079 223 7278)
Jan du Toit (083 627 4402)

Verteenwoordigers

Coenie Pitout (082 441 4554)
Koster, Magaliesburg, Skuinsdrif, Grootpan, oos van Lichtenburg, regs van Zeerust-pad, tot by Ottoshoop

Anton Schulenburg (083 262 3628)
Delareyville, wes van Ottosdal, Sannieshof en Barberspan, Migdol, Geysdorp en suid van Kameel

Hannes van Rensburg (082 578 2754)
Sannieshof, Rooigrond, Nooitgedacht, Jagersfontein, noordwes van Lichtenburg

Jaco Viljoen (082 781 1015)
Mareetsane, noord van Kameel, Stella, Piet Plessis, Vergeleë

Pieter van Wyk (082 871 7506)
Coligny, Bodenstein, Bospoort, Oppaslaagte, oos van Ottosdal

Danie Reichel (083 271 0124)
Gerdau, Vermaas, Biesiesvlei, Kleinharts

Voorwaardes

  • Slegs transaksies wat deur NWK Finansiering gefinansier of kontant deur ‘n NWK-rekening (ZL en ZLL) gedoen is, sal kwalifiseer.
  • Die inrekening van presisiebesigheid geskied slegs indien gepaardgaande kunsmisaankope deur NWK Kunsmisbemarking (Omnia en NWK Vloeibare Kunsmis) gedoen is.
  • Die kliënt moet vir die NWK Lojaliteitsprogram geregistreer wees, maar die krediete wat op hierdie ondersteuningsplan verdien word, word bykomend tot die normale lojaliteitsprogrampunte verdien.
  • Toekenning van die bonus sal ná 30 April 2021 geskied, via die NWK Lojaliteitsprogram, waarvoor tersaaklike deelnamevoorwaardes geld.
  • Die ondersteuningsplan is slegs geldig vir transaksies wat gedurende die 2020/2021 finansiële jaar plaasgevind het.
Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

Opbrengste maak produsente opgewonde oor sonneblom

Next Post

Bly kalm en doen die regte ding

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In