• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Bly kalm en doen die regte ding

30 Oct 2020
in Nuus
Bly kalm en doen die regte ding
Share on Facebook

Derek Mathews, voorsitter van Graan SA en ‘n lojale klant van NWK, het op Dinsdag 13 Oktober 2020 prontuit met Nicolene Smalman, redakteur van Arena gesels, oor die uitdagings waarmee graanprodusente in Suid-Afrika te kampe het, asook die aanval op hom en sy gesin vroeër vanjaar op hulle plaas. Dié artikel sal in die November/Desember-uitgawe van Arena verskyn.

Moeilike tye in SA

“Ons leef in uiters moeilike omstandighede en die soeke na ‘n beter lewe en toekoms was nog nooit so dringend nie. Nie net is dit uiters moeilik om volhoubaar en winsgewend te boer nie, maar ons het ook te make met die politieke onsekerheid en absolute onstabiliteit wat ons regering veroorsaak,” deel hy in ‘n skrywe aan lede van Graan SA op 13 Oktober.

“Nog nooit in my leeftyd het ons so onveilig in ons eie land gevoel nie en die klaarblyklike onvermoë van die regering om enigsins iets aan die geweldsmisdaad te doen, laat ‘n mens voorwaar moedeloos. Gemoedere het nou breekpunt bereik en daar is begrip daarvoor dat dit mense dryf om uiting aan frustrasie wat oor tyd opgebou is, te gee.”

Derek en sy familie was in Januarie 2020 ook slagoffers van ‘n plaasaanval. Hy noem dat die onbeskryflike trauma wat daarmee gepaard gaan, ‘n mens se lewe onherroeplik verander. “Wanneer ek dus sê ek verstaan jou frustrasie, dan bedoel ek dit.”

Op dieselfde dag en tyd as die gebeure op Senekal verlede week, is hy deur die ondersoek-beampte wat hulle saak behartig, geskakel. Weens verskeie redes, was daar groot kommer dat die saak moontlik nie verhoor sou word nie. “Ek het gevoel asof die inbraak op my privaatheid en vryheid weer van vooraf plaasvind. So graag as wat ek met al my mag wil veg en sorg dat die oortreders sal boet vir dit wat gedoen is, weet ek dat ek nie iets sal bereik deur reg in eie hand te neem nie.”

“Daar is nooit ‘n verkeerde tyd om die regte ding te doen nie en net so is daar nooit ‘n regte tyd om die verkeerde ding te doen nie.”

Derek sê voorts dat Graan SA as organisasie net so bekommerd soos elke produsent in die land is oor die huidige toestand. “Terwyl ons as organisasie fokus op graan bedryfsake, is veiligheid ‘n algemene saak wat deur Agri SA, TLU SA en soortgelyke organisasies behartig word. Ons sal egter nie ophou om deur ons verteenwoordigers op daardie organisasies, die belange van ons lede ten opsigte van veiligheid te dien en dryf nie.”

Graan SA se rol

“Ek in persoon en Graan SA as organisasie, veroordeel elke geweldsmisdaad en veral die teen produsente, hulle gesinne en werknemers. Ons sal aanhou om alles in die stryd te werp om geregtigheid te laat geskied. Eers wanneer ons kan sien dat reg en geregtigheid in hierdie land seëvier, sal ons weer vertroue kan bou in ‘n toekoms vir ons kinders.

“Ek weet dat hierdie skrywe vir baie maar net leë woorde is, aangesien moedeloosheid moontlik alreeds die oorhand begin kry het. Daarom wil ek jou kom herinner aan jou geloof en die hoop wat ons koester in ons Skepper. Ek glo dat ons Vader ons sal beskerm met Sy belofte in Jeremia 29:11 dat Sy plan vir ons ‘n toekoms van voorspoed en vrede is.

Hy sluit die omsendskrywe só af: “Graag doen ek ‘n beroep op julle almal om, te midde van ‘n wêreld wat kop verloor, kalm te bly en redelik te wees in ons optrede en uitsprake, sonder om van die reg op waarheid en geregtigheid af te sien. Mag ons die wysheid ontvang om die regte ding te doen.”

Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

NWK-Omnia bied ‘n helpende hand in uitdagende tye

Next Post

Voorsitter gesels oor die 2020 finansiële jaar

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In