• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Voorsitter gesels oor die 2020 finansiële jaar

30 Oct 2020
in Nuus
Voorsitter gesels oor die 2020 finansiële jaar
Share on Facebook

“Tydens NWK se algemene jaarvergadering op 14 Oktober het Heinrich Krüger, voorsitter van NWK se direksie, in sy voorsittersverslag retrospeksie gegee oor die 2020 finansiële jaar.

Dit is ’n voorreg vir my om ’n bietjie retrospeksie oor die 2020- finansiële jaar te doen. Daar is grotendeels laat geplant in NWK se bedieningsgebied in die voorafgaande jaar, wat tot gevolg gehad dat die oesproses ook later as gewoonlik begin het. Die oes was dan ook nie op alle plekke na verwagting nie en het weer eens baie druk op sommige produsente se kontantvloei veroorsaak.”

“Een van die uitvloeisels van die strategiese rigting waarin die direksie beweeg, is om produsente so ver as moontlik by te staan om volhoubaar te produseer en om ook op finansiële gebied volhoubaar te wees. Die voortbestaan van die produsente en – glo ek – dié van NWK sal so verseker word.”

“Die toestand van die Suid-Afrikaanse ekonomie is oor die algemeen nie goed nie en wesenlike tekorte ontstaan in die land se begroting. Die groot hoeveelheid korrupsie wat plaasgevind het en nog steeds plaasvind, maak dit ook nie vir die deursneeburger in Suid-Afrika makliker nie. Die verval van die infrastruktuur op die platteland neem op sekere vlakke en in sekere gebiede katastrofiese afmetings aan. Vertroue in die regering en die ekonomie is op ’n laagtepunt. Voedselproduksie kan ernstig benadeel word indien gebrekkige infrastruktuur dit moeilik of selfs onmoontlik maak om in die toekoms te produseer.”

“Die COVID-19-pandemie, wat internasionaal krisisafmetings aanneem, het ongetwyfeld ook sy nadelige effek op Suid-Afrika. Die regulasies wat deur die regering uitgereik is ten opsigte van verskeie bedrywe gaan – of het alreeds – van hulle op hulle knieë gedwing. Die land se ekonomie kan dit nie hanteer nie en grootskaalse werkloosheid is aan die orde van die dag. Diefstal en plundering neem ongelukkig met hierdie toedrag van sake toe.”

“’n Aangeleentheid waarmee die regering van die dag klaaglik misluk, is om die veiligheid van die platteland te verseker en te waarborg. Ek is teleurgesteld in die optrede – of die gebrek aan optrede – van die regering om die veiligheid van sy burgers te waarborg. Ek sluit produsente en hulle werkers hierby in. Die eskalasie van plaasaanvalle en moorde op produsente en hulle plaaswerkers is kommerwekkend. Voedselsekerheid kan ’n ernstige knou kry indien die regering nie daadwerklik aandag aan die aangeleentheid skenk nie. Ek kan u verseker dat NWK op vele terreine ondersteuning gee aan veiligheidsinisiatiewe, en ook met bemiddeling met die owerhede wanneer dit nodig geag word.”

“Die vordering om NWK hoofsaaklik weer ’n produsent-gedrewe maatskappy te maak, het in die jaar onder oorsig verder gestalte gekry. Die aandeelhouding wat Grindrod in NWK Beperk gehad het, is deur NWK Beherend Beperk verkry. Dit was een van die eerste aksies wat die direksie vir goedkeuring na die aandeelhouers gebring het om sodoende uitvoering te gee aan hulle versoek dat die maatskappy meer produsent-gedrewe moet wees. Dit het die weg gebaan vir verdere prosesse wat die direksie in die nuwe finansiële jaar na die aandeelhouers sal bring. Ek is oortuig dat die aandeelhouers ook hierdie voorstelle gunstig sal oorweeg.”

“Sonder om op hierdie stadium te veel detail te verskaf, is die direksie oortuig dat indien al hierdie prosesse afgehandel is, die aandeelhouer en produsent hoofsaaklik weer een en dieselfde persoon sal wees. Die fokus op die aandeelprys sal altyd daar wees, en een van die strategieë is nog steeds om die aandeelprys so na as moontlik aan netto batewaarde te kry.”

“Die beoogde enkele maatskappystruktuur sal na my mening ook die gewenste ondersteuning aan die aandeelprys gee.”

“Die lojaliteitsprogram het ongetwyfeld ’n wen-wen-uitkoms. Eerstens doen produsente meer besigheid by NWK, wat dan ook weer die direksie in staat stel om meer fondse te bewillig vir die trustees om aandele te koop vir verdeling aan die einde van die finansiële jaar. Die direksie het egter die verantwoordelikheid om die balans te behou en deur middel van dividende ’n billike opbrengs aan die aandeelhouers te verskaf, en om genoeg geld te bewillig vir die lojaliteitsprogram om aandele te bekom. Ek kan die aandeelhouers die versekering gee dat die direksie die aandeelhouersbelange verantwoordelik sal bestuur.”

“Teen druktyd is die insameling van die nuwe oes al ver gevorder. Ons kan net ons Hemelse Vader dank vir Sy genade vir so ’n mooi jaar. Ons produsente sal kan asemhaal en kontantvloei sal ongetwyfeld baie beter wees. Ek glo en vertrou dat produsente besigheid met NWK as ’n prioriteit sal sien en dat NWK as produsent-gedrewe maatskappy van krag tot krag sal gaan.”

Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

Bly kalm en doen die regte ding

Next Post

Beginnerboere smaak sukses ondanks uitdagings

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In