• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Beginnerboere smaak sukses ondanks uitdagings

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

3 Nov 2020
in Nuus
Beginnerboere smaak sukses ondanks uitdagings

Lede van NWK se Beginnerboerprojek vier die seisoen se sukses. Voor is David Pitout, Lukas Coetzee, Dalene Roode, Chris le Roux, Willie Roode en Christo Greyling. In die middel staan Hansie Kruger, Pieter Gouws, Douw van der Walt, Franna du Toit, Mick Carrol en Cobus van der Hoff met Janna du Rand, Christo Breedt, Abrie Steyn, Louis Wessels en Henri Coetzee in die agterste ry.

Share on Facebook

Deelnemers aan NWK se Beginnerboerprojek het hierdie jaar hulle beste seisoen nóg beleef ondanks die COVID-19-pandemie, die gevolglike inperking en ander onsekerhede wat dit meegebring het. Dit is grootliks danksy goeie reën wat in hulle onderskeie gebiede geval het.

Die groep, wat uit 15 produsente bestaan het, het ‘n gemiddeld van 6,2 t/ha op mielies gerealiseer en 1,8 t/ha op sonneblom. “Dit is uitstekend as jy in gedagte hou dat hulle vanaf Delareyville en Mareetsane tot Koster dit op ‘n totale aangeplante oppervlak van meer as 3 800 ha vermag het,” het Jacobus Claassens, projekleier van die Beginnerprojek en agronoom by NWK Landboubestuursdienste, gesê.

Hulle sukses is tydens hul finansiële jaarafsluiting op 1 Oktober met ‘n geselligheid by NWK se opleidingsentrum gevier.

“Van die produsente het dié jaar beter gevaar as drie seisoene saam in die projek, wat beduidend is van die moeiliker tye waardeur hulle tydens die droogte was,” het Jacobus bygevoeg. Die inperking het wel die oesproses bemoeilik deurdat onderdele skaars geraak en ‘n tydelike dieseltekort die proses verleng het.

“Die invloed van die pandemie is egter grotendeels aan die einde van die seisoen ervaar en die meeste produsente het toe reeds hulle diesel aangekoop en daarom min voordeel getrek uit die laer brandstofprys. Dit sal wel ‘n invloed op die nuwe seisoen se kostes hê,” het hy bygevoeg.

Doel van die projek

Die Beginnerboerprojek is in 2014 van stapel gestuur. Dit strek oor ses jaar en het ten doel om nuwe toetreders tot landbou by te staan. Die einddoel is om ‘n produsent te vestig met genoeg sekuriteit om na ses jaar kommersieel te kan boer.

Die eerste sewe produsente wat hulle in 2014 by die projek aangesluit het, het dit nou voltooi en gaan nou op eie stoom kommersieel boer. “Dis tipies jong boere wat sonder NWK se hulp nie sou kon boer nie en heel waarskynlik Amerika toe sou gaan om daar te gaan werk. NWK ontwikkel dus sy toekomstige kliënte en vestig produsente met ‘n passie vir die bedryf. Ons fokus nie streng op resultate nie, maar sien eerder toe dat die bepaalde produsent alles in sy vermoë doen om NWK en sy eie risiko te beperk.”

Die droogtes in die begin van die projek het dinge wel bemoeilik. Die projek het die afgelope drie jaar egter ‘n 100% terugbetalingsrekord, wat toon dat die beginnerboere die vermoë het om te kan boer, met ‘n ses jaar gemiddelde terugbetaling van 97,2% wat slegs 2,8% uitstaande maak, hoofsaaklik weens die droogtes in 2014 en 2015.

Soms ly ‘n produsent ‘n verlies weens droogte, al beoefen hy/sy die beste praktyke in ‘n bepaalde gebied. NWK beheer nie die boer of sy praktyke nie, maar adviseer dit wat hy/sy wil doen sodat dit ‘n sukses is.

“Die grootste les wat elke produsent op ‘n jong ouderdom moet leer, is dat wat by sy buurman werk, nie noodwendig by hom gaan werk nie. Elke produsent moet sy sterkpunte ontdek wat van hom/haar ‘n sukses gaan maak,” het Jacobus verduidelik

HOE DIE PROJEK WERK

NWK finansier al die direkte insetkoste wat nodig is om ‘n deelnemer se oes te realiseer. ‘n Derde van die opbrengspotensiaal word begroot vir bemarking aan die begin van ‘n seisoen.

Die span van NWK loop ‘n pad saam met die beginnerboere. Hulpbronne word voor ‘n seisoen deeglik ondersoek en geëvalueer om NWK se risiko te beperk. Landboubestuursdienste besoek die deelnemers weekliks en gee raad oor wat gedoen moet word.

Boeredae word jaarliks aangebied wat dien as opleidingsessies. Kundiges van Finansiering en Graan lewer ook insette aan die deelnemers.

Henri Coetzee van Koster het die hoogste opbrengs mielies gerealiseer met sowat 8 t/ha en David Pitout, ook van Koster, het die grootste opbrengs sonneblom verkry – 2,56 t/ha. Chris le Roux is aangewys as die beginnerboer met die beste administrasie.

Tags: Sept/Okt 2020
Previous Post

Voorsitter gesels oor die 2020 finansiële jaar

Next Post

Voorsorg maak voorkoming makliker

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In