• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jul 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur

3 Jul 2025
in Dinamiese vennoot
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

Paulina Majelenyane (operasionele bystandassistent by NWK), Kaudi Gosiame en Benedict Modise (direkteur van Ekonomiese Ontwikkeling by NWK).

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Dis jeugmaand en NWK het dit gevier deur meer as 550 pare splinternuwe skoolskoene as deel van sy jaarlikse skoolskoenprojek by twee skole in Itsoseng naby Lichtenburg uit te deel. Dit bring die getal leerlinge wat sedert dié projek se ontstaan in 2012/2013 daarby gebaat het, op meer as
6 500 te staan.

Die waarde van vanjaar se skenking beloop R243 000. Dit sluit die skoolskoene, skoenpolitoer borsels, mussies, kouse asook seilsakkies vir elke leerder in. Daar is vanjaar ook  springtoue, netbal- en sokkerballe aan elke skool geskenk.

Naletsana en Tshepang Primary Schools was vanjaar se begunstigdes. Daar is verlede Vrydag 291 pakkies by Naletsana uitgedeel, waarna 263 pakkies die afgelope Donderdag by Tshepang uitgegee is.

Omatla Gwili, Warona Dibele en Luvoyo Foli met hulle pakkies van NWK.
Tsetse Omolemo van Tshepang Primary School glimlag breed met sy pakkie van NWK.

Die skole wat skenkings ontvang, word geïdentifiseer in samewerking met Noordwes se Onderwysdepartement, asook Samuel Nkone – voormalige areabestuurder van Ditsobotla by die departement.

Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK, het Donderdag sy laaste aflewering van NWK se skoolskoenprojek meegemaak, omdat hy later vanjaar aftree.

Hy het gesê dat dié projek deur die jare by hom nederigheid en dankbaarheid gekweek het. “Dit is ‘n geskenk om te kan géé. Ek is geweldig dankbaar teenoor NWK vir die geleentheid wat dit geskep het om hierdeur ‘n verskil te kon maak. Kinders is die grootste geskenk van God en julle as onderwysers en ouers het ‘n groot taak om na hulle om te sien.”

Johan Bezuidenhout (groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK) en Refentse Kanyane.

Benedict Modise, direkteur van Ekonomiese Ontwikkeling by NWK, het Vrydag gesê dat die maatskappy kinders van laerskool- tot hoërskoolvlak ondersteun met sy skoolskoenprojek, asook die borgskap van skootrekenaars aan toppresterende matrikulante van die Ditsobotla-subdistrik.

“Ons het heelwat vakatures binne NWK en werk nou saam met universiteite om die regte arbeid te lok,” het hy gesê en ouers gevra om hulle kinders te motiveer om elke dag skool by te woon en matriek te verwerf. “Onderrig is die sleutel tot álles!”

Petra Seymore (koördineerder van bemarking en skakeling by NWK) en Molapisi Mosetsanagape van Tshepang Primary School.

Nosipho Khunyedi, hoof van Tshepang Primary School, het NWK bedank vir die skenking. “Ons is dankbaar dat NWK die klein gemeenskap van Sheila in Itsoseng onthou en oorweeg het vir hierdie geleentheid. Talle van die kinders se ouers is werkloos en hulle kinders kom sonder uniforms en skoene skool toe. Hier is baie maatskaplike probleme en NWK se skenking maak ‘n reuseverskil.”

Itumeleng Kgabi, hoof van Naletsana Primary School, het gesê dat NWK een van die grootste maatskappye in die provinsie is en dat die skool daarom geëerd voel om as begunstigde van die projek gekies te word. “Ons waardeer julle!”

Tags: Jul/Aug 2025
Previous Post

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Next Post

May/June 2025: Agricultural economic report


Recommended

Ureum se invloed op koeivrugbaarheid

Ureum se invloed op koeivrugbaarheid

15 Jul 2025
May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Ureum se invloed op koeivrugbaarheid

Ureum se invloed op koeivrugbaarheid

15 Jul 2025
May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In