• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Winde van verandering wink vir landbou

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

16 Mar 2021
in Dinamiese vennoot
Winde van verandering wink vir landbou
Share on Facebook

Prof Jannie Rossouw skets ’n somber prentjie van ’n regering waarvan die skuld meer as 100% van sy inkomste oorskry. Dit verbaas my nie. As joernalis het ek talle sittings van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) bygewoon, waar jaarverslae byvoorbeeld getoon het dat staatsamptenare wat meer as ’n jaar vantevore geskors is steeds ’n salaris ontvang het.

Tenders is aan maatskappye toegeken om brood aan ’n staatshospitaal teen R18 elk (dit was in 2010) te voorsien. Jy blaai deur bateregisters waarvolgens toerusting ter waarde van miljoene rande net weg is.

Jannie is beslis iemand wat die glas halfvol sien, want hy meen Suid-Afrika is nié ’n mislukte staat nie. Ek vermoed dit is dalk omdat hy in Gauteng woon, waar openbare dienslewering weliswaar beter is as hier in Noordwes.

Raadgewers het al telkemale by dié provinsie se (geskorste) premier, prof Job Mokgoro, en sy voorgangers gepleit dat die opgradering van paaie voorkeur moet geniet omdat landbouers sukkel om hulle produkte by markte of silo’s te kry. Om nie eers van die deursnee-dorpenaar, wat met sy kleiner motor die slaggate in Lichtenburg moet aandurf, te praat nie.

Noordwes verloor jaarliks talentvolle, geskoolde jeug in alle sektore aan verstedeliking – want wie wil hom vestig en ’n gesin begin in ’n dorp wat nie eens ordentlike drinkwater kan voorsien nie? Talle fabrieke funksio­neer weens die COVID-19-inperking en -pandemie tans nie eens teen hul volle kapasiteit nie. Tog kan Eskom steeds nie aan die elektrisiteits­aanvraag voldoen nie en word ons telkens aan beurtkrag onderwerp.

Met die werkloosheidsyfer op ’n verbysterende 43%, lei stygende armoede net tot al groter bevolkingsontploffings wat, aldus Jannie, ’n gulde geleentheid vir landbouers bied. Honger magies moet immers gevul word. Produsente sit dus op ’n goudmyn, of hoe? Solank hulle voedsel kan produseer teen ’n tempo wat byhou met die bevolkingsaanwas, behoort hulle al die pad bank toe te lag. Ongelukkig is landbouers egter ook nie beskerm teen ’n regering wat net ingestel is op selfverryking en die bevordering van politieke agendas nie.

’n Swakker ekonomie het immers stygende insetkoste tot gevolg. Dreigende grondonteiening sonder vergoeding, veediefstal en kwesbare plaasveiligheid laat produsente onseker en weerloos. Wie gaan boonop al hierdie voedselsoorte koop as daar nie koopkrag is nie? Gaan ons werklik, soos die Israeliete van ouds, 40 jaar lank moet trek na die beloofde land? Hoeveel kinders moes ons nie alreeds langs die pad groet toe hulle verhuis het na die Utopia wat Australië of Amerika aan hulle gebied het nie? Of erger nog: Lewendig verloor weens fisiese hongersnood of gebrekkige gesondheidsorg?

Winde van verandering wink in die vorm van ’n munisipale verkiesing wat later vanjaar moet plaasvind. Ongelukkig sal die meerderheid kruisies weer die rigting bepaal waarin Suid-Afrika se spreekwoordelike skip op pad is. Dit gaan gewis ’n sterk wind verg om dié skip weg te stuur van die fiskale afgrond waarvan Jannie praat.

Tags: MRT/APR 2021
Previous Post

Die impak van mikotoksiene op braaikuikenproduksie

Next Post

Jong dame verruil stadsliggies vir die skaapkraal


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In