• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

SA-landboubedryf wys karakter

Arno Janse van Vuuren, Tegniese redakteur, NWK Arena

18 May 2021
in Dinamiese vennoot
Hoe meer dinge verander…
Share on Facebook

Die plaaslike landboubedryf kry dikwels die wind van voor. Suid-Afrika is waarskynlik een van die lande waar landbou die swaarste getref word deur die sienings van ’n antagonistiese regering. Sommer vars in die geheue is die onlangse verhoging van 16,1% in die minimum loon. Dit is onverstaanbaar dat daar verwag kan word dat sulke aanpassings gemaak moet word te midde van ’n landsekonomie wat tot stilstand geruk is deur die COVID-19-pandemie.

Die stadige maar besliste vordering met onteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, veediefstal, stygende pryse en dieresiektes is aspekte wat swaar op die landbouer se skouers rus. Dis die omgewing waarin die Suid-Afrikaanse produsent homself bevind en die konteks waarin hy moet voortgaan om te produseer.

Bogenoemde prentjie is beslis uiters negatief. Dit is gevolglik verstaanbaar dat produsente soms vir ’n oomblik moedeloos raak en wil opgee.

Ek luister altyd met ’n effense glimlag om my mondhoeke na die woordvoerders van rugbyspanne wat ’n bietjie swaargekry het in hulle laaste wedstryd. Hulle sal byvoorbeeld tydens so ’n nabetragtings­onderhoud sê dat die manne “karakter” gewys het tydens hierdie moeilike wedstryd.

Is dit nie hoe ons landbouers ook meestal funksioneer nie? Hulle wys “karakter”. Te midde van die negatiewe dinge wat hierdie bedryf omring, het ons landbouers die afgelope jaar weer bewys dat hulle deursettingsvermoë het wat vir die gemiddelde persoon onbegryplik is.

Die Maart-verslag van die Suid-Afrikaanse Land­bouwerktuievereniging wat onlangs vrygestel is, dui aan dat trekkerverkope van 2019 tot 2020 met 9% en stroperverkope met 23% toegeneem het. Wie koop landbouwerktuie as jy nie van plan is om vorentoe daarmee te boer nie?

’n Tweede aspek wat my opgeval het, is die Nasionale Oesskattings­komitee se siening oor die huidige oesseisoen. Die somergraanoes word geskat (tydens die skrywe hiervan) op sowat 6% meer as die vorige jaar, wat alreeds ’n goeie jaar was. Dit kan die tweede grootste somergraanoes op rekord vir ons land wees.

Die landboubedryf is derdens een van die min bedrywe wat regtig uitgestaan het in ’n treurige 2020-landsekonomie. Volgens Statistieke Suid-Afrika is landbouproduksie met 13,1% uitgebrei. Al het die wyn- en tabakbedrywe swaargekry weens die inperkings, het die sitrusbedryf ’n groei van 35% in uitvoere beleef, terwyl mielie-uitvoere jaar-op-jaar 95% meer was. Die bydrae van die landbou tot die land se bruto binnelandse produk kan as betekenisvol beskou word. Die impak op voedselsekerheid is nog meer indrukwekkend.

Hierdie enkele voorbeelde hierbo is tekenend van ’n bedryf wat funksioneel en ook suksesvol is. Te midde van ’n uiters ongunstige politieke omgewing is die prestasies wat behaal word die bewys van produsente wat “karakter” wys, genade van Bo ontvang, dan weer moed skep en resultate behaal. Ons salueer julle hiervoor!

Tags: Mei/Jun 2021
Previous Post

Boerdery is ‘n lewenstyl

Next Post

Vuurwapenvoorstelle is irrasioneel


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In