• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Dogters kan Vrouemaand nou in splinternuwe skoolskoene aandurf

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

12 Aug 2021
in Nuus
Dogters kan Vrouemaand nou in splinternuwe skoolskoene aandurf

Benedict Modise oorhandig ‘n paar skoolskoene aan een van die dogters.

Share on Facebook

Meer as 230 behoeftige skooldogters het nou ‘n sprankie hoop hierdie Vrouemaand ontvang met die oorhandiging van splinternuwe skoolskoene, geborg deur NWK.

NWK se direkteur van ekonomiese ontwikkeling, Benedict Modise, asook die maatskappy se groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, Johan Bezuidenhout, het gister (11 Augustus 2021) 54 pare skoene by Bontle Primary School en 56 pare skoene by Motswaiso Primary in Bodibe naby Itsoseng oorhandig.

Daar is vandag 63 pare skoene by Lore Primary School en 61 pare by Motlhatswa Primary School, ook in Itsoseng, aan die dogters uitgedeel. Die pakkies het ook mussies, kouse, skoenpolitoer en borsels bevat.

Benedict Modise (middel) en Johan Bezuidenhout (regs) van NWK is vergesel deur Samuel Nkone, voormalige areabestuurder van Ditsobotla by Noordwes se Onderwysdepartement.

NWK gee om

NWK onderneem die Skoolskoenprojek reeds sedert 2012/2013 en deel gewoonlik vroeg in die winter die skoene uit. Weens die sluiting van skole tydens vlak 4 van die inperking, was dit egter nie moontlik nie.

“Dit is vandag reeds die 503de dag van die nasionale staat van inperking weens die COVID-19-pandemie. Tog is dit gepas dat ons juis nou tydens Vrouemaand die skoene aan die dogters kan oorhandig,” het Johan gesê.

Weens die voortdurende sluiting van skole kon NWK verlede jaar glad nie die Skoolskoenprojek aanbied nie, maar het nietemin die fondse wat hiervoor geoormerk was, aangewend om beskermende toerusting vir skole, kleuterskole, produsente en hul werkers aan te skaf.

Die maatskappy het ook reënjasse aan leerders in Gerdau, toiletware aan Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom, beddegoed aan Thusanang Trauma Centre, mediese toerusting aan Mmalogaga-kliniek naby Zeerust en bederfpakkies vir gesondheidswerkers geskenk.

Benedict het gesê dat dit “deel is van NWK se DNS” om saam met gemeenskappe te werk. “Sowat 4 000 leerlinge het al danksy dié inisiatief skoolskoene ontvang en is hul menswaardigheid so herstel.

“Jy buig kinders wanneer hulle nog jonk is. Ons is reeds op primêre onderrigsvlak op hierdie wyse by hulle betrokke. Op sekondêre vlak, bekwaam ons hulle deur middel van die Ikateleng Projek, in samewerking met die Noordwes-Universiteit, waar hulle bykomende klasse in problematiese vakke soos Wiskunde en Fisiese Wetenskappe ontvang.”

Benedict het vervolg deur te sê dat kinders ‘n gemeenskap se verantwoordelikheid is en dat NWK hierdie verantwoordelikheid ernstig opneem. “Daar is verskeie loopbaangeleenthede vir hulle hier by NWK as hulle hul studies voltooi. Ons staan ook opkomende produsente by,” het hy hulle aangemoedig.

“As ons saam werk, kan ons soveel meer bereik en ons provinsie die ideale plek maak vir jongmense om hul te vestig, met ‘n ekonomie wat floreer. As die oudste landboumaatskappy in die land, bestaan NWK reeds langer as 112 jaar en deel ons graag ons sukses met die gemeenskap,” het Benedict afgesluit.

Daar sal eersdaags 259 pare skoolskoene aan die seuns by hierdie skole uitgedeel word. Die totale waarde van dié skenking beloop R133 337.

‘n Paar van die dankbare dogtertjies wat uitsien om hul nuwe skoolskoene te dra.
Tags: Jul/Aug 2021
Previous Post

NWK en IP Makelaars vat hande

Next Post

July 2021: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In