• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

21 Sep 2021
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei
Share on Facebook


As voëlkyk jou stokperdjie is, stel jy dalk daarin belang om ’n uil of ’n aasvoël “aan te neem” en só te help met die wonderlike werk wat die twee bewaringsorganisasies hieronder doen. Besoek gerus hul Facebook-bladsye vir meer inligting.

Hulle red geveerdes en vierbeniges

Al het die Owl Rescue Centre – ’n nie-winsgewende organisasie wat tien jaar gelede in die Hartbeespoort-omgewing deur Brendan en Danelle Murray gevestig is – as ’n rehabilitasiesentrum vir alle uilsoorte begin, het die nood van diere só erg geraak dat hulle deesdae selfs honde en sebras red.

In Augustus is die Murrays uitgeroep na ’n bouperseel, waar ’n gevlekte arendsuil haar nes op ’n stutmuur gebou het wat die volgende dag afgebreek moes word. Die drie eiers wat in die nes was, is in die broeikas by Montecasino Bird Gardens geplaas, waar ’n sonar die aartjies, wat lewe beteken, ontbloot het.

Iemand in die Hekpoort-omgewing het op dié klein sebra, wat se ma deur jagters geskiet is, afgekom. Haar lewe het aan ’n draadjie gehang, maar met die hulp van die veeartse by Broeder­stroom Vet Clinic en ander kundiges kon hulle haar red. Al gaan dit beter, lê daar nog ’n lang herstelpad voor. Talle skenkings van die publiek is reeds ontvang om die mediese koste te help dek.
MTN Suid-Afrika het die uilreddingsentrum genader en gevra om uilhui­se bo-op 100 van hul selfoontorings in Johannesburg op te rig om aan nonnetjie-uile skuiling te bied.

Die eiers het een vir een uitgebroei en die kuikens se vere het uitgegroei. Danelle wys hier hoe hulle nou lyk.

VulPro maak ’n verskil

Op die foto bo pryk ’n witkopaasvoël (Trigonoceps occipitals) – ’n medium­grootte aasvoël met ’n pienkerige vel, ’n donswit kop en ’n groot rooi snawel met ’n swart punt. Kerri Wolter van VulPro noem dat die bevolking van witkopaasvoëls in Wes-Afrika sedert die veertigerjare afgeneem het en dat dié spesie in Suider-Afrika meestal net in beskermde gebiede voorkom. Die redes vir die bevolkingsafname sluit onder andere die vergiftiging en doodmaak van aasvoëls vir tra­disionele medisyne in.

STATISTIEK

  • Sedert 1961 is meer as 15 000 aasvoëls al vergiftig.
  • VulPro het sedert sy ontstaan al meer as 340 aasvoëls gevind wat deur kragdrade doodgemaak is.
  • Meer as 900 aasvoëls is al deur VulPro gered en gerehabiliteer.
  • Sowat 415 is reeds in die natuur vrygelaat.

Vir die koffietafel

Hierdie 72-blad koffietafelboek, Magnificent Vultures of Africa, word deur VulPro verkoop om fondse in te samel vir die wonderlike werk wat hulle doen. Die boek bestaan uit foto’s en inligting oor Afrika-aasvoëls. Die pragtige foto’s is deur van die beste fotograwe in hul veld geneem. Besoek www.vulpro.com vir meer inligting.

Tags: Sept/Okt 2021
Previous Post

Jongboer streef na uitnemendheid

Next Post

Besnoei energiekoste met dié alternatief


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In