• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Matrieks van 2021 beïndruk met prestasie te midde van inperking

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

21 Apr 2022
in Dinamiese vennoot
Matrieks van 2021 beïndruk met prestasie te midde van inperking

Voor van links na regs: Kgomotso Dlamini (AG Malebe Secondary School), Remofilwe Dithejane (Baitshoki Secondary School), Omogolo Kegakilwe (Bethel High School), Onalenna Mameane (Bodibe Secondary School), Tokollo Mafora (Bophirima High School), Boitumelo Mohulatsi (Hoërskool Coligny), Mmaserai Moropoli (FM Ramaboa High School), Tumisang Diome (Gaborone Secondary School), Motheo Lekwape (Gaetsho High School), Omphemetse Mandlane (JM Lekgetha Commercial High School), Kgomotso Mooketsi (Kgoke Lesabe Secondary School), Sebusang Sekommere (Kopanelo Combined School) en Tshiamo Masina (Lichtenburg English Secondary School). Agter van links na regs: Johan Bezuidenhout (groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie by NWK), Lize Jooste (Hoërskool Lichtenburg), Apheus Mogatusi (More High School), Mojalefa Lemotlho (Reboneilwe Secondary School), Mmatumelo Pitso (Rekgonne Secondary School), Bokamoso Dazuka (Regolotswe High School), Omphemetse Masondo (Tau Rapulana High School), Nomvuyo Diratsagae (Tswelopele High School), Jaques Rix (CVO Skool Lichtenburg), Benedict Modise (direkteur van ekonomiese ontwikkeling by NWK) en Samuel Nkone (voormalige areabestuurder van die Ditsobotla-subdistrik van Noordwes se departement van onderwys en sportontwikkeling).

Share on Facebook

Die matrieks van 2021 het twéé jaar van belangrike onderrig te midde van ’n wêreldpandemie en gevolglike inperking voltooi en nietemin die onderskeidings ingepalm.

Toppresterende matrieks van die Ditsobotla-subdistrik is Woensdag tydens ’n spoggeleentheid by Hoërskool Lichtenburg vereer en NWK het hier 21 skootrekenaars, toegerus met die nuutste sagteware, aan die topleerlinge van die 21 toppresterende skole in die distrik oorhandig.

Gr. 11 is ’n belangrike akademiese jaar, aangesien dit nie net leerlinge vir matriek voorberei nie, maar hulle ook meestal met hierdie punte vir universiteitstoelating moet aansoek doen. Noordwes se departement van onderwys was dit eens dat die matrieks van 2021 daarom die bykans onmoontlike vermag het.

NWK se direkteur van ekonomiese ontwikkeling, Benedict Modise, het die matrikulante van 2021 tydens die geleentheid toegespreek. “NWK voel geëerd om intelligente matrikulante soos julle in Ditsobotla te hê. Julle opregtheid, dissipline en voorbereiding het julle hierdie toekennings besorg en ons wens julle geluk. Ons waardeer die toewyding tot julle studies wat julle geopenbaar het.”

Hy het voortgegaan deur te sê dat die provinsie se prestasie ’n weerspieëling van die leerders se veerkragtigheid is. Hulle moes aanpas by nuwe maniere van leer tydens die COVID-19-pandemie wat hulle skoolprogram ontwrig het.

“Die jaar 2021 was nie ’n maklike jaar nie en kontakonderrig kon nie normaal voortgaan nie. Waar ander tou opgegooi het, het julle deurgedruk. Ek weet hierdie mylpaal is een van baie wat die toekoms inhou.”

Hy het benadruk dat NWK talle volhoubare indiensnemingsgeleenthede vir kwalifiserende kandidate het en dat hulle dit in gedagte moet hou wanneer hulle hul tersiêre onderrig aanpak.

Die waarde van NWK se skenking beloop R259 324. Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy het in 2013/2014 vir die eerste keer skootrekenaars aan toppresterende matrieks uitgedeel. Sedertdien het 166 van hulle al skootrekenaars ter waarde van meer as R1,5 miljoen ontvang.

Tokollo Mafora van Bophirima High School het gesê dat NWK se skenking van skootrekenaars aan toppresteerders hom aangemoedig het om hard te werk. “My ma is geldelik glad nie in staat om só iets te bekostig nie, so ek het baie hard gewerk met die hoop dat ’n goeie prestasie my ’n skootrekenaar sou besorg.” Hy gaan hierdie jaar met ’n LLB-graad by die Universiteit van Johannesburg begin en wil dit graag met sielkunde kombineer.

Remofilwe Dithejane van Baitshoki Secondary High School wag nog om te hoor of sy keuring het om skakelwese te studeer. Sy is baie dankbaar vir die skootrekenaar en het bygevoeg dat sy hoop om hiermee basiese programme soos Word baas te raak.

Benedict Modise, direkteur van ekonomiese ontwikkeling by NWK, spreek die toppresterende matrieks van 2021 toe.
Tags: Jan/Feb 2022
Previous Post

Sorg dat jou nalatenskap iets beteken

Next Post

Die volmaakte skaap, bok of bees is (nog) nie gebore nie


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In