• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Top-outeurs se harde werk beloon

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

14 Mar 2022
in Dinamiese vennoot
Top-outeurs se harde werk beloon

Marlize Venter (bemarker van Bastion), Anche Suurd (junior landbou-ekonoom by NWK Landboubestuursdienste), Johan Smit (bestuurder van Infoworks), Johan Bezuidenhout (groepbestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie), Marina Vorster (GIS-spesialis by NWK Landboubestuursdienste), Rachel du Preez (agronoom by NWK Landboubestuursdienste) en die wenner, Leonard Thaphati.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die top-outeurs van die insiggewende landbou-artikels in NWK Arena, is Vrydag tydens ‘n gesogte geleentheid by NWK se hoofkantoor op Lichtenburg vereer.

Leonard Thaphathi, bestuurder van ontwikkelende landbou by NWK, is as die wenner in die kategorie “individuele artikels” aangewys. “Die toekenning is baie bemoedigend en gerusstellend. Jy weet nooit of die inhoud die papier werd is waarop dit geskryf is nie, maar die toekenning bevestig dit. Dit maak al die tyd wat aan die samestelling van artikels afgestaan word, ‘n aangename herinnering,” het Leonard gesê.

Die kompetisie dien as aansporing vir outeurs om gereelde bydraes tot die tydskrif te lewer en deurlopend ‘n goeie standaard van artikels te handhaaf. Dit vat etlike ure om die artikels na te vors en neer te pen en die kompetisie erken uiteraard hierdie harde werk wat bydra tot die spogtydskrif wat NWK Arena is.

Arno van Vuuren, bestuurder van Landboubestuursdienste en tegniese redakteur van die tydskrif, asook Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie en lid van die redaksionele komitee, is die beoordelaars. Slegs outeurs wat ten tye van beoordeling in NWK se diens is, se artikels kwalifiseer vir deelname.

Hoewel mede-outeurs ekstern mag wees, moet die hoofouteur in NWK se diens wees. Die prysgeld word gelykop tussen betrokke outeurs verdeel indien artikels deur meer as een outeur geskryf is. In gevalle waar meer as een outeur betrokke was by die skryf van ‘n wenartikel, word slegs die pro-rata prysgeld toegeken, indien sekere outeurs nie kwalifiseer vir die toekenning van ‘n prys nie.

Die puntetoekenning is soos volg:

  • Aanvanklike indruk (10%)
  • Inleiding (10%)
  • Inhoud van die artikel (40%)
  • Slot (10%)
  • Impak of gebruikswaarde van inligting (20%)
  • Oorspronklikheid of nuutheid (10%)

Slegs die beste artikel van elke outeur kwalifiseer vir ‘n prys en beoordelaars se beslissing is finaal.

Wenners

TOPSES INDIVIDUELE ARTIKELS

  1. Leonard Thaphathi – Feed your crop, not your weeds (R 2000)
  2. Martiens du Plessis – Bewaring van natuurlike hulpbronne is noodsaaklik (R 1 500)
  3. Pieter le Roux – Mikotoksiene in kuilvoer benadeel diereprestasie (R 1 300)
  4. Rachel du Preez – Besnoei energiekoste met dié alternatief (R1 100)
  5. Marina Vorster – Unieke toepassing maak produsente se lewens makliker. (R900)
  6. Anche Suurd – Heuningbye speel ‘n groot rol in biodiversiteit (R700)

Alle vollengte artikels (ingesluit individuele artikels van reekse), ongeag die tema, wat ten doel het om inligting aan die leser oor te dra, kom vir hierdie toekenning in aanmerking. Nuusbrokkies en kort aktuele bydraes kwalifiseer nie. Artikels word telkens tydens vergaderings van die redaksionele komitee genomineer vir verdere deelname.

REEKS ARTIKELS

Martiens du Plessis – Bewaring van natuurlike hulpbronne is noodsaaklik (R2 000).

Dit behels ‘n reeks opvolgartikels wat oor dieselfde onderwerp handel. Hier word slegs ‘n prys toegeken aan ‘n artikelreeks wat volgens die beoordelaars ‘n besonderse bydrae gelewer het. Die toekenning word slegs op meriete gemaak en word nie noodwendig elke jaar toegeken nie. Mede-outeurs mag hier ook ekstern wees, maar die hoofouteur moet in NWK se diens wees. Reekse waarvan twee of meer artikels in die betrokke beoordelingstydperk val, word beoordeel as ‘n eenheid.

Artikelreekse wat oorloop na ‘n volgende beoordelingstydperk, word voortaan telkens weer as ‘n reeks beoordeel, mits daar ten minste twee artikels van die reeks in die volgende beoordelingstydperk val. Dieselfde reeks kan gevolglik meer as een keer in aanmerking kom, maar nie dieselfde artikels daarvan nie.

NUWE TOETREDER

Rachel du Preez is hiervoor met R1 000 beloon. Slegs outeurs wat die eerste keer ‘n vollengte artikel in NWK Arena plaas, kwalifiseer, ongeag of dit as ‘n individuele artikel genomineer is of nie. Persone wat voorheen by NWK werksaam was en nou weer in diens is, mag weer kwalifiseer. Indien ‘n artikel reeds ‘n prys in die kategorie vir individuele artikels verwerf het, kwalifiseer dit egter nie weer in hierdie kategorie nie.

Rachel du Preez

BESTE BEDRYFSARTIKEL

Marina Vorster – Unieke toepassing maak produsente se lewens makliker

Sy het R1 300 hiervoor ontvang. Alle vollengte artikels deur ‘n werknemer van NWK wat ten doel het om ‘n betrokke bedryf of diens van NWK bekend te stel, kwalifiseer vir hierdie kategorie, ongeag of dit as individuele artikels genomineer is of nie. Indien ‘n artikel reeds ‘n prys in die kategorie vir individuele artikels verwerf het, kwalifiseer dit egter nie weer in hierdie kategorie nie.

BESTE VOORBLADFOTO

Petra Seymore het R1 000 met haar foto van gebaalde hooi op ‘n besproeiingsland, gewen. ‘n Werknemer van NWK wat die beste voorbladfoto geneem het, word vereer. In dié kategorie word die impak en fotografiese kwaliteit van die gepubliseerde voorbladfoto in ag geneem.

Petra Seymore

Infoworks Media Publishing (uitgewer van NWK Arena), Bastion en NWK se Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, het die kompetisie geborg.

NWK Arena gaan ook eersdaags ‘n lesersopname onderneem om tred te hou met lesers se behoeftes en inhoud hiervolgens aan te pas, soos nodig.

Tags: MRT/APR 2022
Previous Post

Kunsmis se beskikbaarheid onseker te midde van oorlog

Next Post

March 2022: Agricultural economic report


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In