• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, May 15, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Kunsmis se beskikbaarheid onseker te midde van oorlog

4 Mar 2022
in Nuus
Kunsmis se beskikbaarheid onseker te midde van oorlog

Corne Louw, hoof: toegepaste ekonomie en lededienste van Graan SA het die paneelbespreking gelei. Die paneel het bestaan uit Johannes Louw van Sasol; Ncumisa Mxhalisa van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging; Kgampi Bapela van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika; Louis Strydom van Omnia Kunsmis en André Kirsten, hoofbestuurslid van Graan SA.

Share on Facebook

Mielieprodusente gaan hul opsies in die komende plantseisoen ernstig moet oorweeg te midde van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne wat die prys en beskikbaarheid van kunsmis uiters onvoorspelbaar laat.

Dit was die raad van Graan SA se voorsitter, Derek Mathews, by dié organisasie se jaarlikse kongres wat Woensdag by Nampo Park naby Bothaville plaasgevind het.

“Ons kan nie meer net mielies plant omdat ons altyd mielies geplant het nie. Nou is die tyd wat jy al die inligting bymekaar moet maak, jou somme deeglik moet maak en moet dink wat jy kan doen om jou besigheid volhoubaar te hou.

“Ons sien winsgewendheid in oliesade en veevertakkings, so die produsent moet homself bemagtig. Ek self kon vier jaar glad nie mielies plant nie omdat dit nie sin gemaak het nie en ons is nou weer in só ‘n situasie. Nuwe tegnologie en chemie om byvoorbeeld onkruid te bestuur, maak dit wel moontlik om ander gewasse in jou boerdery in te bring,” het Derek gesê.

Kongresgangers wou ook by Louis Strydom, bemarkingsdirekteur van Omnia Fertiliser, weet hoe hulle hulself in die komende seisoen moet posisioneer.

“Ons werk dag en nag om kunsmis te verseker want ons is afhanklik daarvan om jou te voorsien. Ek kan nie vandag vir u sê daar sal elke dag van die jaar vir u kunsmis wees nie, maar Rusland is nie die be all en die end all nie. Daar is alternatiewe en ons kan van ander plekke invoer.

“Die Noordelike Halfrond is besig om reg te maak om te plant en hulle die het die aanplant van hul rou materiale vertraag in afwagting dat pryse gaan verlaag. So almal is laat en die pryse het omgedraai.”

Tog meen Louis dat daar tyd is vir mielieprodusente om planne te maak. “Dit is van kritieke belang dat jy ‘n plan sal hê. Besluit byvoorbeeld om jouself te posisioneer vir 60% van wat jy gaan plant en neem die risiko op die laaste. Besluit jy gaan jou fosfaat en kalium of plantmengsel koop en los ammoniumnitraat vir later omdat jy dit met ureum kan vervang.”

Koringprodusente in die Wes-Kaap moet eersdaags begin plant en sit weliswaar met ‘n penarie. “As jy vandag nie kunsmis in die Wes-Kaap het nie, gaan jy die plantseisoen mis. Dis die realiteit,” het Louis gesê.

André Kirsten, voorsitter van Graan SA se inset- en produksiewerkgroep, het by navraag gesê dat produsente in die Wes-Kaap aangeraai is om so spoedig moontlik hul kunsmis te koop omdat hulle nie ‘n prysverskil sou sien nie. Hoeveel produsente dit wel gedoen het, is onduidelik.

“Ons het begin lippe aflek toe die stikstofprys tot 200 dollar geval het. Ons het stilgesit wat topbemestingkunsmis betref, nou weet ek nie wat ons moet maak nie. Die gamble is groot, ons is in seisoen.”

Hy het bygevoeg dat net die toename in kunsmispryse sedert verlede jaar tot nou, koringboere dwing om 600 kg/ha meer te oes, of hulle moet tevrede wees met 600 kg minder se inkomste.

“As jy in ‘n marginale gebied is en tussen twee en drie ton per hektaar afhaal, gaan jy mooi moet somme maak. Jou marges raak nou só klein. Jy gaan plant met die intensie… en dan gaan stikstof se prys nóg op. Dan raak die 600 kg ‘n ton.”

Derek, wat hom al jare lank uitspreek teen die kosteknyptang wat mielieprodusente op hul knieë dwing, het bygevoeg dat verskaffers soos Omnia wel ‘n verhoging in die insetkant ontvang, maar dat produsente, wat die laaste skakel in die voorsieningsketting is, nie insetinflasie kan byvoeg en marges handhaaf nie. “Ons is ‘n spons wat al die insetinflasie moet opslurp en hierdie spons is vol,” het hy gewaarsku.

Derek Mathews (regs), produsent uit die NWK-stal, is Woensdag vir die derde agtereenvolgende jaar as Graan SA se voorsitter verkies. Saam met hom is Richard Krige (links), wat weer as visevoorsitter verkies is en Pieter Taljaard.

 

Pieter Taljaard, die hoof- uitvoerende beampte van Graan SA het die eerste paneelbespreking gelei wat op die tegniese aspekte van insetkostebestuur gefokus het. Tony Esmeraldo van Corteva, Frank Rothweiler van Bayer, Jozeph du Plessis (SA Graan hoofbestuurslid) en Dipepeneneng Serage van die DG se kantoor, was die paneellede. Steve Reno die president van Corteva het elektronies uit Amerika ingeskakel.

 

Tags: MRT/APR 2022
Previous Post

Beplan deeglik vir alternatiewe kragvoorsiening

Next Post

Top-outeurs se harde werk beloon

Recommended

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025
Maniere om die graanmark beter te verstaan

Maniere om die graanmark beter te verstaan

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In