• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Nuwe minimum loon ontlok gemengde reaksies

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

18 Mar 2022
in Dinamiese vennoot
Nicolene Smalman
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Daar is gemengde reaksies op die aankondiging dat die minimum loon vanaf 1 Maart 2022 ’n bedrag van R23,19 per uur sal wees – dít nadat dit alreeds verlede jaar met 16% tot R21,69 per uur verhoog is.

Georganiseerde landbou, en spesifiek Agri SA, het in ’n verklaring gesê dat, hoewel werkers se salarisse tot die verligting van armoede moet bydra, dit boerderye se winsgewendheid bedreig en hulle vermoë om tot werkskepping by te dra, bedreig.

Nog méér dramaties was verbruikers se reaksie toe arbeidsfirmas hulle daaraan herinner het dat dié minimum loon toelaes vir vervoer, kos en uniforms uitsluit. “Ek kry dan nie ’n toelae by my werk vir middagete of vervoer nie. Hoekom moet my bediende dit kry?” is een van die kommentare wat ek op sosiale media raaklees.

Dit is duidelik dat perspektief oor hierdie onderwerp nodig is. Veronderstel jy betaal jou huishulp die nuwe minimum loon vir agt ure se werk per dag, vyf dae per week. Dit laat haar met ’n salaris van R4 638 aan die einde van ’n maand met vyf weke.

Sy moet elke dag ’n taxi van byvoorbeeld Boikhutso na Lichtenburg neem teen R20 retoer. Dit kos haar dus R500 per maand aan vervoer. Kom ons hou haar kosblik per dag konserwatief met ’n brood per dag teen R13. Dit is ’n verdere R325.

Dan laat dit haar met R3 813. Volgens die jongste beskikbare data wat ek kon kry, het dit in Maart 2021 ’n bedrag van R2 788,48 gekos om ’n gesin van vier met die basiese te voed (3 Maart 2021, Netwerk24). Dus het sy R1 025 beskikbaar vir klere en skoolbenodighede.

Het jy al ooit gewonder waarom jou huishulp dan nie die 50 kg sak mieliemeel teen R345 koop nie? Dit gaan haar mos goedkoper uitwerk as twee sakke van 25 kg teen R182 elk. Nie net is dit omdat sy dit nie al die pad tot by die taxistaanplek sal kan dra nie, maar omdat sy in alle waarskynlikheid eenvoudig nie die kontant daarvoor beskikbaar het nie.

Ja, produsente is prysnemers wat die afgelope paar jaar onder stygende insetkoste steier en om aan byvoorbeeld tien arbeiders die nuwe minimum loon te moet betaal, gaan ’n maandelikse verhoging van R3 000 aan salarisrekeninge behels, wat wesenlik is.

Ek het nie ’n oplossing nie, maar ons moet in gedagte hou dat ons plaasarbeiders en huiswerkers se salarisse óók stygende brand­stofkoste en voedselpryse moet kan absorbeer.

My Christen-hart sê vir my dat ek nié hierdie nuwe minimum loon as net nóg ’n sake­transaksie kan benader en soos met elke ander uitgawe kan kyk waar ek kan sny nie. Dit vestig opnuut my aandag op die pleidooie van die armstes onder die armes en noodsaak my om eerder te kyk waar ek nóg kan help.

Tags: MRT/APR 2022
Previous Post

Wees op die uitkyk vir ‘n nuwe pes op sojabone

Next Post

Twee koppe is gewis beter as een


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In