• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Vragmotor-blokkade: Organisasies span saam om regsoptrede te neem

Agri NW-mediavrystelling

20 Jun 2022
in Nuus
Vragmotor-blokkade: Organisasies span saam om regsoptrede te neem

Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri NW.

Share on Facebook

Organisasies met hul plaaslike strukture het hande gevat om die oortreders aanspreeklik te hou wat verantwoordelik was vir die chaos wat ontstaan het, nadat ongeveer 200 vragmotors by ‘n onwettige blokkade wat van Dinsdag 14 Junie tot Vrydag 17 Junie by Bloemhof op die N12 onderweg na Kimberley plaasgevind het.

Hierdie blokkade het nie net die vervoer van produkte op die roete ernstig ontwrig nie, maar het ook miljoene rande se verliese vir vervoermaatskappye en besighede teweeggebring. Die N12 is ‘n kritiese hoof verbindingsroete vanaf Gauteng en die noordelike provinsies na die Noord-Kaap en suidelike provinsies en van uiterste ekonomiese belang vir die ekonomie van die land.

Die plaaslike ekonomie van Bloemhof het ook geweldige finansiële verliese gelei vanweë die onvermydelike sluiting van besighede en kansellasies van besprekings van besoekers aan die gebied tydens hierdie periode en naweek.

Die stakers het intimidasie en afdreig-taktiek gebruik om al die vragmotorbestuurders op die roete tot stilstand te dwing. Hul moes etlike dae sonder voldoende kos, water en sanitasie geriewe langs die pad deurbring.

SAPD versuim sy plig

Ten spyte van al die oproepe en gesprekke met die plaaslike distrik en provinsiale SAPD-bevelvoerders, asook regeringsamptenare, is daar nie gehoor gegee om tydig en daadkragtig teen die oproermakers, wat duidelik identifiseerbaar was, op te tree nie.

Die SAPD het ongetwyfeld hul regsplig hiermee versuim en selfs klagtes van dwarsboming van die gereg teen hul word oorweeg. Elders in die provinsie het die tydige en effektiewe optrede van die SAPD ‘n soortgelyke situasie na spoedige arrestasies verhoed. In hierdie geval het die SAPD hul regsplig onverwyld en onbevange sonder politieke oorwegings uitgevoer.

Belangegroep organisasies ondersteun deur kundige regsverteenwoordigers, insluitende Agri NW, Afriforum, verteenwoordigers van die geaffekteerde vragmotor eienaars, die DA, Vryheidsfront Plus en Sakeliga werk nou in ‘n gekoördineerde poging verder saam om beide die betrokke stakers en die SAPD tot verantwoording te roep.

Klagtes verbandhoudend met skade gelei as gevolg van ekonomiese verliese asook kriminele klagtes word in die vooruitsig gestel. Die rolspelers is dit eens dat hierdie laakbare optrede van ‘n groepering waarteen daar reeds in die verlede hofinterdikte verkry is, nie langer geduld kan word nie. Hierdie georganiseerde groepering van belangegroepe sal regtens alles in hul vermoë doen om diegene wat vir hierdie ontwrigtende optrede verantwoordelik was aan die pen te laat ry.

Privaatsektor besighede en die ekonomie kan nie langer op hierdie wyse ontwrig en gevange gehou word nie. Die verpolitisering van misdaad om die gebrekkige of selfs ontbrekende optrede van die SAPD te regverdig, is totaal en al onaanvaarbaar. Dit skep en versterk die persepsie dat die regte van misdadigers belangriker as die van slagoffers geag word.

Dit is noodsaaklik om vir eens en altyd ‘n einde daaraan te bring. Dis is ook nou tyd dat alle regdenkende en wetsgehoorsame landsburgers saamstaan om die nimmereindigende golf van misdaad en onverantwoordelike, kriminele leierskap te stuit.

Navrae

Agri NW vra vir ondersteuning in hierdie poging. Kontak Boeta du Toit (082 388 1722) of Naude Pienaar (082 776 8283) met enige navrae.

Tags: Mei/Jun 2022
Previous Post

Die voordele van meer as een gewas op ‘n land is legio

Next Post

Lesersopname#2


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In