• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

26 Jul 2022
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

African grass owl.

Share on Facebook

Goedgekeur deur die uile

By die Owl Rescue Centre in Hartbeespoort word daar elke seisoen ’n klomp nuwe uilhuise opgerig. Sedert hulle met die oulike plan vorendag gekom het om dié huise uit stukkende wasmasjiene te maak, het hul besettingsyfer amper verdriedubbel. Enigiemand wat van ongewenste stukkende wasmasjiene, tuimel­droërs, yskaste en stowe ontslae wil raak, is welkom om ’n skenking aan die uilhuis te maak. Kontak hulle by info@owlrescuecentre.org.za of 082 719 5463.

Die “nie-uile” wat gered is

Al is die Owl Rescue Centre aanvanklik gestig om uile se lot te verbeter, het die lot van ander diere hulle genoop om tot aksie oor te gaan. Hier is twee van die onlangse reddingspogings:

Klein Mufazi, ’n Chacma-bobbejaantjie, is onwettig as ’n troeteldier aangehou en deur die Ladysmith Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekonfiskeer. Die Owl Rescue Centre het ingespring om fondse in te samel sodat sy van KwaZulu-Natal na ’n gespesialiseerde primaat-rehabilitasiesentrum in Tzaneen gevlieg kon word. Hier sal sy aan haar nuwe trop voorgestel word en mettertyd weer in die natuur vrygelaat word.
Op 26 Mei is ’n pou genaamd Gloria gered, wat vir die laaste paar jaar alleen in ’n woonbuurt oos van Pretoria gewoon het. Net daarna het die span gehoor van nog ’n enkellopende pou, Romeo, net 75 km daarvandaan. Vir Gloria en Romeo was dit liefde met die eerste oogopslag. Hulle is baie tevrede met hul nuwe tuiste en met mekaar.

Nog ’n aasvoël is op pad

By VulPro, die aasvoëlbewaringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, is daar onlangs ’n paar eiers gelê. Kerri Wolter en haar span hou ’n ogie oor die eiers. Elke derde aand word die eiers geweeg en in kerslig geplaas (ge-candle) sodat hulle die vrugbaarheid kan bepaal, gewigsverlies kan monitor en die humiditeit in die broeikas kan aanpas. Dit stel hulle ook in staat om gedetailleerde rekords te hou. Hierdie eiers is twee weke oud en wys goeie tekens van fertiliteit, met die sigbare spinnekopweb-voorkoms.

Só maak mens

Aan die einde van Mei het die span by VulPro ook ’n opleidingsessie gehou vir vrywilligers wat by die organisasie aansluit. Die korrekte hantering van ’n aasvoël is belangrik vir beide die geveerde en die hanteerder.

Tags: Jul/Aug 2022
Previous Post

Die A TOT Z van voertuigversekering

Next Post

Skep optimale toestande vir koring


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In