• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

19 Sep 2022
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Reuse ooruil.

Share on Facebook

“Uber” vir geveerdes

Die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing het in Augustus saamryge­leent­hede vir twee beseerde geveerdes gesoek. Gelukkig het lede van die publiek nie gehuiwer om te help nie. As jy betrokke wil raak om koerier te speel vir diere, kontak hulle by info@owlrescuecentre.org.za of 082 719 5463.

Die klein uiltjie (bo) is van Sannieshof in Noordwes na die sentrum vervoer, terwyl die Afrika-grasuil-pasiënt (links) al die pad van Welkom vervoer is.

Voer ’n uil

Al is die Owl Rescue Centre aanvanklik gestig om uile se lot te verbeter, het die lot van ander diere hulle genoop om tot verdere aksie oor te gaan. Dit veroorsaak egter dat hulle meer fondse benodig en die span is altyd besig om kreatiewe maniere uit te dink om geld in te samel.

Uilmaaltyd-koopbewyse is nou teen slegs R20 per maaltyd op die spyskaart. Vir elke koopbewys wat jy koop, voorsien jy een van die sentrum se pasiënte met ’n ete vir die dag. Deur deel te neem, kwalifiseer jy ook vir die gelukkige trekking om ’n Canon-kamera, ’n Rovos Rail-reis na die Victoria-waterval, ’n Toyota Starlet of ’n Toyota Land Cruiser-dubbelkajuit te wen. Jy kan soveel maaltydbewyse koop as wat jy wil, aangesien elkeen vir jou ’n nuwe inskrywing gee. Besoek die Owl Rescue Centre se Facebook-blad vir meer inligting.

Ons gesin brei uit

Tot dusver het VulPro, die aasvoëlbewa­ringsorganisasie in die Hartbeespoort-omgewing, ’n ontsettende besige broeiseisoen met inkubasie wat so vroeg as April begin het en tot middel September gestrek het. Aan die begin van Augustus was 17 Kaapse aasvoël- en twee witrugaasvoëlkuikens reeds gebore, en nog drie het in Augustus gevolg. Die kuikens sal vrygelaat word as deel van die organisasie se Suider-Afrikaanse aasvoëlherstelprogram, wat daarop gemik is om die uitsterwing van Afrika-aasvoëlspesies te voorkom. Jy kan hierdie belangrike bewaringsprojek ondersteun deur een van hierdie kuikens “aan te neem”. Kontak Kerri Wolter by 082 808 5113 of kerri@vulpro.com vir meer inligting.

Groot opwinding het by VulPro geheers toe twee Kaapse aasvoëls wat vroeër vanjaar van die Detroit-dieretuin in die Verenigde State van Amerika (VSA) na Suid-Afrika gebring is, hul eerste eier gelê het. Die span is baie opgewonde oor die uitbreiding van hierdie spesie, wat deel vorm van hul pogings ter ondersteuning van be­volkingsherstelprogramme. Ongelukkig is die getalle ’n nekslag toegedien met die nuus op 11 Augustus dat 150 aasvoëls binne twee dae vir “muti”-doeleindes vergiftig is. Dié twee afsonderlike gevalle was in die Nasionale Krugerwildtuin en Chobe, Botswana. Sulke barbaarse gebruike het ’n groot impak op die aasvoëlgetalle omdat die kuikens nie sonder hul ouers kan oorleef nie.

Die ideale plek vir ’n unieke afspraak

As jy ’n unieke buitelugervaring wil beleef waar jy Suid-Afrikaanse uile in hul natuurlike omgewing kan waarneem terwyl jy ’n smaaklike aansitete geniet, is die Owl Sky Lounge die plek vir jou. Hier kan jy sien hoe verskillende uilspesies die voer­platforms besoek. Hierdie is nog ’n fondsinsamelingsinisia­tief wat uil- en wildbewaring in Suid-Afrika ondersteun. Klik die op die skakel om die webblad te besoek en jou spesiale afspraak te bespreek, https://www.owlrescuecentre.org.za/Owl-Sky-Lounge/

Tags: Sept/Okt 2022
Previous Post

Nuwe direksielid is gretig om te leer

Next Post

Hoë insetkoste noodsaak innoverende oplossings


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In