• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Fri, Jul 4, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Makelaars se rol in die vervoerbedryf

Elma Jansen van Vuuren, NWK & IP Makelaars

25 Jan 2023
in Dinamiese vennoot
Makelaars se rol in die vervoerbedryf
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Makelaars poog om die beste premies vir hul kliënte te beding – soms te midde van uitdagende omstandighede.

Die afgelope drie jaar het die padvervoerbedryf in Suid-Afrika verskeie uitda­gings in die gesig gestaar. Logistieke ondernemings moes eers die stilstaande tyd van COVID-19 oorleef. Daarna het hulle die kwaadwillige handelinge van plunderaars (looters) en vandalisme in die gesig gestaar, waar vragmotors geplunder en uitgebrand word.

Net toe dit lyk asof die probleme verby is en hulle kan asem skep, staar astronomiese SASRIA-premies en stygende brandstofkoste kliënte in die gesig, wat die winste van hierdie ondernemings doodwurg.

Oplossing vir uitdagings

As makelaar van ’n paar logistieke ondernemings was een van NWK & IP Makelaars se grootste uitdagings, veral die afgelope drie jaar, om saam met versekeraars en kliënte na die mees geskikte produk, dekking en premie in die mark te soek. Want soos die meeste mense weet, is die beginsel van versekering gebaseer op ’n poel waar gemiddelde en laer risiko’s help dra aan die laste van hoër risiko-kliënte.

Versekeraars in die logistieke veld bied aan elke onderneming unieke oplossings:

  • Sommige sal byvoorbeeld, waar geïdentifiseer word dat ’n spesifieke bestuurder vir meer ongelukke as ’n ander verantwoordelik is, aan so ’n bestuurder klasse aanbied om die risiko beter te bestuur.
  • Party versekeraars sal aan ’n kliënt wat na hulle vragmotors omsien, op ’n basis van ooreengekome waarde, die voertuie vir ’n twaalf maande-tydperk verseker en selfs tot 20% bo die markwaarde vasmaak as basis vir die voertuig se versekerde waarde.

Daar is ongelukkig sommige van die versekeringsuitdagings waaraan makelaars weinig kan verander, maar daar is tog ’n groot rol te speel as kundiges op die gebied om te verseker die kliënt het die beste pakket vir sy individuele blootstelling.

Raad vir makelaars

Makelaars wat logistieke ondernemings se versekeringsake hanteer, moet eerstens seker maak dat hulle hul kliënt se onderneming ken sodat hulle doeltreffend met die versekeraars kan onderhandel.

Dit geld veral vir plattelandse boeregemeenskappe, waar die logistieke ondernemings se kernvervoersake rondom die landbousektor en laer risikogebiede draai. Deur net byvoorbeeld te motiveer dat die versekerde nie in die hoë risikogebiede beweeg nie, kan ’n beter tarief vir hom beding word.

Sommige faktore om in ag te neem wanneer voorwaardes vir logistieke verseke­ring onderhandel word, is onder andere:

  • Die spesifieke gebied waar die kliënt beweeg.
  • Watter kommoditeite vervoer die kliënt?
  • Betaling van bestuurders – maandeliks of per rit.
  • Met watter tipe bybetalingstruktuur is die kliënt gemaklik?
  • Waar oornag die voertuie wanneer hulle uit is op aflewering?
  • Hoe word die voertuie onderhou en gediens?

Makelaars moet dus soos advokate optree vir hulle kliënte by die versekeraars deur:

  • ’n Volledige sake-ontleding en behoeftebepaling vir elke kliënt te doen.
  • Seker te maak dat die kliënt met ’n laer risiko nie ’n hoë risiko-premie betaal nie.
  • Verseker dat waar die kliënt ook al geplaas word, sy laer risiko in ag geneem word.
Tags: Jan/Feb 2023
Previous Post

Young NWK agronomist wins top award

Next Post

Bewaringsnuus uit ons kontrei


Recommended

May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

May/June 2025: Agricultural economic report

May/June 2025: Agricultural economic report

3 Jul 2025
NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

NWK vier Jeugmaand deur meer as 550 pare skoolskoene uit te deel

3 Jul 2025
Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

Ystermanne en -vroue mik na R1 miljoen vir Agri Securitas

26 Jun 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In