• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Broodnodige opknappings nou moontlik danksy gholfdag

27 Feb 2023
in Dinamiese vennoot
Broodnodige opknappings nou moontlik danksy gholfdag

Truidie van Schalkwyk ontvang die tjek vir Brits Rusoord van Johan Bezuidenhout (links) en Theo Rabe (groephoof- uitvoerende beampte van NWK).

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die bestuur van Rusoord Ouetehuis Vryburg en Brits Rusoord was oorstelp toe hulle sien dat elk van hierdie huise vir bejaardes R145 000 ontvang wat tydens 2022 se Grip4Charity-gholfdag ingesamel is.

Hierdie gholfdag word jaarliks aangebied en NWK se verskaffers neem grootliks hieraan deel. Inskrywingsfooie asook die opbrengste van ʼn wynveiling daardie aand word dan aan voorafgeïdentifiseerde begunstigdes geskenk.

Grip4Charity maak ‘n verskil

Die eerste Grip4Charity is in 2006 aangebied waarvan die eerste twee begunstigdes elk sowat R23 000 ontvang het. Hierdie inisiatief het sedertdien van krag tot krag gegaan tot waar R145 000 die afgelope Vrydag (24 Februarie 2023) aan 2022 se twee begunstigdes oorhandig is – die grootste bedrag tot dusver.

“Daar is deur die jare al R2,4 miljoen aan 31 begunstigdes geskenk. Die goeie verhouding wat ons met ons sakevennote het, maak dit moontlik om by hierdie som uit te kom,” het Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, tydens die oorhandiging van die tjeks gesê.

Truidie van Schalkwyk, bestuurder van Brits Rusoord, het Vrydag met die ontvangs van die tjek gesê dat, waar die tehuis voorheen tot 40 selfsorg-inwoners gehad het, daar nou slegs drie is.

“Hulle is nou almal verswak en pasiënte met Alzheimer se siekte.” Gemeenskappe se besteebare inkomste is minder en gesinne wag daarom nou tot die bejaardes in hul midde eers verswak is, voordat hulle hul in instellings soos Rusoord plaas.

“Dit vereis meer personeel om sorg te kan verskaf,” het Truidie verduidelik. Sy het NWK vir dié bydrae bedank en benadruk dat dit aangewend sal word om noodsaaklikhede aan te koop en instandhouding te doen.

Ook Gerhard Kühn, bestuurder van Rusoord Outehuis Vryburg, het gesê dat voedselinflasie van tot 17% hulle genoodsaak het om hul loesiestariewe te verhoog en dat hulle dit nie kan bekostig om personeel se salarisse opwaarts aan te pas nie.

Johan Bezuidenhout, Gerhard Kühn en Theo Rabe tydens die tjekoorhandging vir Rusoord Outehuis Vryburg.

“Een van die gevolge van dié losiesverhoging is dat ons vyf inwoners verloor het. Ons gemeenskappe raak ook uitgeput. Borge help eerstens skole en kan nie altyd vir ons ook help nie. Dit maak NWK se inisiatief net soveel wonderliker. Die gholfdag op Harbeespoort(dam) het ons blootstelling aan ander borge ook gegee,” het Gerhard verduidelik.

Die volgende Grip4Charity word beplan vir 17 Oktober vanjaar.

Tags: Jan/Feb 2023
Previous Post

February 2023: Agricultural economic report

Next Post

Vee-inligtingsdag ’n waardevolle inligtingsbron vir veeprodusente


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In