• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Thu, Jun 19, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

22 Mar 2023
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Met elke seisoensverandering kom nuwe uitdagings op die plaas. Maak daarom gebruik van die dienste wat NWK Landboubestuursdienste se span bied om uitdagings op die plaas te bekamp.

In hierdie uitgawe gee Martiens du Plessis (bestuurder: landboustelsels en -projekte) onder andere riglyne oor winteronkruid en swamsiektes op gewasse. In sy bydrae deel Pieter le Roux (hoof diere- en weidingspesialis) wenke oor weidingsbestuur en dieregesondheid.

Beheer winteronkruid betyds

Winteronkruid kom tipies in April en Mei op. Met die dreigende El Niño in die volgende seisoen, raak grondvogbestuur nou uiters belangrik, en daarmee saam ook uitnemende onkruidbeheer. Laat April en begin Mei is ’n goeie tyd om hierdie onkruide by wyse van oorhoofse bespuitings in mielies met glifosaat in Roundup Ready-kultivars te beheer. In wye rye (2,3 m) kan dit meganies by wyse van vlak skoffelbewerkings gedoen word.

Onkruidbeheer in hierdie stadium help om die lande in die winter skoon te kry. Hierdie praktyk word sterk aanbeveel omdat dit daartoe bydra om meer grondvog na die volgende seisoen oor te dra, en dit help ook betekenisvol om lande ná stroop te kan bewerk.

Swamsiektes

Swamsiektes op gewasse is hierdie jaar nie so erg soos in die vorige paar nat jare nie. Desnieteenstaande moet dit steeds dopgehou word en waar nodig beheer word.

Voorbeelde hiervan is noordelike blaarskroei en grysblaarvlek op mielies, witroes, poeieragtige meeldou, hoekige blaarvlek en Sclerotinia stam- en kopvrot op sonneblomme, en vroeë blaarvlek, laatblaarvlek, spatselvlek en pepervlek op grondbone. As hierdie siektes vermoed word, skakel dadelik die landboukundiges by NWK Landboubestuursdienste.

Presisie vir die nuwe seisoen

As chemiese presisie nog nie op die oorlêlande uitgevoer is nie, kontak NWK Presisieboerdery om dit te doen. Dit is nog nie te laat nie. Beplan ook jou presisiestrategie vir die nuwe seisoen saam met NWK Presisieboerdery by wyse van ’n gratis plaasbesoek.

Skakel NWK Landboubestuursdienste by 018 633 1143 vir advies rakende presisiedienste en ander produksiepraktyke.

Weidings en voeding

Wydverspreide reën het reeds in die NWK-bedieningsgebied voorgekom. Lichtenburg het in die tydperk vanaf Oktober 2022 tot Januarie 2023 alreeds 315 mm reën ontvang.

Sedert die aanvang van die seisoen in Julie 2022 het die stasie sowat 93% van die lang­termyngemiddelde (LTG) neerslag tot einde Januarie 2023 ontvang. Die NWK-gebied het in Januarie 2023 egter slegs 27% van Januarie 2022 se neerslag ontvang en slegs sowat 31% van die LTG vir dié gebied. Beide veld en aangeplante weidings het goed ontwikkel gedurende die eerste helfte van die seisoen.

Onthou:

  • Die seisoen bied ’n goeie geleentheid om voer op te gaar vir latere verkoop of vir die opbou van ’n voerbank.
  • Spaarkampe kan nou die geleentheid gegun word om saad te skiet vir versterking van die stand, veral waar dit voorheen swaar benut was.
  • Geen verdere bemesting behoort vir die seisoen toegedien te word nie.

Dieregesondheid en bestuur

BEESTE

Somerdek

  • Kalwers wat van April tot Junie gespeen word, moet met Multimin en vitamien A ingespuit word. Inentings teen knopvelsiekte, Slenkdalkoors, beesvirusdiarree (BVD) en milt- en lamsiekte is ook noodsaaklik.
  • Verse wat in Maart/April 18 maande oud is of agt weke voor dektyd is, moet hul tweede dosis RB51 kry. Hulle moet ook teen BVD ingeënt, ontwurm en, waar nodig, teen lewerslak behandel word. Waar nodig, moet hulle ook elke drie maande Multimin en vitamien A-inspuitings ontvang.

Winterdek

  • Koeie wat vanaf Junie tot Augustus gedek word, kan vier weke voor dektyd (begin Mei), indien nodig, inentings teen vibrio, BVD, besmetlike misgeboorte, oftewel BM, (verkieslik RB51 indien nie voorheen teen BM geënt was nie), asook Multimin en vitamien A-inspuitings, ontvang.
  • Verse wat in Mei/Junie gedek word, kan vier weke voor dektyd (begin April) hul tweede vibrio-inenting en vitamien A-inspuitings ontvang.
  • Koeie en verse wat in Februarie tot Mei kalf: Goeie toesig is veral by verse nodig, waar kalfprobleme meestal voorkom. Verseker dat kalwers van veral verse ná geboorte suip om die stuwing van uiers te voorkom – dit kan lei tot verse wat hul kalwers snoep of selfs weggooi. Dit sal ook verseker dat alle kalwers genoeg kolostrum ontvang.
  • Onthoring kalwers weekliks tydens die kalfperiode.
  • Bulevaluasies kan gedurende Maart gedoen word, met die oog op die komende dekseisoen.

SKAPE

  • Alle skape ouer as drie maande moet teen bloednier geënt word, veral waar beoog word om oesreste of groen aangeplante weidings in die winter te benut. Die beste resultate word verkry wanneer inentings ná ses weke met ’n skraagdosis opgevolg word.
Tags: MRT/APR 2023
Previous Post

Proewe help met besluitneming op die lande

Next Post

NWK skraap weer grondpaaie voor stroopseisoen


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In