• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Bemes weiding met die oog op “maer jare”

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

17 May 2023
in Nuus
Bemes weiding met die oog op “maer jare”
Share on Facebook

Bemeste weiding is ’n goeie belegging vir maer jare wat voorlê en ’n doeltreffende hulpmiddel in die bestuur van hierdie kommoditeit.

Danie van den Berg, ’n landboukundige by Omnia, het op 16 Maart by ’n Grasdag by Piet Plessis in Noordwes opgetree. Sowat 30 produsente van die omgewing het kom luister en eerstehands gesien hoe ’n proef wat die afgelope jaar op bloubuffelgras op Wynand Bester se plaas gedoen is, vergelyk met ’n kamp wat geen bemesting ontvang het nie.

Wynand Bester (links) was die gasheer tydens die Grasdag en Danie van den Berg van Omnia die kundige wat besoekers kom wys het watter verskil bemesting aan weiding maak.

Proefresultate

Twee kampe van 5 hektaar elk is as onderskeidelik toets- en kontrolekampe ingespan. Die toetskamp is in Oktober verlede jaar met 400 kg Greensulph, wat gelyk­staande is aan 100 kg stikstof (N) en 8 kg swael (S), bemes.

  • Die drakrag van die toetskamp was gelykstaande aan 21 verse oor 90 dae en dié van die kontrolekamp slegs tien verse oor 60 dae.
  • Die gemiddelde toename per bees in die kontrolegroep was slegs 46,3 kg, teenoor 87 kg in die toetskamp.
  • Boonop het die tien verse in die kontrolekamp 34 kg lek gevreet, teenoor slegs 24 kg lek wat in die toetskamp benut is. Dit dui daarop dat die bemeste weiding beter in die diere se voedingsbehoeftes voorsien.
  • Januarie was droog, en Wynand het opgemerk dat die bemeste deel baie vinniger gereageer en gegroei het nadat die reën wel weer begin val het. Diere kon hierdie kampe dus vinniger benut.
Ná die inligtingsessie het produsente die aangeplante weiding besigtig.

Danie het beaam dat russtelsels en bemesting mekaar komplementeer, en dat bemeste weiding vroeër en langer bewei kan word. “Dit is uiteraard koste-intensief omdat kunsmis duur is en daarom bedoel vir klein, aangepaste weidingskampies, nie ’n hele plaas nie. Die doel van bemeste gras is dus om voorsiening te maak vir droë jare deur die gras te sny, te baal en natuurlike weiding langer te laat rus.”

As die vervoerkoste van voer tydens droogtes boonop in ag geneem word, klop die som waarskynlik om weiding op jou eie plaas te bemes en te baal.

Nie net kan meer beeste vir ’n langer tydperk op ’n bepaalde stuk veld wei nie – hulle benodig ook minder lek deurdat die gras se voe­dingsgehalte toeneem.
Tags: Mei/Jun 2023
Previous Post

Ruim skenking laat die sterte swaai

Next Post

Teler se topkoeie ryg die toekennings in


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In