• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Ruim skenking laat die sterte swaai

17 May 2023
in Dinamiese vennoot
Ruim skenking laat die sterte swaai

Marlette Smit van Lichtenburg Toyota (links voor) oorhandig die tjek aan Muriel Poole van Lichtenburg Dierewelsyn (naaslinks) terwyl vriende van dié organisasie toekyk.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Die honde en katte by Lichtenburg Dierewelsyn se sterte swaai vrolik nadat ’n bedrag van R65 000 en ’n allemintige 1,65 ton kos tydens die jaarlikse Toyota Night Race vir hulle ingesamel is. Dié resies is op 3 Maart by Lichtenburg Toyota aangebied en was ’n groot trekpleister vir fietsry-entoesiaste.

Al die fietsryers het om 19:00 weggespring en moes die speke laat sing tot 07:00 die volgende oggend. Omdat dit in die nag was, is ’n baan van 3,43 km uitgelê. Die doel was om te kyk watter deelnemer die meeste rondtes in hierdie tydgleuf kon voltooi.

Pieter Geldenhuys, bestuurder van Total Energies, en sy seun Bernard is van die diereliefhebbers wat saam getrap het.

Dusty Day, die bekende Suid-Afrikaanse fietsrykampioen, het 74 rondtes voltooi en is as die wenner aangewys. Die 15-jarige Wiejan Nieuwoudt van Lichtenburg was kort op sy hakke met 69 rondtes.

’n Hardloper, Riaan Ludick, het ook 50 km vanaf ongeveer 19:00 tot middernag kafgedraf. Vir die kleinspan is daar ’n spesiale fietsiebaan opgestel waarop hulle voor die tyd kon ry.

Dit is die derde jaar wat hierdie fondsinsamelingsinisiatief ten bate van Lichtenburg Dierewelsyn aangebied is. Marlette Smit, ’n verkoops­konsultant by Lichtenburg Toyota, is bekend vir haar welsynswerk in die omgewing en is die stigter van dié inisiatief. Sy is juis kort voor die Toyota Night Race weer as Toyota Suid-Afrika se Robin Hood Knight of the Year 2022 aangewys.

Die OFM-omroeper, Nico van der Westhuizen, voer ’n onderhoud oor die nagresies met Johan Bezuidenhout.

NWK was een van die hoofborge van die geleentheid en die buite-uitsen­ding deur OFM is moontlik gemaak deur NWK en Lichtenburg Toyota. Die omroeper, Nico van der Westhuizen, het tydens die joyride ’n onderhoud met Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, gevoer oor NWK se betrokkenheid by die nagresies.

Johan het verduidelik dat, hoewel troeteldiere die mens se mees getroue vriende is, hulle dikwels afgeskeep word. “NWK skenk sedert 2015/2016 op ’n maandelikse basis kos en benodigdhede soos medisyne aan Lichtenburg Dierewelsyn.”

Oor NWK se talle korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsprojekte, het Johan gesê: “Hoe meer dinge jy doen, hoe meer tyd kry jy om nóg te doen. Dit is vir NWK belangrik om terug te gee aan die gemeenskappe waarin ons funksioneer. Sonder gemeenskappe op die platteland het NWK nie ’n bestaansreg nie. Dit is en bly vir NWK ’n voorreg om te kan doen wat ons doen. Ons kan nie die wêreld red nie, maar ons kan vir mense hoop gee.”

Muriel Poole van Lichtenburg Dierewelsyn het gesê dat hulle oorweldig is deur die ondersteuning van maatskappye soos Toyota en NWK. “Ons is baie dankbaar vir die toegewyde werk deur die span van NWK om in die behoeftes van diere wat weggegooi en verwaarloos is, te voorsien.

Marlette is baie tevrede met die opkoms van hierdie jaar se byeenkoms. “Dankbaar is nie die woord nie! Elke jaar word net groter en groter. Daar is soveel mense wat met ons hande vat en ’n verskil maak. Ook NWK is ’n seën waarvoor ek net dankie kan sê!”

Tags: Mei/Jun 2023
Previous Post

Klante se veiligheid weeg die swaarste

Next Post

Bemes weiding met die oog op “maer jare”


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In