• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Joernaliste beïndruk deur plattelandse innovasie

24 Jul 2023
in Dinamiese vennoot
Joernaliste beïndruk deur plattelandse innovasie

NWK se nuwe toep NWK Online is op 21 Junie amptelik bekendgestel.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Lede van Landbouskrywers SA het NWK op 21 en 22 Junie besoek om NWK Online se eksterne bekendstelling by te woon. Die invloed van beurtkrag op die maatskappy se werksaamhede, asook die ontwerp van NWK se unieke graanbunkerstelsels, is ook tydens dié mediatoer uitgelig.

Nicolene Smalman (kommunikasiebeampte van NWK) het ’n paneelbespreking gelei om die praktiese toepas­sing van die onderskeie bestuursfunksies op dié toep te illustreer. Leon Stoltz (assistentbestuurder van stelsels by NWK se IT en ontwikkelaar van NWK Online), Eric Louw (bestuurder van presisieboerdery by AgTech@NWK), Pieter Coetzer (senior bestuurder van Handel), Jurie Bezuidenhout (senior portefeuljebestuurder by Graanbemarking), Biebies Smith (finansieringsanalis) en Attie Smook (produsent van die Delareyville-omgewing) het aan die gesprek deelgeneem.

Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder van NWK, het meer oor die maatskappy se bygewerkte toepassing vertel.

Theo Rabe (groephoof- uitvoerende beampte van NWK) het hierna die invloed van beurtkrag op NWK se werksaamhede bespreek en die astronomiese uitgawes wat dit tot gevolg het, uitgelig. NWK se hoofkantoor is gevolglik volledig met sonpanele, wisselrigters, batterye en ’n kragopwekker toegerus. Sonkragstelsels word ook by die silokomplekse in Sannieshof, Ottosdal en Delareyville opgerig.

NWK is ’n korporatiewe lid van Landbouskrywers SA, ’n organisasie wat uit landboujoernaliste bestaan. Hier is van die joernaliste wat die toer meegemaak het.

Tydens die sessie met die media het Theo onthul dat Epko beplan om krag op te wek deur die sonneblomsaaddoppies wat as afvalproduk by die pers versamel, te verbrand. Dié kragopwekkingsaanleg sal na beraming sowat R200 miljoen kos en 2,2 megawatt se krag kan opwek.

Die bestuurder van NWK se Silodienste, Ian Britt, het die volgen­de dag die graanbunkerstelsel by Nooitgedacht se silo’s aan die landbouskrywers gaan wys. Ian, ’n meganiese ingenieur, het dié stelsel self ontwerp. Hy het verduidelik dat, hoewel dit nie nuwe tegnologie is nie, dit bestaande tegnologie van ’n silo inspan om die werking van ’n graanbunker meer presies en doeltreffend te maak.

Stapelaars word gewoonlik gebruik om graan van bo na onder in bunkers te stort, maar dit lei tot grootskaalse vermorsing omdat dié hope se hellings dan té skuins neig. Ian het gevolglik stellasies met vervoerbande bokant die graanbunkers opgerig. Graan word nou op hierdie vervoerbande geskuif en met ’n statiese stortbak na onder geledig, wat Ian en sy span silobestuurders beter beheer oor die vorming van die hope graan bied.

Marianna du Plessis, ’n lid van Landbouskrywers SA wat getaak is met bemarking by AgriX, het ná afloop van die mediatoer gesê: “NWK is planmakers en groot verskilma­kers in die gemeenskappe waar daar verteenwoordiging is. Die boere het julle nodig, bou so voort.”

NWK se unieke graanbunkerstelsels word met groot vrug gebruik by Nooitgedacht, Grootpan, Boschpoort, Rostrataville en Biesiesvlei se silo’s.
Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Die sluipende gevaar van trauma

Next Post

Plaasmeisie bestuur nou hommeltuie


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In