• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Plaasmeisie bestuur nou hommeltuie

25 Jul 2023
in Dinamiese vennoot
Plaasmeisie bestuur nou hommeltuie

Roneldi van der Westhuizen is opgewonde oor die moontlikhede wat hommeltuie inhou en voel sy is op die “regte plek” in haar loopbaan.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

“Moet ’n vrou nou vir my sê hoe ék moet boer?” Roneldi van der Westhuizen (27), ’n grondkundige by NWK wat onlangs ook haar hommeltuiglisensie met onderskeiding verwerf het, is al met hierdie woorde deur manlike boere begroet wat NWK geskakel en vir ’n landboukundige gevra het. Sy lag en sê dat sy bloot dan antwoord: “Ja, luister!”

Roneldi was die enigste vrou in ’n klas van 17 hoopvolles wat vir hul hommeltuiglisensie geleer het. ’n Handjievol het nie klaargemaak nie, maar Roneldi het stof in die ander se oë geskop en spog met 97% op haar kursussertifikaat.

Sy het “grootgeword saam met haar pa in die bakkie”. Hy het as voorman op plase in die Lichtenburg- en Gerdau-omgewing gewerk en sy het elke geleentheid aangegryp om saam met hom lande toe te gaan.

Nadat sy ’n BSc Agric-graad in agronomie en grondkunde by die Universiteit van die Vrystaat verwerf het, het sy in 2021 as ’n leerlingprogrammeerder by NWK se Departement Inligtingstegnologie (IT) begin werk. Daar was aanvanklik nie ’n pos by AgTech@NWK beskikbaar nie en Roneldi het gemeen dat, as sy net eers ’n voet in die deur by NWK kon kry, sy makliker by AgTech@NWK sou kon inkom. Haar deursettingsvermoë het vrugte afgewerp en sy het waardevolle ervaring opgedoen. Met haar agtergrond in landbou én nou ook programmering, is sy by AgTech@NWK ingespan om met geografiese inligtingstelsels (GIS) te help. In Augustus 2022 is sy as ’n grondkundige aangestel en vandag doen sy chemiese ontledings en regstellings, verkenningsondersoeke van grond wat te koop is asook verdigtingstudies.

Hommeltuie trek haar aandag

Roneldi se belangstelling in hommeltuie is geprikkel toe sy ’n produsent van Mareetsane in aksie met een gesien het. Sy het kort hierna ’n artikel vir NWK Arena geskryf oor die voordele wat hommeltuie vir ’n boerdery inhou (Jan/Feb 2023). Teen hierdie tyd het NWK se AgTech@NWK en Meganisasie reeds beplan om hierdie werktuie by sy produkreeks te voeg en is Roneldi by die proses betrek.

As geregistreerde DJI-handelaar, moes iemand by NWK ’n hommeltuiglisensie bekom en Roneldi is as die perfekte kandidaat geïdentifiseer. Jacobus Claassens, operasionele bestuurder van AgTech@NWK, vertel dat Roneldi se agtergrond in inligtingstegnologie haar die ideale kandidaat gemaak het om die tegnologiese uitbreidings by AgTech@NWK aan te pak. “Boonop is sy ’n perfeksionis, wat die omvattende wetlike vereistes ten volle handhaaf.”

Roneldi is eers aan streng mediese keuring onderwerp voordat sy vir die opleiding goedgekeur is. Sy het sewe dae se teoretiese opleiding ondergaan, waartydens sy alles geleer het oor die relevante wetgewing, asook die komponente van ’n hommeltuig en hoe om dit te herstel. Hierna moes sy ’n radiolisensie verwerf deur ’n sogenaamde radio-eksamen by Wonderboom-lughawe te voltooi. “Jy klim in ’n flight simulator en moet radioroepe doen waarop jy gegradeer word,” verduidelik sy.

Met haar radiolisensie, is sy terug vir vier dae se praktiese opleiding, waarna sy op die vyfde dag vir haar lisensie moes vlieg. Sy het ’n soge­naamde visual line of sight (VLOS)-grade­ring, waarvolgens sy 500 m ver en 120 m hoog mag vlieg. Met ’n beyond visual line of sight-gradering, is die afstand wat jy mag vlieg onbeperk. Lisensiehouers moet egter dan instrumentele vlugplanne indien en steun grootliks op kaarte.

“As jy 2 km ver wil vlieg, moet jy wéét wat is 2km ver. Die vlieënier moet kan sê waar hy/sy gaan opstyg, asook waar die naaste toegangsroete en hospitaal is indien iets skeefloop. Hy of sy moet ook ’n fly away-sone skep – indien die hommeltuig se ‘kop’ deurmekaar raak en jy beheer verloor, moet jy weet watter lugtoring om te kontak.”

Roneldi moet ook met elke vlug die hoeveelheid batterykrag in gedagte hou. Hommeltuigbatterye raak vinnig pap en wetgewing vereis dat sy nie met ’n battery met minder as 10% krag oor mag land nie.

Dié nuwe tegnologie keer boerdery op sy kop

Hommeltuie bied ’n legio van moontlikhede wat landbou­kundiges en produsente se werk sal vergemaklik en groter akkuraatheid verseker. NWK is besig om vir die nodige sertifisering aansoek te doen, wat Roneldi in staat sal stel om met ’n klein hommeltuig opmetings van NWK se graanbunkers te doen, waarmee sy die voorraadvlakke sal kan bepaal.

Die DJI Agras-reeks kan ’n hele land bespuit en ook kolbe­spuitings doen. “Indien ’n boer my kontak en kla oor byvoorbeeld onkruidkolle, kan ’n klein hommeltuig oor die land vlieg, die beelde verwerk en die betrokke kolle merk. Hierdie kaart kan dan in die groter hommeltuig gelaai word om slegs die besmette kolle te spuit.”

Dit is uiteraard baie kostedoeltreffend en Roneldi vertel van ’n gelukkige kliënt wat self onlangs die T40 aangeskaf het: “Omdat hy nét die geaffekteerde kolle spuit, betaal hy reeds die helfte van sy hommeltuig af,” verduidelik sy.

NWK gaan binnekort sy hommeltuigafdeling uitbrei en Roneldi gaan dan daarna omsien. Tog bly haar eerste liefde grondkunde. “Dit was ’n voorvereiste toe ek ingestem het om met die hommeltuie te werk – ek het landbou studeer vir ’n rede,” hou sy vol.

Staan jou man, oftewel vrou

Roneldi lag sommige mans se aanvanklike skeptisisme oor haar vermoëns af. “Jy moet die selfvertroue hê om vir jouself te kan opstaan en as die boer agterkom jy is selfversekerd, het hy outomaties meer vertroue in jou oordeel.”

Haar raad aan ander vroue wat ’n loopbaan in ’n omgewing oorweeg wat nog deur mans gedomineer word, is: “Krag weet nie wat is geslag nie, dit sit in die hart en siel van elke vrou wat haar pad in ’n ‘man se wêreld’ baan.”

Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Joernaliste beïndruk deur plattelandse innovasie

Next Post

Kry hier raad vir gesonder lewenskwaliteit


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In