• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Tegniek

Landbou vandag

Martiens du Plessis en Pieter le Roux

25 Jul 2023
in Tegniek
Landbou vandag
Share on Facebook

Goeie landboukundige praktyke is belangrik om suksesvol te boer. Die span van NWK Landboubestuursdienste is altyd gereed om produsente met raad by te staan om uitdagings op die plaas te bekamp.

In hierdie uitgawe gesels Martiens du Plessis (voorheen bestuurder: landboustelsels en -projekte) oor die waarde van oorgedraagde grondvog en die sterk El Niño wat op pad is. Pieter le Roux (hoofdiere-en weidingspesialis) deel wenke oor dieregesondheid, weiding en voeding.

Akkerboupraktyke

OORGEDRAAGDE GRONDVOG WAARDEVOL VIR DIE NUWE SEISOEN

Die afgelope seisoen en laat reën het die grondvog in die profiele effens verbeter ná die redelike droë najaar wat verby is. Die lande het oor die algemeen heelwat grondvog oor. Winteronkruid gaan gretig wees om oordragwater te verkwis en daarom moet die lande baie skoon gehou word.

Lande met winteronkruid moet direk ná strooptyd skoongemaak word – dit kan meganies met vlerkskare of chemies beheer word. Indien die lande bewei moet word, moet dit steeds eers direk ná strooptyd met vlerkskare skoongemaak word en dan kan die lande steeds bewei word.

Die grondvog bied ook die geleentheid dat die grond ná strooptyd bewerk sal kan word. Gegewe dié geleentheid, behoort grondverdigtingstoetse nou gedoen te word om die aangewese bewerkingsdiepte of -metode te bepaal.

’N BESONDERE STERK EL NIŇO OP DIE HORISON

Vroeë tekens dui daarop dat die nuwe produksiejaar in ’n besondere sterk El Niño-fase gaan wees en dat die Indiese Oseaan Dipool-indeks (IOD) rondom normaal gaan wees, wat op ’n baie groot waarskynlikheid vir ’n droë seisoen dui. Gegewe die oordragvog en met ’n ondergemiddelde reënval, asook insetkoste wat op baie hoë vlakke is, is potensiële winsmarges onder druk en is die produksierisiko en ook finansiële risiko hoog.

Weens die hoë vlakke van insetkoste kan produsente nie anders nie as om weer vir ’n bogemiddelde opbrengspotensiaal te beplan. Daar is nou min grasie vir foute en dus moet die gewasse die beste moontlike kans gegun word om optimaal te produseer. Aspekte wat tot ’n produksierisiko lei, moet haarfyn bestuur word. Laat jou NWK Presisiespan seker maak dat daar nie verdigtings in die grond wegkruip nie.

Die afgelope seisoen het swaar op stikstof geteer. Maak seker dat stikstof nie onderbemes word nie. Grondsuurheid is nie goeie nuus in droër jare nie en moet by wyse van bekal­king reggestel en deeglik in die grond ingewerk word. Doen die regte bewerkingsaksies en doen dit doeltreffend, maar moenie grond onnodig aggressief versteur nie. ’n Permanente spoorverkeerstelsel moet sterk oorweeg word. Uitmuntende onkruidbeheer, twaalf maande van die jaar, is nou nóg belangriker as ooit tevore.

DOEN NÓÚ PRESISIE

Gegewe hierdie riskante scenario, is dit nou tyd om met chemiese presisie af te skop. Dit gee die produsent tyd om regstellings te doen en die verbeterings in te werk. NWK Presisieboerdery staan gereed om dit vinnig en doeltreffend vir produsente uit te voer. Dit is ook nou ’n goeie tyd om grondopnames (grondpotensiale) deur NWK Presisieboerdery te laat uitvoer ten einde gronde volgens hul potensiaal te bemes.

Weiding en voeding

  • Produsente wat oesreste beskikbaar het en waar dit praktyk is om dit te bewei, is nou voluit op reste om dit te benut voordat eersdaags weer met grondvoorbereiding vir die nuwe groeiseisoen begin word.
  • Swaar besmette dekgrasareas kan meganies beheer word, maar die ideaal is ultrahoëdrukbeweiding om dit te benut en/of fyn te trap. Dit kan bevorder word deur die aanvulling van tannienbinders in die diere se winterlek. Die hergroei van hierdie kampe kan ideaal vroeg in die groeiseisoen benut word, voordat dit onsmaaklik raak en om dekgras dan spesifiek swaar te benut. Vleie kan ook in die winter benut word, aangesien dit in die lente vinnig uitloop en ook vroeë weiding voorsien.
  • Dekgraskampe moet verkieslik nie gebrand word nie, aangesien dié spesie ’n soge­naamde brandklimaks is en gewoonlik ná brand meer aggressief hergroei.
  • Sorg dat die bemestingsbeplanning in plek is vir aangeplante weidings. Beplan om die helfte van die seisoenale toediening net voor, tydens of net ná die eerste lentereëns toe te dien. Die tweede helfte kan in Januarie/Februarie toegedien word indien die seisoen dit toelaat. Die verdeling help om risiko’s te versprei indien die seisoen swak uitdraai.
  • Maak seker dat dragtige droë diere genoeg weiding het. Hulle moet teen dektyd op ’n kondisiepunt van 3 tot 3,5 uit 5 wees en ook in ’n positiewe energiebalans, met ander woorde in gewig toeneem.
  • Staandehooi (veld of aangeplante weiding) sowel as mielie-oesreste is laag in ruproteïene en hierdie tekort moet met winterproteïenlekke reggestel word. Die tekstuur van die beeste se mis is ’n goeie maatstaf – hou vol met proteïenaanvulling totdat die mis begin “los” raak – ’n aanduiding dat daar genoeg proteïenryke groen materiaal in die weidings voorkom.
  • ’n Tipiese winterlek vir herkouers bevat sowat 40% tot 45% ruproteïen en sowat 18% fosfaat (P). ’n Groot komponent van die ruproteïen behoort vanaf ureum afkomstig te wees. Maak seker dat die korrekte lekbakbestuur in plek is en dat diere die korrekte volumes inneem om korrekte aanvulling te verseker en vergiftiging te voorkom.

Dieregesondheid en bestuur

BEESTE

  • Teelbulle kan reeds in Augustus vir vrugbaarheid en geslagsiektes getoets word. Slegs gesonde bulle moet in die dekseisoen gebruik word.

SKAPE

  • Indien skape nog nie teen bloutong geënt is nie, moet dit nou dringend gedoen word. Ent ook teen ensoötiese aborsie en Slenk­dalkoors. Bloutong het drie inentings, wat drie weke uitmekaar toegedien word. Multimin en vitamien A kan ook nou reeds toegedien word.
  • Volwasse skape kan met ’n goeie inspuitbare middel ontwurm word.
  • Lammers wat in Augustus gespeen word, word teen ensoötiese aborsie, bloutong, bloednier, Pasteurella en Slenkdalkoors geënt. Buiten bloutong en bloednier is daar twee inentings elk vir die ander middels, telkens vier weke uitmekaar.
  • Teelramme kan reeds in Augustus vir vrugbaarheid en geslagsiektes getoets word. Slegs gesonde ramme moet in die dekseisoen gebruik word.
Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Communal land needs good stewardship

Next Post

Tegnologiese ontwikkeling moet versigtig hanteer word


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In