• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Nuus

Regering ‘n stok in die speek van vooruitgang

Nicolene Smalman, Redakteur: NWK Arena

14 Aug 2023
in Nuus
Regering ‘n stok in die speek van vooruitgang

Theo Rabe (groephoof- uitvoerende beampte van NWK), Theo Boshoff (hoof- uitvoerende beampte van Agbiz), Heinrich Krüger (voorsitter van NWK se direksie), Wandile Sihlobo (hoof ekonoom van Agbiz), Liezel Esterhuizen (skakelbeampte van Agbiz) en Wessel Lemmer (algemene bestuurder van Agbiz Grain).

Share on Facebook

Agbiz het NWK besoek te midde van ‘n grootskaalse kragonderbreking wat sakebedrywe en huishoudings in Lichtenburg toe reeds vir langer as ‘n week lamgelê het.

Die ligte het ná beurtkrag op 27 Julie in groot dele van die dorp net nie weer aangekom nie, omdat vandale hulle kans afgewag het om na bewering ‘n substasie te plunder en olie uit die transformator te tap. Met Agbiz se besoek aan NWK op 7 Augustus, was die probleem steeds nie opgelos nie.

Wandile Sihlobo, bekende landbou-ekonoom en hoof ekonoom van dié landbousakekamer, het beaam dat ‘n dorp soos Lichtenburg wat gebuk gaan onder gebrekkige dienslewering en swak bestuur, voor die deur gelê kan word van hóé Suid-Afrika regeer word.

Munisipaliteite ‘n risiko vir NWK

“Munisipaliteite kan die president ignoreer. Hulle het eintlik meer magte as ‘n minister,” het hy gesê met verwysing na die Grondwet wat die bestuur en beheer van munisipaliteit rig. Dit lui onder meer: “Die nasionale of provinsiale regering mag nie ‘n munisipaliteit se vermoë of reg om sy bevoegdhede uit te oefen of sy funksies te verrig, kompromitteer of belemmer nie.”

Daar is wel ‘n artikel in die Grondwet wat voorsiening maak vir ingrypings deur die provinsiale en nasionale regering wanneer munisipaliteite nie hul werk doen nie, maar dit blyk nie veel vrugte af te werp nie.

“NWK is daarom reg om munisipaliteite as ‘n risiko te lys in hulle strategiese beplanning,” het Wandile gesê.

Die platteland bly agter

Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte van NWK, het sy kommer uitgespreek oor die privaatsektor wat munisipaliteite hof toe sleep met die hoop dat dienslewering sal verbeter, maar dat dit nie permanente oplossings bied nie.

“Afgesien van nasionale beurtkrag, ervaar Lichtenburg tans verdere kragonderbrekings en kan Epko (sonneblomolie-aanleg) skaars produseer. “Eskom het aangebied om ‘n ringnetwerk daar te stel, maar daarvoor moet munisipale goedkeuring verkry word. “Die platteland gaan nie verdere groei toon as daar nie elektrisiteit is nie,” het Rabe bygevoeg.

NWK het die afgelope finansiële jaar R75 miljoen verloor aan brandstof wat dit vir sy kragopwekkers moes aanskaf, asook Epko se onvermoë om teen volle kapasiteit te produseer. “Die staatskas het gevolglik R20 miljoen wat dit deur belasting kon inwin, verloor.”

‘n Verandering aan die Grondwet onwaarskynlik

Benedict Modise, NWK se direkteur van Ekonomiese Ontwikkeling, het verwys na samesprekings met relevante ministers en president Cyril Ramaphosa wat tot die ontbinding van Ditsobotla se stadsraad gelei het. “Dieselfde raadslede is egter wéér aangewys, so ons sit met dieselfde uitdagings,” het hy bygevoeg.

“Die waarnemende munisipale bestuurder is met ‘n ander waarnemende munisipale bestuurder vervang. Probleme binne Ditsobotla is groter as die provinsie en ek weet nie hoe die president dit gaan aanspreek nie.”

Benedict het verwys na Cyril se besoek aan Lichtenburg in November verlede jaar. Netwerk24 het berig dat hy tóé gesê het: “Ons gaan die munisipaliteit hier regruk. Soos ons dit doen, sal ons ook op alle ander munisipaliteite in Noordwes en daarna in die breër Suid-Afrika fokus.” Hiervan het daar sedertdien dadels gekom.

Benedict wou by Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz, weet of hulle samesprekings met die regering oorweeg oor ‘n moontlike wysiging aan die Grondwet om die regeringstrukture te verander.

Boshoff het geantwoord dat veranderinge in beleide en wetgewing ongelukkig nie altyd tot veranderinge op grondvlak lei nie. “Die uitdaging lê by primêre departemente verantwoordelik vir infrastruktuur soos paaie en kragvoorsiening. Hoewel die departement van landbou begrip het vir uitdagings in die sektor, kan dit weinig invloed uitoefen oor ander departemente se brandpunte.”

Wandile het bygevoeg dat Agbiz net die vorige dag samesprekings met Cyril gehad het oor die landbousektor. “Hy is deeglik bewus van die uitdagings en gaan eerder sy oorredingsmag aanwend om verandering te probeer bewerkstellig.

Nie Boshoff of Wandile voorsien ‘n politieke wil om die Grondwet in hierdie opsig te wysig nie.

Tags: Jul/Aug 2023
Previous Post

Gedugte pa-en-seun-span se Santa Gertrudis beïndruk by skou

Next Post

NWK desperaat dat kragtoevoer herstel moet word


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In