• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Wed, Jun 18, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

’n Handige toepassing vir graanprodusente

Leon Stoltz, ontwikkelaar van NWK Online

20 Sep 2023
in Dinamiese vennoot
’n Handige toepassing vir graanprodusente
Share on Facebook

Dinamiese vennoot

In die moderne era waarin die samelewing funksioneer, het elektroniese toestelle en rekenaartoepassings vanselfsprekend geword. Dit is bykans ondenkbaar dat iemand sonder ’n elektroniese bankdiens op sy of haar foon kan klaarkom. Net soos wat elektroniese bankdienste vir ’n individu ’n kardinale noodsaaklikheid geword het, net so belangrik het NWK Online vir die graanprodusent geword.

In die vorige uitgawe van Arena is gekyk na die bestuur van derdeparty-toegang, besigtiging van rekeningstate en die stand van ’n lopende maandrekening. Ons het ook gaan kers opsteek oor hoe NWK-transaksies gemonitor en aangewend kan word vir boekhoudingdoeleindes.

In hierdie artikel word die vergrootglas geplaas op die graan­komponent van hierdie handige toep en watter voordele dit vir die graanprodusent inhou.

Weens die aard van NWK se besigheid is dit vanselfsprekend dat NWK Online prominent klem lê op klante se graanbedrywighede. Met hierdie nuttige toep sal graanprodusente voortaan baie meer duidelikheid rakende graanlewerings en die stand van hulle NWK-kontrakte kan verkry.

Voordele

’n Graanprodusent sal die volgende voordele uit Online geniet:

  • Tree pro-aktief op deur “vandag se lewerings” te monitor en sodoende vroegtydig te weet of jou graan se vogpersentasie steeds te hoog is. Is daar skadelike sade in jou graan of moet die stroper se siwwe verstel word? Is daar skoonmaak- of drogings­koste ter sprake, wat is die uitbetaalmassa en word my vragte teen die regte skemas gelewer?
  • Graanlewerings: NWK hou rekord van elke vrag wat ontvang is sodat ’n produsent ’n volledige tydperk se ontvangsbewyse kan besigtig.
  • Graankontrakte: Navraag kan gedoen word oor die besonderhede van graankontrakte wat ooreengekom is. Verder kan die balanse van jou kontrakte gemonitor word sodat jy presies sal weet watter kontrakte nog balanse het, hoeveel geprys is en hoeveel nog nie geprys is nie.
  • Graanopbrengste op landvlak: Indien jy jou landnommer verskaf wanneer jou graan ingery word, sal NWK elke vrag koppel aan die dien­oor­eenkomstige plaas en land waar hierdie vrag gestroop is. Só kan die opbrengs van plase en lande met mekaar vergelyk word. Seisoene kan ook teenoor mekaar gemeet word. Byvoorbeeld, hoe het die plaas Vlakpan in 2020 gevaar teenoor 2023 of hoe het land A met die X-kultivar en minimum reën gevaar teenoor land B met meer reën en kultivar Y?
  • Leweringstotale per seisoen: NWK Online verpak al jou graanlewerings sodat daar ’n totale opbrengs per gewas en per seisoen opgebou word. Soos wat graan ingery word, kan jy die lewerings van die huidige seisoen dophou en sien hoe jou graan­lewerings vorder.
  • Graanvoorraad: Weet hoeveel van jou graan (per produk en graad) op die leweringsrekening en in privaatopberging lê.
  • Graanverhandeling: Online vertoon alle gerealiseerde graanverhandelings, opgesom per produk teen die gemiddelde prys behaal.
  • Markte: Hou die Safex-pryse en die wisselkoerse van die gewilde geldeenhede dop.
  • Silotariewe: Kry ’n volledige oorsig rondom inname-reëlings, sowel as tariewe vir die hui­dige leweringseisoen. Hierdie tariewe sluit onder andere hanterings-, skoonmaak-, bero­kings- en drogings­kostes in.
  • Liggingsdifferensiale: Verkry toegang tot die liggingsdifferensiale van elke gewas per silo.

Die deursigtigheid wat Online bied, stel die graanprodusent in staat om proaktief op te tree, sowel as om deurdagte en doeltreffende besluite te neem. Moenie langer in die duister wees rondom jou graansake met NWK nie – teken nou aan op NWK se Online-platform en wees altyd een tree voor.

’n Nuwe toevoeging tot die opgegradeerde Online is die elektroniese ondertekening van graankontrakte. ’n Aanlyn weergawe van jou kontrak kan besigtig word en indien jy tevrede is, kan die kontrak elektronies aanvaar word deur ’n OTP wat aan jou gestuur is.

Tags: Sept/Okt 2023
Previous Post

Lenteprag verdryf hartseer

Next Post

Invest in owl houses for a pest-free garden


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In