• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Mon, Jun 16, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Buitelewe

Bewaringsnuus uit ons kontrei

16 Nov 2023
in Buitelewe
Bewaringsnuus uit ons kontrei

Kransaasvoël (Cape vulture)

Share on Facebook

Dit is vir VulPro, die nie-winsgewende aasvoël­be­wa­rings­organi­sasie in die Hartbeespoort-omgewing, baie belangrik dat die publiek ingelig word oor die belangrike rol wat aasvoëls in die natuur speel. Hulle het sedert Julie al met 420 leerlinge gesels tydens sessies by skole. Verder het 100 besoekers ook ’n opvoedkundige toer deur VulPro se fasiliteit onderneem om meer te leer. Kontak hulle gerus indien jy in só ’n toer belangstel.

Dis altyd vir VulPro opwindend as een van die aasvoëls wat in rehabilitasie was weer vrygelaat kan word. Gedurende die naweek van 21-22 Oktober kon hulle drie kransaasvoëls ná maande se intensiewe sorg vrylaat.

Nasporingsdata wys altyd die interessante bewe­gings­­patrone van aasvoëls wat vrygelaat word. Hier is aasvoël GB85, wat in Skeerpoort gered is nadat hy te naby aan ’n kragdraad gekom het. GB85 het sedert sy vrylating in September eers Noordwes verken en toe deur Lesotho na KwaZulu-Natal beweeg. Tans ondersoek hy die gebied tussen Kimberley en Bloemfontein.

GB85 se roete.
Aasvoël GB85

Hierdie twee witrugaasvoëlkuikens wat vroeër vanjaar gered is, word nou mooi groot onder die wonderlike sorg van VulPro se perso­neel. Besoek gerus hul Facebook-blad vir meer inligting oor dié organisasie.

Hierdie kransaasvoël is gevind met ’n groot gat in sy kop wat behandel en toegewerk is. Hy het volkome herstel en is nou saam met twee ander aasvoëls wat in die Magaliesburg-omgewing gered is, vrygelaat.

Oulike video’s

’n Interessante “kuiergas” kry baie spesiale behandeling by die Owl Rescue Centre in die Hartbeespoort-omgewing. Dié klein varkie is ’n paar weke gelede gered en is nou al dubbel die grootte wat hy was toe hy gered is. In ’n video op hul Facebook-blad word daar gewys hoe die Murrays se dogter die varkie op haar bed voer. Klik hier en “oe” en “aa” saam!

Het jy geweet dat renosters se ore aanhoudend beweeg terwyl hulle slaap? Klik hier om meer te leer oor waarom dit gebeur.

Tags: Nov/Des 2023
Previous Post

Angoras aard goed in die “wilde weste”

Next Post

Mycotoxins: The lurking danger in food


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In