• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Silo’s klop beurtkrag met sonkrag

Jansen van Vuuren, Ingenieursdienste, NWK Silodienste

14 Mar 2024
in Dinamiese vennoot
Silo’s klop beurtkrag met sonkrag

’n Lugfoto van die sonkragstelsel by een van NWK se silo’s. Roneldi van der Westhuizen van AgTech@NWK het die foto met ’n hommeltuig geneem.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

NWK moes in 2023 noodgedwonge sonkragstelsels teen ’n astronomiese koste by van sy silokomplekse laat oprig om tydens beurtkrag te kon funksioneer. Voorlopige somme toon dat dié stelsels besig is om hulself dubbel en dwars af te betaal.

Beurtkrag het sulke ernstige afmetings aangeneem dat dit moeilik geraak het om by te bly met die toenemende druk wat veral tydens oestye ervaar word. Dit is vir NWK belangrik om by te bly met die tempo van produsente se ontvangstes, die voorsiening van voorraad aan verbruikers en om aan die vereistes te voldoen om by die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) geregistreer te bly.

Net soos produsente die beskikbare sonenergie gebruik om oeste te lewer, het NWK sonkragstelsels laat installeer om dieselfde hernubare energie te gebruik vir die ontvang, opberging en verspreiding van graan.

Dit is só ontwerp om maksimum voordeel gedurende die dag te ontgin – nie net om die son optimaal te benut nie, maar ook wanneer die meerderheid aktiwiteite by die maatskappy se fasiliteite plaasvind.

Energie-opberging in die stelsels is ongelukkig beperk weens die hoë koste daarvan. Die kapasiteit is egter voldoende vir ’n gladde oorskakeling na kragopwekkers en ook vir gedeeltelike gebruik gedurende die nag, wanneer die kragbehoefte gelukkig laag is.

Sonkragstelsel hier geïnstalleer

Vier onafhanklike stelsels is by drie van NWK se grootste silokomplekse geïdentifiseer en die installasie het vroeg in 2023 afgeskop (Tabel 1).

Om die koste so laag as moontlik te hou, is dit ook nodig om die kragverspreiding te optimaliseer en die operasionele metodes te hersien.

  • Die groot motorlaste word nou na sagte aansitters oorgeskakel om die inloopstrome te beperk.
  • Programmeerbare logiese beheerders (PLC’s) word gebruik om die beheer daarvan te optimaliseer.
  • NWK Ingenieursdienste is tans nog besig met hierdie oorskakelings, maar dit behoort afgehandel te wees voor die volgende piek oesseisoen aanbreek.

Die koste van hierdie installasies word noukeurig dopgehou en in vergelyking met die verbruik vóór die installasies, is besparings tot einde Desember 2023 reeds sigbaar (Tabel 2).

VOORDEEL VAN DIE STELSELS

Die nuwe stelsels het ook daartoe bygedra dat ongeveer 370 ton CO2 en 500 kL water gespaar is. In die groter prentjie beteken dit dat hierdie CO2-vrystelling in die atmosfeer verhoed is en dat die waterverbruik ook nie plaasgevind het nie.

Ten slotte

Nuwe opwekkingskapasiteit by silo’s verg aanvanklik ’n aansienlike kapi­taal­koste en dit is nie noodwendig ekonomies om die volle vraag na energie slegs uit sonkraginstallasies te genereer nie. ’n Silokompleks word boonop nie vir 365 dae van die jaar 100% bedryf nie. Ander bronne van alternatiewe ener­gie word dus ook ondersoek en dit sal waarskynlik deel van toekomstige installasies vorm.

Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

Tieners plaas landbou op die voorgrond

Next Post

Ken jou regte: Riglyne om arrestasie te hanteer


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In