• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Jun 17, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Tieners plaas landbou op die voorgrond

Onder redaksie van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

14 Mar 2024
in Dinamiese vennoot
Tieners plaas landbou op die voorgrond

Lizandri Horn (middel) saam met die twee wenners van die opstelkompetisie, Ajba Patel en La Rochelle Welman.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Twee leerlinge van Hoërskool Zeerust se opstelle oor boerdery is as die wenopstelle aangewys in ’n opwindende kompetisie, wat verlede jaar deur NWK van stapel gestuur is. La Rochelle Welman (graad 11) se Afrikaanse opstel en Ajba Patel (graad 12) se Engelse opstel het getuig van jongmense wat die belangrikheid van die landbou­sektor besef en waardeer.

Lizandri Horn, ’n graanverhandelaar by NWK Graan, wou graag ’n projek bekendstel wat behoeftige leerlinge in NWK se bedie­nings­gebied kon bystaan en terselfdertyd kopie vir Arena genereer. Sy het met die blink gedagte van ’n opstelkompetisie vorendag gekom. Lucia Joubert, ’n taalonderwyseres by Hoërskool Lichtenburg, was vuur en vlam toe Lizandri haar met dié idee nader en het uitgereik na ander skole om ook deel te neem.

Graad 10- en graad 11-leerlinge van Hoërskole Lichtenburg, Vryburg, Zeerust, Coligny, Schweizer-Reneke en Eagle Christian College het vrywilliglik tydens hul Afrikaanse en Engelse eindeksamens opstelle geskryf oor een van die volgende temas: “Landbou is my kos”, “In murg en been bly ek ’n boer”, “Wat boerdery vir my beteken” of “Boerdery in SA – ’n uitdaging of ’n geleentheid?”

Lizandri en Nicolene Smalman-Kotze (redakteur van Arena) het as beoordelaars opgetree. La Rochelle en Ajba het elkeen ’n Samsung A8-tablet ontvang. Die skool wat die meeste inskrywings opgelewer het, het kospakkies ter waarde van R10 000 ontvang.

“NWK Graan bedank graag elke skool, onderwyser en leerling wat deel was van ons opwindende opstelkompetisie! Ons was mateloos beïndruk deur die leerlinge se insig en perspektief ra­kende die kompetisie se onderwerpe.

“Ons as beoordelaars het beslis nie ’n maklike taak gehad om die wenners te kies nie. Die kinders se pittige sêgoed het ons omtrent laat skater van die lag!” vertel die beoordelaars.

“Leerlinge het in hulle eie woorde vasgevang wat boerdery en landbou as geheel vir hulle beteken. Uitdagings soos veldbrande, droogtes, hoë brandstofpryse en diefstal is talle kere genoem, asook geleenthede soos werkskepping, om kos vir die nasie te kweek en om ’n nalatenskap agter te laat. Daar was stories oor kosbare herinneringe, drome en selfs stories wat jou op ’n interessante verbeeldingsreis geneem het.”

Landbousektor maak ’n verskil

Lizandri brei uit oor wat haar gemotiveer het om hierdie kompetisie die lig te laat sien. “Ek het tot die besef gekom dat, as boere só ’n reuse-invloed het op die samelewing en bydrae daartoe maak, ’n maatskappy soos NWK sy eie sirkel van invloed het.

“Stephen Covey is die brein agter die einste teorie, genaamd circle of influence. In eenvoudige terme maak hy die stelling dat elke persoon bekommernisse het waaroor hy/sy dink en tog net ’n gedeelte daarvan kan beïnvloed. Om die sirkel nóg kleiner te trek, stel hy voor dat elke persoon slegs fokus op die faktore waaroor hulle wel beheer het. Dié benadering het ’n positiewe reaksie tot gevolg, want hoe meer jy fokus op die faktore waaroor jy wel beheer het, hoe meer groei jou sirkel van binne af buitentoe.

“As jy ingestel is om aan alles te dink waaroor jy beheer het en waarmee jy ’n verskil kan maak, gaan jy aan al hoe meer idees dink om juis dit te doen. Basies lyk elkeen se sirkel van invloed soos in Figuur 1.

Figuur 1: Die sirkel van invloed.

“Die hele proses het my laat vra: Wat is ons gemeenskap se bekommernisse? Waar het ons as NWK ’n invloed? Wat kan ons as maatskappy doen om ’n verskil te maak? NWK is by verskeie sektore betrokke. Ons sirkel van invloed is wyd en uiteenlopend. Waar begin ’n mens dan?

“Soos die leerlinge ook uitgewys het, is landbou sinoniem met kos en dit was die antwoord op bo­genoemde vrae. Honger kinders is ’n bekommernis en meulenaars is die antwoord. Ek het ’n paar van hulle genader, wat nie gehuiwer het om betrokke te raak nie. Nie net kon die kapitaalprys in kospakkies omgesit word nie, maar verskeie meulens was ook bereid om van hulle produkte vir dié goeie doel te borg.

“Ons lees in Handelinge 17:26 dat God bepaal hoe lank elke persoon sal bestaan en waar elkeen woon. Dit herinner ons dat daar ’n rede vir ons bestaan is. Weet jy wat jou rede hier is? Miskien is dit tyd om jou sirkel van invloed te bepaal. Miskien is dit tyd om te vra waar jy betrokke kan raak. Onthou, selfs ’n klein bydrae in jou oë kan ’n groot verskil vir iemand anders maak.”

’n Groot dankie

NWK bedank graag vir Bokomo Botswana, Botselo Milling en Keystone Milling vir die skenking. “Dit roer ons hartsnare om te weet dat NWK nie op homself aangewese is nie. Ons is sáám in die bedryf, sáám deel van die voedselketting en sáám voorsieners,”sê Lizandri.

Hoërskool Lichtenburg en sy Hart & Hande-projek kon vroeg in Januarie pakkies aan behoeftige leerlinge en hul gesinne uitdeel. Botselo Mills, Bokomo, Champion en Food Sock het produkte vir die pakkies geskenk.
Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

Probeer dinge reg doen

Next Post

Silo’s klop beurtkrag met sonkrag


Recommended

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

NWK skaf eie padskraper en -roller aan om grondpaaie op te knap

2 Jun 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

13 May 2025
Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

Die regte gronddiepte lei tot ’n beter opbrengs

13 May 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In