• Oor Ons/About Us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
Tue, Aug 5, 2025
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou Vennoot/Your Partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors
No Result
View All Result
NWK Arena
No Result
View All Result
Home Dinamiese vennoot

Grootste opbrengs nóg van NWK se Grip4Charity-gholfdag aan begunstigdes oorhandig

Nicolene Smalman-Kotze, Redakteur: NWK Arena

27 Mar 2024
in Dinamiese vennoot
Grootste opbrengs nóg van NWK se Grip4Charity-gholfdag aan begunstigdes oorhandig

Anna Mulder (bestuurder en kinderversorger van Presidentia Kinder- en Jeugsorgsentrum in Kroonstad) en Heinrich Krüger (voorsitter van NWK se direksie) by Dinsdag se geleentheid.

Share on Facebook

Dinamiese vennoot

Te midde van ‘n droogte wat produsente tans lamlê, kon NWK darem gister hoop aan twee behoeftige organisasies bied deur sy grootste opbrengs ooit van sy jaarlikse Grip4Charity-gholfdag ten bate van liefdadigheid aan hulle te oorhandig.

NWK kon R330 000 – die grootste bedrag sedert Grip4Charity in 2006 van stapel gestuur is – aan SAVF Rodeonhof Ouetehuis en Behuisingskema in Swartruggens en Presidentia Kinder- en Jeugsorgsentrum in Kroonstad – oorhandig.

Elkeen van hierdie organisasies ontvang R165 000. Die bedrag wat ingesamel is, is Woensdag by NWK se hoofkantoor aan hul onthul.

Heinrich Krüger, voorsitter van NWK se direksie, het denkbeeldige tjeks aan Anna Mulder (bestuurder en kinderversorger van Presidentia ) en Michael de Beer (fasiliteitbestuurder van Rodeonhof) oorhandig.

Michael de Beer (fasiliteitbestuurder van Rodeonhof Ouetehuis en Behuisingskema in Swartruggens) en Heinrich Krüger (voorsitter van NWK se direksie).

‘n Voorreg om te kan gee

“NWK glo in vennote. Hierdie vennote is ons klante, gemeenskap, personeel en verskaffers. Dit lyk vanjaar nie mooi buite nie en die uitdaging vir landbouers en ondernemings gaan groter wees,” het Heinrich gesê.

“Kom ons kyk egter verby dit. Net om hier te kan staan, is genade. Julle doen ongelooflike werk. Nie enigeen het die stoffasie om met grootmense en kinders te werk nie. Hulle is ongeduldig en ongedurig, maar tog dankbaar.

“Baie sterkte vir julle groot werk. Dit is vir NWK ‘n groot plesier om hierdie namens ons verskaffers aan julle te kan oorhandig.”

Beide Anna en Michael was oorstelp toe hulle die bedrae sien.

Letterlike en figuurlike gate word gestop

Michael het vertel van ‘n komiese oomblik vroeër die oggend in die ouetehuis toe ‘n vroulike inwoner vas geglo het haar verlore tande is “met ‘n vliegtuig daar weg”.

“As jy jonger is, dink jy dat jy nooit daar sal uitkom nie. Die dag as jy wel daar uitkom… Dit is nie aldag maklik nie. Dit wat julle (NWK) vandag doen en die skenking wat julle gee, beteken ongelooflik baie.

“Dit maak gate toe – regte gate in die vloere en mure, asook figuurlikes. Baie dankie vir julle emosionele ondersteuning. Die mens sit ook dikwels in ‘n gat en ‘n geldelike bydrae help ons en die oumense emosioneel om daaruit te kom,” het Michael sy dank teenoor NWK en sy verskaffers uitgespreek.

“Baie dankie dat julle ons as begunstigde gekies het. Die geld sal waardevol aangewend word om vir die kinders die beste te bied,” het Anna bygevoeg.

‘n Gholfdag wat van krag tot krag gaan

“Die Grip4Charity-gholfdag is al sedert 2006 deel van NWK se DNS,” het Johan Bezuidenhout, groepbestuurder van Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, Dinsdag gesê.

“Dit het ‘n beskeie begin gehad met Lichtenburg Kankerkliniek en die Hope Community Centre in Blydeville wat die eerste begunstigdes was. Sedertdien is daar al bykans R2,8 miljoen aan die 33 organisasies wat uit hierdie geleentheid voordeel getrek het, betaal,” het hy bygevoeg.

Dit is hoofsaaklik NWK se verskaffers wat spanne van vier spelers inskryf om aan die gholfdag deel te neem. Daar word ook ‘n geselligheid ná afloop van die gholf gehou waar gesogte wyn opgeveil word om die opbrengste van die geleentheid aan te vul.

Grip4Charity 2023 is op 19 September by Pecanwood-gholflandgoed by Hartbeespoortdam gehou en 40 spanne het deelgeneem. Vanjaar se geleentheid sal op 12 September aangebied word.

Tags: MRT/APR 2024
Previous Post

Aanval dwing hulle nie van die plaas af nie

Next Post

Live and excel in life with a focus on gratitude


Recommended

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

Oor Ons/About us

Arena is ‘n landbouklantetydskrif wat ses keer per jaar in gedrukte formaat deur NWK uitgegee word. Dié hardekopie-gesprek met klante – wat onder meer raakvat- tegniese inhoud bevat – word aanlyn verder gevoer deur Arena (die webtuiste) wat sorg vir geloofwaardige nuus oor landbou in Noordwes en die sektor se mense.

Lees meer/Read more

Tydskrif/Magazine

Kategorieë/Categories

  • Buitelewe
  • Coach Owl
  • Dinamiese vennoot
  • Nuus
  • NWK Impact Reports
  • Promosie
  • Tegniek

Nuutste/Latest

Uitsonderlike finansiële resultate vir NWK

NWK-groep positief oor toekoms ondanks ‘n 50% daling in wins

29 Jul 2025
Landbou vandag

Landbou vandag

28 Jul 2025
Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

Molibdeen: Die onmisbare skakel tussen kalk- en stikstofbenutting

28 Jul 2025

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

No Result
View All Result
  • Oor ons/About us
  • Adverteer/Advertise
  • Tydskrif/Magazine
  • Teken in/Subscribe
  • Tuis/Home
  • Nuus/News
  • Jou vennoot/Your partner
  • Tegniek/Technique
  • NWK impact reports
  • Buitelewe/Outdoors

© 2025 NWK Arena. All rights reserved.

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Create New Account!

Fill the forms below to register

All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In